Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 116

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die wese, en doen en late van natuurgeeste

116 Maar Jarah sê: "Wie sou nou ooit in hierdie lugtige mannetjie soveel wysheid gesoek het?! Maar eerlik gesê, is ek tog bly dat hulle weer vertrek het; want hulle sou ons na verloop van tyd tog heel merkwaardig warm gemaak het, hoewel hulle in hulself `n baie koue aard skyn te hê. Van enige liefde skyn nie veel in hulle aanwesig te wees nie, maar hulle weet baie goed om die ware van die onware te onderskei. Wat sal daar dan later van hierdie wesens word as hulle glad nie die weg van die vlees wil deurloop nie?"

[2] Ek sê: "Hulle sal dit wel eendag deurloop, maar dit sal nog lank duur voor hulle die besluit daartoe sal neem. Die ligbloues die eerste, die ander egter nog lank nie!

[3] Want die siele wat so uit die natuur van hierdie aarde ontstaan het en daagliks ontstaan, kom baie moeilik tot so `n besluit; alleen baie ondervinding, en baie kennis, en die goeie verwagtinge wat daaruit voortkom, is dit wat hulle daartoe beweeg, indien hulle vas daarvan oortuig raak dat hulle deur die weg van die vlees nooit iets verloor nie, maar alleenlik iets kan wen, omdat hulle in die ergste geval weer kan word wat hulle nou is.

[4] Hierdie natuursiele hou hulle meestal die graagste in die berge op, maar kom ook in die wonings van eenvoudige, arm, beskeie mense en help hulle; `n mens mag hulle net nie beledig nie. In daardie geval sal mense nie met hulle oor die weg kan kom nie, aangesien daar met hulle nie goeie kersies te eet is nie.

[5] Hulle besoek heimlik ook skole, en leer baie van die mense. Aan die mynwerkers toon hulle dikwels die beste en rykste metaalare. Op die Alpe help hulle die herders en die weidiere, mits mens hulle maar net nie beledig nie.

[6] Daar is nog etlike sulke natuursiele op hierdie aarde wat byna vyfvoudig die leeftyd van Metúsalem bereik het, en nog nie die weg van die vlees betree het nie. Hulle sou met enigiets instem, as hulle maar net nie hul herinnering hoef te verloor nie, omdat hulle dit as `n soort dood van hul teenswoordige bestaan beskou.

[7] Nou weet julle egter ook hoe dit met hierdie wesens gesteld is. Let nou op die volgende wat gaan kom!"

[8] Dan laat ons ou Kisjonah uit Kis ook eers van hom hoor en sê: "O Heer, watter groot en verhewe dinge het ek alles gesien en gehoor toe U enkele weke gelede so barmhartig was om in my huis te bly! Maar wat daar nou tydens die paar dae wat ek hier is alles voorgeval het en wat hier te hoor en te sien was, het daar in die hele Galiléa gewis niemand ooit van kon droom nie! Heer, vergeef dat ek dit gewaag het om met my onbeholpe mond U in enigiets te onderbreek! Want mens behoort hier eintlik self nooit iets te sê nie, maar slegs te luister en te kyk; en as mens die een of ander nie dadelik heeltemal verstaan nie, dan moet mens bietjie geduld beoefen en al gou kom dan die verduideliking vanself! - Ek het nou klaar gesê wat ek wou sê!"

[9] Ek sê: "O, My beste vriend Kisjonah, praat en vra maar wanneer en wat jy maar wil, want wat jy sê, klink heel welluidend in die ore van My hart; want die klank van die stem van nederigheid is vir My verreweg die mooiste harmonie.

[10] Gister oordag het jy ook die heerlike toon gehoor wat My engel RafaEl ten gehore gebring het; hoe hemels heerlik hierdie toon egter ook klink, die suiwer klank van ware nederigheid klink in My oor tog nog onvergelyklik heerliker!

[11] Jy is ook `n egte man na My hart en Ek sal die winterdae in jou huis deurbring, en daar sal nog menige geleentheid hom voordoen om jou en jou hele huis oor talle sake in te lig. Hou daarom in elk geval goeie moed en bekyk nou alles goed - die verduidelikings sal nie agterweë bly nie!"

[12] Kisjonah sê: "O Heer, hierdie al te groot barmhartigheid is ek weliswaar nie in die minste waardig nie, maar so `n winter sal vir my gewis `n uiters geseënde tyd wees! O, watter vreugde sal daar in my huis beleef word! Maar nou kom daar geen woord meer oor my lippe nie!"

[13] Cyrenius sê: "Dan sal ek ook van tyd tot tyd by jou woon en alles doen om die hele omgewing, dit wil sê die armes, so goed moontlik te versorg!"

[14] Kisjonah sê: "Geëerde gebieder, dit sal baie mooi van u wees en vir my sal dit `n groot vreugde wees! Maar ek smeek u, laat ons nou nie te veel tussenin praat nie; want voortdurend sweef die grootste wonders aan ons verby en ons aanskou dit met veels te min aandag!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205