Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 123

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die teregwysing van Judas

123 Judas Iskáriot sê: "As dit daarmee al so gesteld is, moet ek tog iets kan sê; die Heer het andere tog altyd geleentheid gegee om te praat oor en afstand te doen van hul boosheid en verkeerdheid te uit. As vreemdes hierdie guns kry, waarom moet dit dan van my weerhou word, terwyl ek tog by julle groep hoort en altyd vreugde en verdriet met julle gedeel het?!"

[2] Toe sê Bartholomëus uiteindelik: "By vreemdes is die saak heeltemal anders! Hulle was meestal al van oudsher verkeerd opgevoed. Eintlik kon hulle daar niks aan doen dat hulle sleg en verkeerd was nie. Toe hulle egter die helder woord van die ewige waarheid verneem het, het dit in hulle begin borrel en kook en het hulle begin om hulle te ontdoen van die ou vuilheid en het rein geword. Maar jy bevind jou al lank in die oorvloedige, geestelike lig van die waarheid en jy het vir die egtheid daarvan talle lewende bewyse in woorde en allerlei wonderwerke! Maar dit alles verontrus jou nie; jy sou die graagste self wonders wou doen om daarmee vir jouself, net soos die Fariseërs in die tempel, so veel moontlik goud en silwer te verdien. Jy het vir jouself geen god nodig nie, behalwe een wat jou behoorlik baie geld sou besorg, waarmee jy dan op aarde ontsettend goed sou kon lewe en waarmee jy uiteindelik, sonder om die lewenswaarhede vanuit God wat jy hier gehoor het in aanmerking te neem, behoorlik tot sterwens toe sou kon sondig!

[3] En by dié denkwyse van jou het dit geen sin om jou innerlike bloot te lê nie, want dit kan jou nie verbeter nie en dit bied ons geen moontlikheid om jou te verander deur met woorde of dade `n nuwe hart in jou te skep nie.

[4] As die almagtige woord van die Heer jou egter nie kan verander nie, wat kan ons mense dan nog as slotwoord daarby toevoeg?! Gaan liewer na jou ou plek terug en steur ons nie verder met jou onbeduidende pratery nie! - Ek het klaar gepraat!"

[5] Na hierdie harde teregwysing wou Judas Iskáriot weliswaar nog iets sê, maar Cornelius sê aan hom: "Open jou mond eers weer as iemand jou daarom vra; swyg andersins en steur die Heer nie in Sy werk nie! Wil jy egter tog volstrek iets sê, gaan dan so ver moontlik die nabygeleë bos in en praat daar met die bome en struike; hulle sal jou geen antwoord gee wat jou sou kon kwaad maak en uiteindelik selfs diep sou kon beledig nie! Of loop na benede na die see en praat daar met die visse; dié sal jou ook nie teenspreek nie! Want van dit wat hier gesê word en wat hier gebeur, begryp jy tog so goed as niks; en jou nukkerige domheid, en jou egoïsme en hebsug wat altyd opnuut daaruit ontstaan, steur ons in die vir ons so noodsaaklike, dieper beskouinge van die groot lewenswaarhede vanuit God, die Heer oor alles!"

[6] Na hierdie woorde verdwyn Judas Iskáriot heeltemal na die agtergrond en sê geen woord meer nie; want vir Cornelius het hy groot respek omdat hy dié se ywer en gevoelens vir My en My leer maar al te goed ken.

[7] Toe die rus weer daardeur herstel was, sê Ek aan almal: "Wie het, aan hom sal steeds nog meer gegee word; wie egter nie het nie, sal ook ontneem word wat hy uiteindelik gehad het! (Mt. 13:`12).

[8] Julle het julle nou self daarvan oortuig watter kwaad die hunker na wêreldse dinge en hebsug meebring; behoed daarom julle harte so sorgvuldig moontlik daarvoor! Want `n hebsugtige hart kan onmoontlik iets van die geestelike dinge begryp en kan ook nie en nooit volledig sover kom en dus meer verlig word dat hy verstaan wat tot sy verlossing dien nie.

[9] Hoewel julle almal nou eers `n geringe aantal dae by My is, het julle nou al moeilike sake verstaan; dié leerling is egter nou al byna `n halfjaar by My en was oog- en oorgetuie van alle moontlike wonderwerke en lesse en tog verstaan hy nie die waarheid nie! Die oorsaak daarvan lê in sy groot geldsug en dit kom daarvan omdat hy baie lui en traag is.

[10] `n Mens wat regtig vlytig is, verdien daagliks maklik so veel as wat hy nodig het en nog die nodige ekstra, wat hom op sy oudag goed te pas sal kom; en ook al sou hy niks kon gespaar het nie omdat hy graag uit sy surplus aan die armes en behoeftiges gegee het, dan sal daar tog vir sy oudag gesorg word.

[11] Maar `n lui mens hou van niksdoen en wil `n aangename lewe lei ten koste van sy vlytige medemense; hy word daarom `n leuenaar, `n bedrieër, `n dief, om maar soveel skatte bymekaar te skraap sodat hy soos `n koning kan lewe.

[12] Deur die hebsug verduister hy sy siel egter in so `n mate dat hy glad niks meer van iets suiwer geesteliks kan begryp nie, en ook al word hy deur die hoogste en suiwerste geestelike lig bestraal, dan verander hy dit dadelik in sy selfsugtige, grofstoflike geaardheid en daarom sien hy ook weer niks anders as die stoflike nie.

[13] Hoe die geestelike in materie verander, het julle gesien by die ontstaan van hierdie eselin wat nou hier voor julle wei en Ek hoef julle verder nie nog meer iets daaroor te verduidelik nie. Want wie van julle dít verstaan het, het dit dadelik en maklik begryp; wie dit egter nie dadelik en maklik begryp het nie, sal dit ook nog lank nie volledig begryp en op hierdie wêreld glad nie!

[14] Vra julle almal dus self af hoe dit staan met julle begrip! Wie dit het, het dit; wie dit egter nie het nie, sal dit ook nog lank nie hê nie. Wie se siel geestelik is, kan die geestelike ook maklik verstaan; wie se siel egter aan die materie hang, kan hierdie uiters rein en suiwer geestelike ook onmoontlik begryp!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205