Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die vriendelike antwoord van Cyrenius aan Zinka

11 Cyrenius trek groot oë op by hierdie bedenkinge en sê half hardop teenoor My: "Die man is egter nie op sy agterhoof geval nie en skyn `n goeie inbors te hê. Hy sal gehelp moet word! Wat dink U, o Heer, moet die man en uiteindelik ook sy gevolg vir ons gewen word?"

[2] Ek sê openlik: "Met één hou val geen enkele boom wat `n bietjie stewig is nie! Maar met `n sekere geduld kan `n mens baie bereik. Ook moet `n mens diegene wat `n mens na die lig wil bring, nie in die volle middagson laat inkyk nie. Want as `n mens hom op één slag te veel lig gee, word hy vir `n geruime tyd blind; as `n mens hom egter langsamerhand aan die lig gewoond maak, sal hy ook in die felste lig alles baie duidelik kan sien sonder om blind te word.

[3] Hierdie man het My nou `n goeie diens bewys omdat hy as oog- en oorgetuige My leerlinge nougeset beskrywe het hoe My voorloper Johannes, wat in die omgewing van die Jordaan gepreek en gedoop het, deur Herodus gevange geneem en om die lewe gebring is. Nie vir My nie, maar vir My leerlinge moet hy nog vertel waarom Herodus Johannes dan eintlik laat vang en in die gevangenis gewerp het. Stel jy hierdie vraag aan hom!"

[4] Cyrenius sê, terwyl hy hom tot Zinka wend: "Vriend, ek wil nie dat my oordeel so uitgelê word, dat ek die dienaars en knegte van `n tiran ook wil straf wanneer hulle dit in hulle hart in die verste verte nie met hom eens is nie. Dit sal slegs gebeur as hulle wel met hom eens sal wees, onversetlik en in sekere sin reeds selfstandig die slegte voorneme van hulle heerssugtige tiran sou voltrek! Maar mense soos julle, wat die onmenslikheid van hulle onmenslike heerser maar al te goed kan insien en wat dit in hulle hart diep verafsku, sal ek steeds na reg en billikheid behandel!

[5] Waarom God egter dikwels die sonde op hierdie wêreld laat triomfeer, terwyl die deugde dikwels ly en tot sterwens toe verdruk word, is daar tog ook wel `n baie goeie rede voor, maar die lig van jou teenswoordige begripsvermoë is nog te diep verborge om dit nou te kan verstaan, en dit geld ook vir jou metgeselle, wat `n nog meer oppervlakkiger verstand skyn te hê as jy. Maar daar sal wel nog `n tyd kom - miskien alreeds binnekort - waarin jy heeltemal sal verstaan, selfs met jou hele hart, waarom daar ook Herodusse moet wees!"

[6] Zinka sê: "Heer, u het my soveel barmhartigheid bewys om my met die woord 'vriend' aan te spreek, dat die veelbetekenende woord geen leë klank kan wees nie, soos wat dit nou jammerlik genoeg onder die mense maar al te dikwels gebruiklik is! As u dit egter in die ware sin van die woord gebruik het, bewys my dan u vriendskap en laat ook my nege-en-twintig metgeselle hulle bevry van die swaar boeie! Dat nóg ek nóg hulle sal vlug, daarvoor sorg ten eerste die sterk wag en ten tweede, as vernaamste rede, u vriendelike woord. Glo my - ek spreek nou ongedwonge en openlik -: "Ons is almal met die grootste teensin dit wat ons helaas is! As u ons van hierdie juk sou kon bevry, sou u `n groot menswaardige en regverdige werk verrig het!"

[7] Cyrenius sê: "Dit sal wel in orde kom, daarvoor sal ek goed sorg! Kyk om jou heen, dan sien julle niks meer as mense wat uit die kloue van die verderf gered is nie! Daar sal maar weinig onder hulle wees wat nie volgens ons Romeinse strengheid hetsy die skerpte van die byl deur die hals of selfs die kruis verdien het nie. Sien hulle nou eers as ware mense wat soos suiwer goud voor ons staan en geeneen van hulle wens om ons geselskap te verlaat nie! Ek hoop dat dit binnekort met julle ook so sal gaan, want by God is volgens my vaste oortuiging, alle dinge sonder meer moontlik.

[8] Maar staan my nou toe om nog `n belangrike vraag aan jou te stel en wel die volgende: "Jy het ons almal `n groot diens bewys deur ons openlik te vertel waardeur en hoe die waardige siener van God deur Herodus om die lewe gebring is. Wel, jy was seker ook by sy gevangeneming aanwesig? Sal jy my dan ook nog kan vertel waarom, en na aanleiding waarvan, Herodus nou eintlik vir Johannes, wat hom sekerlik geen kwaad aangedoen het nie, gevange laat neem het? Want hy moes tog die een of ander rede daarvoor gehad het!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205