Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 133

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die vorming van die siele van die roofmoordenaars

133 Ek sê: "Jy het jou verhaal oor dit wat jy self beleef het, heel goed vertel. Die dierlike vorming van die siele van die doelbewuste sewe groot misdadigers, vind sy oorsaak in `n sekere vrye ordening. Dit bestaan egter slegs daarin dat die spesifieke sieledeeltjies wat in `n liggaam werksaam is, hulle opnuut saamvoeg of van plek verwissel. Jy kan dit vergelyk met `n kluwe wurms wat almal deurmekaar krioel en kronkel en in `n sekere sin op soek is na `n steeds beter rusplekkie. Afhanklik van die wyse waarop hulle dit vind, op `n goeie of op `n slegte wyse, sal die uiterlike vorm altyd ooreenkom met iets goeds of iets slegs.

[2] Hier sien julle verskeie plante; daar `n geneeskragtige, daar `n giftige! Let nou by die dagheldere lig van ons ligbol op hul vorm! Sien eers hoe soepel, lieflik, sag en beskeie die vorm van die geneeskragtige plant is en hoe hoekig, geskeur en hier en daar ook verdag glad die vorm van die gifplant daarenteen uitsien, en tog bestaan beide soorte uit één en dieselfde oersubstansie, staan in dieselfde aarde, neem dieselfde dou op, presies dieselfde lug en dieselfde lig! En tog is in die geneeskragtige plant alles geneeskragtig en in die gifplant alles geheel en al gif! Die oorsaak lê slegs in die teenoorgesteldheid van die struktuur.

[3] Julle het immers gesien hoe daar uit die algeheel gelykvormige vuurtonge of rondswewende vuurslange, wat so klein is dat jy hulle met jou liggaamlike oë nie sou kon sien nie, `n volmaakte, gemoedelike esel ontstaan het. Glo julle dat daaruit, deur `n ander struktuur van die oersubstansies by die samevoeging tot `n voltooide organiese vorm, nie ewe goed `n tier, `n kameel, `n os of olifant of wat dan ook nog sou kon ontstaan het nie? O baie seker! En `n anders geordende samevoeging sou dan ook `n volkome ander aard en eienskap hê wat heel vyandig teenoor `n ander sou kon staan, omdat in elke anders georganiseerde, karakteristieke vorm voortdurend die begeerte oorheers en grotendeels ook bly, om al die ander en moontlik swakkere in sy eie struktuur te verander.

[4] Uit hierdie eienskap ontstaan die liefde, die innerlike warmte, die strewe, die begeerte, die honger en die dors. As hierdie begeerte, wat na heerssug lyk, so nou en dan te groot is en na te veel reik om dit in sy oorspronklike ordening onder te kry, dan word dit wat binnegebring is, dikwels te magtig, tas die aanwesige organiese ordening van die siel wat reeds eerste in die wese was, aan en trek dit in die eie ordening, wat goed of beter maar ook heel maklik sleg, slegter en uiteindelik selfs uiters sleg kan wees!

[5] Maar wat gebeur daardeur? Mathaël praat nou oor die siele van die misdadigers wat hy gesien het wat soos tiers gelyk het! Dit is `n gevolg van die siele-oersubstansies wat nie by hul eie ordening pas nie en te gulsig en te oormatig opgeneem word. Dit het vervolgens die siele in hulle eie oorslegtigheid verander en so van mensesiele egte tiersiele gemaak en op dieselfde wyse het ook al die ongediertes ontstaan wat jy in massas uit die angstige misdadigers sien kom het. Maar sê my nou almal of julle hierdie uiters ryke uitgebreide les wel deur en deur verstaan het!"

[6] Die meeste sê: "Ja, Heer, ons verstaan hierdie les in elk geval redelik; maar as ons ons daarop sou beroem om nou alles daarvan af te weet, dan sou ons `n onwaarheid praat. Uit die vorming van die eselin nou-net het ons wel waargeneem en gesien hoe uit die geestelike oersubstansies `n ding of `n wese ontstaan. Ons sien immers gewoonweg die gras groei en hoe `n eselin haarself in `n sekere sin vanself uit die vuurtonge geskape het. Ja, ons weet deur U goedheid en barmhartigheid selfs wat, wie en waarvandaan hierdie vuurtonge is en hoe hulle hulleself kon saamvoeg tot `n duidelik herkenbare idee en vorm. Ons besef baie goed dat hierdie tallose oergedagtes van U, waarvan die hele oneindigheid vol is, hoewel hulle uiterlik dieselfde daar uitsien, op sigself tog baie verskillend is, ligter en swaarder na gelang hul doel hoër, ernstiger en deegliker is en dat aanmekaar verwante oergedagtes hulle ook die eerste saamvoeg en `n bepaalde orgaan begin vorm.

[7] Soos reeds gesê, dit alles verstaan ons nou baie goed; maar iets is daarby vir ons tog nog `n groot raaisel wat U, o Heer, as dit U sou pas en welgevallig sou wees, wel vir ons sou kon oplos. Ons almal hoef U beslis nie te vertel waaraan dit nog by ons ontbreek nie, want U ken al ons leemtes en sal dit sekerlik nog vul met U barmhartigheid as U dit noodsaaklik vind! Mag dit vir ons van nie so `n groot belang wees nie, dan is ons ook met dit wat ons besit en verstaan meer as tevrede."

[8] Ek sê: "Om die geheim van die ryk van God in alle diepte der dieptes te verstaan, moet julle almal eers in die gees wedergebore wees, wat vir julle nou nog onmoontlik is. Eers as die Menseseun daarheen teruggekeer het vanwaar Hy gekom het, sal Hy die Gees van alle Waarheid, wat heilig is, na julle stuur; Sy sal julle eers volledig opwek en julle harte vervolmaak en die Gees van alle Waarheid in julle opwek, dit wil sê in die hart van julle siel, en julle sal deur dié daad dan wedergebore wees in die Gees en alles wat die hemele in hul dieptes bevat in die helderste lig sien en begryp.

[9] Dit wat Ek julle nou laat sien en aan julle uitlê, is net `n voorbereiding op dit wat die Gees julle oorvloedig sal gee. Ek sou vir julle egter nog uiters baie te sê hê, maar julle sou dit nou nie kon verdra nie; wanneer die Gees van die Waarheid egter sal kom, sal Sy julle binnevaar en begelei in alle wysheid! Laat ons, noudat julle dít weet, op hierdie plek dadelik weer aan `n belangrike en verdere voorbereiding begin, en onse Mathaël met sy talle ervaringe sal ons `n ander verhaal uit sy belewenisse vertel.

[10] Mathaël, doen dus weer jou werk en vertel ons die verhaal van wat jy in Bethanië gesien en meegemaak het! Ons het nog vier uur tot sonsopgang en kan daarom nog baie te wete kom en as’t ware meeleef, en jy Mathaël, kan nou dadelik met jou verhaal begin."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205