Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 113

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die roeping tot die innerlike woord

113 Cyrenius vra: "Heer, as later alleenlik diegene wat in `n sekere opsig liggaamlik en veral geestelik daartoe voorberei is, in staat sal wees om U heilige Woord in die gees te verneem, dan baat dit diegene wat nie die vermoë het nie, weinig, ook al sou hulle dit deur `n baie streng lewe tot die werklike geestelike wedergeboorte gebring het: Hulle sal tog nie waardig geag word om die barmhartigheid te ontvang om die woord vanaf U hart in hul hart te hoor nie! Want hulle sou dit nie kon verdra nie, omdat hulle nie alreeds van Dawid af daartoe voor- en toeberei is nie. Ek dink egter dat alle mense, of hulle nou van bo of van benede is, ook tot dieselfde bekwaamhede sou moes kom as hulle volgens U wil lewe! Die gees wat hulle siel en uiteindelik selfs hulle liggaam deurdring, sal tog ook goed in staat wees om `n woord van U te verdra?!"

[2] Ek sê: "Vriend. Jy is vir My baie dierbaar en Ek waardeer jou baie, maar hier het jy met jou vraag weereens oor hierdie saak geoordeel soos `n blinde oor die mooi kleure van die reënboog. As jy so gaan oordeel, sou dit My selfs kon verbaas dat jou ledemate nie reeds lankal in opstand gekom het teen jou kop nie, omdat hulle nie ook dieselfde moontlikhede besit waarop die kop hom kan beroem nie.

[3] Jou voete is op sigself blind en doof en moet ondanks dié erge stiefmoederlike bedeling die swaarste werk verrig. Jou hande moet na buite toe jou wil uitvoer en moet dan weer dit en dan weer dat doen, en het tog geen oë om die mooi lig te sien en geen oor om die heerlike harmonie van die gesang te hoor nie; ook het hulle geen reuksintuig en geen smaak om te geniet van die kruidige sjarme van die lewe nie! Dink jy nou dat hierdie ledemate ten opsigte van die kop erg benadeel is daaroor?

[4] Of sou `n doringstruik hom nie soms ten opsigte van `n wynstok kon bekla en sê: 'Wat het ek dan verkeerd gedoen dat die barmhartigheid my nie ten deel mag val om ook eens met heerlike druiwe nie te kan pronk nie?!'

[5] Weet jy dan ook nog nie dat alles baie presies deur My bepaal is, en elkeen sy bepaalde doelwit het nie?! Soos wat by die verskillende ledemate van jou liggaam daar één met die moontlikhede wat hy alleen het, al die ander ledemate dien, so het ook die mense allerlei bekwaamhede en kan hulle deur te dien vir mekaar nuttig wees, en dit is nou juis die voorwaarde vir die hoogste saligheid van die lewe.

[6] As jou kop en jou hart bly is, sal ook al die ander ledemate bly en vrolik wees; ly daar egter selfs ook maar die kleinste deeltjie, dan is dit ook gedaan met die vreugde van die kop, die hart en van alle ander ledemate, wat op sigself baie gesond is! Almal is treurig ter wille van die een en doen alle moontlike moeite om die een deel te help en dit gesond te maak.

[7] Dit is beslis `n mooi roeping om in staat te wees om My stem van die liefde te hoor, op te skryf wat Hy sê, en aan die ander mense wat My stem nie kan hoor nie, op hulle wens deur te gee as hulle daarna dors; maar dit is `n ewe mooi vermoë van die hart om dit wat gehoor is, in die hart te bewaar en daarvolgens te lewe. As `n mens daardeur, ook al kom hy van benede, dit tot geestelike wedergeboorte gebring het, sal hy ongetwyfeld ryklik daarvoor beloon word, en hy sal hom ten opsigte van die een wat in staat is om God se woorde te hoor, ewe min bekla as jou pinkie hom ooit eens daaroor bekla het dat hy nie `n oog in jou kop geword het nie! - Sê My nou of jy met hierdie antwoord tevrede is!"

[8] Cyrenius sê: "Heer - meer as voldoende! Ek sal ook nooit weer met so `n uiters dom vraag by U aankom nie! Maar wees nou so barmhartig om ons in alle rus iets te laat sien!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205