Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 112

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Voorspelling van die huidige openbaringe

112 (Die Heer:) "Ek het gesê dat julle die mees buitengewone wonderlike dinge sal sien, maar afgesien van ligsfeer wat uit die vlaktes en berge deur RafaEl hierheen gebring is vanuit die binneland van Afrika, het daar nog niks verder gebeur nie, hoewel middernag reeds verby is. Ook het Ek julle vroeër meegedeel dat Ek julle oë vir `n kort tydjie sou open, sodat julle vir `n slag eerstehands kan sien hoe dit nou eintlik in die wêreld daar uitsien.

[2] Maar voordat Ek dit nou doen, sê Ek en dit beveel Ek julle almal selfs, dat julle beslis aan niemand iets van wat julle gesien het, sal vertel nie, want dit sal nog baie lank duur voordat die wêreldse mensdom ook maar enigsins ryp sal wees daarvoor, en dit is eintlik ook vir hulle sieleheil glad nie nodig dat die wêreldse mensdom soiets te wete kom nie! As hulle maar hul uiterste bes doen om God bo alles, en die naaste soos hulleself lief te hê, sal al die andere en verdere wel sonder meer aan hulle, vir sover nodig, geopenbaar word.

[3] Maar julle wat die eerste steunpilare van My leer is, moet vir julleself in die geheim baie meer te wete kom as al die ander saam, sodat julle na `n enige tyd lank tog nie in versoeking sal kom om van My leer afvallig te raak nie.

[4] Tog sal al hierdie kennis nie verlore gaan nie en as daar, vanaf nou gereken,`n duisend en nog nie heeltemal `n duisend jaar sou verloop het nie, en My leer byna heeltemal in die vuilste materie begrawe sal wees, sal Ek wel in dié tyd weer manne opwek wat dit, wat hier deur julle en deur My bespreek word en wat gebeur het, woordeliks sal opskryf, en in `n groot boek aan die wêreld sal deurgee, waardeur die oë van baie geopen sal word!"

[5] NOTA BENE: "Jy, My kneg en skrywer (Lorber), dink nou dat Ek destyds nouliks iets daaroor sou gesê het?! Wil jy dan ook so swak in die geloof word soos wat jy nog in jou liggaam is?! Kyk, Ek sê vir jou dat Ek selfs jou naam en meer name van ander aan Cyrenius en Cornelius genoem het, en dat hulle nou ook met baie blydskap getuie is van dít alles wat Ek jou nou laat neerskryf. Maar aan die einde sal Ek ook aan jou die name van mense bekendmaak wat, gereken vanaf nou, binne twee duisend jaar nog groter dinge sal opskryf en verrig as wat jy nou doen! - Onthou dit eerstehands en skryf alles in die volste geloof neer!”

[6] Cyrenius is hoogs verbaas daaroor, en Cornelius vra My meer uit oor die manne aan wie dit gegee sal word.

[7] En Ek gee hul gegewens oor die burgerlike stand en die karakter, en noem selfs die name en voeg daaraan toe: "Eén van hulle, aan wie wel die meeste geopenbaar sal word, meer as nou aan julle almal, sal in manlike, reguit lyn afstam van Josef se oudste seun en dus ook liggaamlik `n egte nakomeling van Dawid wees. Hy sal weliswaar net soos Dawid swak wees na die vlees, maar daarvoor geestelik des te sterker! Dit gaan met hulle goed wat hom sal hoor en hul lewens daarvolgens sal rig!

[8] Maar ook die ander belangrike geroepenes sal merendeels van Dawid afstam. Want hierdie dinge kan slegs aan hulle gegee word wat self liggaamlik daarvandaan kom waar ook Ek liggaamlik vandaan kom; want ook Ek stam deur Maria, die moeder van My liggaam, van Dawid af, omdat Maria ook `n volkome suiwer dogter van Dawid is. Weliswaar sal hierdie nakomelinge van Dawid hulleself in dié tyd hoofsaaklik in Europa bevind, maar daarom sal hulle nogtans heel suiwer en egte nakomelinge van die man na God se hart wees, en in staat om die groot ligkrag uit die hemel te dra. Op `n aardse troon sal hulle wel nooit kom nie, maar des te meer sal daar in My ryk trone op hulle wag, en Ek sal My broers altyd gedenk! Ook die meeste van My leerlinge wat hier is, stam in manlike linie van Dawid af en is daarom liggaamlik in alle erns My broers, behalwe die een wat nie van bo, maar suiwer van hierdie wêreld afkomstig is. Hy hoort weliswaar nie daarby te wees nie, en tog moet hy wel weer daarby wees, sodat dít wat geskryf staan, vervul kan word!"

[9] Cyrenius sê heel verwonderd: "Dus, slegs aan die nakomelinge van Dawid sal U altyd U wil openbaar? Is Mathaël, Zinka en Zorel dan ook nakomelinge van die groot koning? Want aan hulle openbaar U nou tog ook dieselfde as aan die nakomelinge van Dawid!"

[10] Ek sê: "Vriend, hier geskied dit nie langs die weg van geheime openbaring nie, maar deur die woord wat in die openbaar gespreek word en wat vir elke liggaamlike oor goed waarneembaar is! Maar dit is heelwat anders om die geheime, innerlike woord te hoor wat uit My hart in die hart kom van die een wat dit in homself hoor; en daarvoor moet daar al `n bepaalde, voorbereide lyn van mense wees wat innerlik in staat is om die almag en onbeperkte krag van My Woord te verdra! Want elkeen wat nie daarop voorbereid is nie, sou al deur één jota wat regstreeks van My afkomstig was, vernietig en gedood word. Sodra dit egter geskryf is, mag mense met `n goeie wil en goeie bedoelinge dit wel lees; dit sal hulle nie slegs nie dood nie, maar versterk en krag gee vir die ewige lewe.

[11] Maar as slegte, wêreldse mense dit sou lees om dit te bespot, sou dit hulle ook, hoewel dit slegs geskryf is, vernietig en dood! - Nou weet jy ook hoe hierdie sake staan; en Ek sê nou dat julle jul gereed moet hou om die wonders van die wat word, die wat is en die wat ewig bestaan te aanskou!"

[12] Cyrenius sê: "Heer, ons is wel gereed om te aanskou wat U groot en besondere barmhartigheid ons sal bied; maar ek sou graag eers nog voor dit `n baie kort vraag deur U beantwoord wou kry as dit moontlik was!"

[13] Ek sê: "Vra maar en Ek sal jou antwoord!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205