Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 102

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Gedagtes en hul verwesenliking

102 (Die Heer:) Ek sê: “Niks is makliker as dit nie! Ek het julle al laat sien hoe elke mens die weg van die wet moet volg om tot vryheid en selfstandigheid van sy bestaan en lewe te kom. As daar egter `n wet bestaan wat die mens asof van buite af gegee word, dan moet daar tog ook `n aandrang in die mens wees om dié wet liewer met gemak en plesier te oortree, as om hom heel streng daaraan te hou. So is deur My, voordat al die stoflike geskape was, geeste in die lewe geroep. Hoe dit plaasvind, het ek aan julle al so beskryf dat julle dit gewis moes verstaan; want self, as julle iets tot stand bring, hou julle teenswoordig nog aan met geheel dieselfde volgorde.

[2] Eerstens kry jy allerlei gedagtes; daaruit ontwikkel jy dan idees en vorms. As jy eenmaal uit die gedagtes en idees `n bepaalde vorm ontwikkel het, word dit deur die wil om dit te behou, omhul. Sodra dít gebeur het, bly hierdie vorm reeds onverwoesbaar geestelik bestaan, en die beeld daarvan kan jy oproep so dikwels jy dit maar wil. Hoe langer jy egter `n idee wat op dié wyse in jouself gevorm is, al as `n egte voorwerp beskou, des te meer ontwikkel jy `n voorliefde vir die gevormde en geestelik beliggaamde idee; daar ontwaak liefde in jou vir hierdie geestelike vorm. Die liefde daarvoor neem toe, `n vuur brand daarvoor in jou hart, en deur die lewenswarmte, en deur die lig van die liefdesvlam word die idee, wat nou steeds vaster vorms aanneem, meer gedetailleerd, vollediger, mooier en namate dit vollediger word, begin jy steeds meer nuttige toepassings daarvoor te sien, en jou voor te neem om die idee wat nou steeds verder ontwikkel is, uiterlik vorm te gee en toe te pas.

[3] Eerstens maak jy tekeninge op perkament en wel totdat die tekening heeltemal lyk soos die beeld wat reeds volledig in jou gees ontwikkel is. As die tekening heeltemal voldoen aan die beeld in jou gees, pleeg jy oorleg met deskundiges hoe dit gerealiseer kan word. En die deskundiges dink na, verstaan vinnig die saamgestelde idee en sê: ‘Dit is die voorwaardes, soveel jaar het ons nodig en soveel sal dit kos!’ Julle stel dan `n kontrak op, daar word met die werk begin, en `n paar jaar later kan jou idee bekyk, bewonder en gebruik word deur jouself en duisende ander mense.

[4] Kyk, so skep julle jul huise, werktuie, stede, kastele, skepe en nog duisende ander dinge! En op dieselfde wyse skep ook Ek die hemele, die wêrelde en alles wat dit bevat en dra. Natuurlik word vir die skep van `n wêreld meer tyd vereis as wat julle nodig het vir die bou van `n hut, `n huis of iets anders; want julle het die kant en klaar materie al byderhand - maar Ek moet die materie eers skep en dit uit die onveranderlike vastheid van My wil haal.

[5] Ek sou die een of ander materie ook wel oombliklik kon maak, of selfs `n hele leër van wêrelde in `n oogwink kon skep; maar so `n wêreld sou nou juis daarom heel moeilik enige duursaamheid besit, omdat dit vooraf te min deur My gevoed is om algeheel ryp te word. As `n groot idee vir die skep van `n wêreld by My egter voldoende rypgemaak en gevoed is deur My Liefde en Wysheid, sal dit ook steeds meer aan intensiteit toeneem en daardeur steeds duursamer word.

[6] So is dit immers tog ook by julle, terwyl julle al te make het met reeds gevormde materie! `n Huis wat julle desnoods binne `n dag gebou het, sal egter nie `n eeu nie en nog minder `n duisend jaar trotseer! Maar by bouwerke waarvan jy, voor jy daaraan begin werk, eers die idee gedurende ’ redelike lang tyd heeltemal in jou laat ryp word, en daarby eers self deur die refleksie van jou idee steeds helderder voor oë gekry het wat alles daarvoor nodig sal wees om so `n vorm so duursaam en volledig moontlik te realiseer, sal jy ook iets duursaam maak soos die piramides, wat tot op hede reeds, soos wat alle ontwikkelde mense weet, byna tweeduisend jaar staan en alle storms trotseer, en nog meer as vier maal solank sal bly staan, terwyl hulle aan die buitekant nouliks verweer is.

[7] As die Farao’s nie lank genoeg sou nagedink het oor die bou van sulke bouwerke as bewaarplekke vir hul geheime kunste en wetenskappe, wat die tand van tyd gedurende duisende jare nie sou kon verwoes nie, dan sou hierdie piramides nie meer as gedenktekens van die oerboukuns daar gestaan het nie; maar omdat die bouers eers hul idee wat vooraf gevorm en tot `n volledige vorm ontwikkel is, jarelank gevoed het, en op dié manier laat rypword het, is dit ook te verstane waarom hul idee wat in materie omgesit is, nou nog die reisiger met verbasing vervul.

[8] Daarna leer die mense weliswaar om heel vinnig te dink, en kon hulle uit die som van hul gedagtes vinnig `n idee ontwikkel wat dikwels selfs baie ingewikkeld is, en meestal ook gerealiseer word; maar omdat die idee vinnig en nie deeglik ontwikkel word nie, is die realisering daarvan ook vinnig en nie deeglik nie. Die resultaat is daarom egter ook nie deeglik nie, en die te geringe voorafgaande rypwordingsproses van die idee maak dat dit baie verganklik is. Kortom, alles wat maklik is, bly maklik en alles wat moeilik is, bly moeilik!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205