Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 138

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die lewensverhaal van die ou Lasarus

138 Ek sê: "Ek sal dit aan julle verduidelik; julle moet almal net daarby baie goed oplet, omdat julle andersins niks van die hele saak sou verstaan nie! Want dié sterfgeval is heel besonders, soiets het hom in `n lang tyd nie voorgedoen nie en dit sal nog lank duur voordat dit weereens sal gebeur.

[2] Die ou Lasarus, wat `n hoë, oergeskape engelgees was, word algeheel volgens sy eie wil in die liggaam van `n mens gebring en wel onder die moeilikste lewensomstandighede wat op hierdie aarde maar kan voorkom. Vanaf die wieg tot aan sy sewe-en-veertigste aardse lewensjaar het hy omstandighede en beproewings deurstaan wat hier nie maklik weergegee sou kon word nie. Hoe dikwels was hy nie in lewensgevaar nie! Wie van julle die lewensgeskiedenis van Job ken, kan hom daaruit ongeveer `n beeld vorm van hoe dit met ons Lasarus gegaan het.

[3] `n Paar maal het hy tot die hoogste wêreldse aansien en tot groot rykdom gekom,en het `n vrou en die mooiste en die mees volmaakste kinders, daar was vyf, wat baie lief was vir hom omdat hy `n goeie en wyse vader was. In sy negentiende jaar trou hy met die enigste dogter van `n baie ryk man uit Bethlehem; sy goud en silwer sou honderd kamele nie maklik verplaas het nie. Maar hierdie groot aardse geluk van hom was van korte duur. Sy skatte word van jaar tot jaar minder, hy word, omdat hy `n goeie en te toegeeflike mens was, veelvuldig en dikwels heel aansienlik besteel. Ten laaste breek daar `n brand uit in sy huis, wat vernaamlik uit sederhout gebou was en hy kon van al sy skatte niks anders red as sy eie lewe, sy vrou en sy kinders nie, en hy moes daarna drie jaar lank byna alleenlik van aalmoese lewe.

[4] Maar gedurende dié drie jaar sterf sy vrou en ook al vyf sy liewe kinders. Hy self raak heeltemal oortrek met melaatsheid, waaraan hy `n volle jaar gely het. `n Arts uit Egipte het uiteindelik met `n geneesmiddel gekom en het hom heeltemal van hierdie kwaal bevry. As altyd nog `n knap man van vier-en-dertig, word hy toe op weg oorval deur vermomde slawehandelaars uit Agter-Persië en meedoënloos daarheen as slaaf verkoop aan `n uiters streng meester.

[5] Omdat hy egter onder al die slawe van sy meester die getrouste was en alle strengheid van sy meester altyd met baie geduld en nederigheid verdra het, roep sy meester hom na tien jaar na hom toe en sê aan hom: ‘Ondanks al my strengheid teenoor jou, het dit geblyk dat jy baie getrou aan my gewees het, en jouself nóg moeite nóg werk gespaar het om my belange te behartig. As ek baie van jou verlang het, het jy altyd nog meer en dikwels tot my voordeel gedoen. Ek is wel `n streng meester - almal getuig dit van my - maar daarom nog nie blind en sonder insig en kennis nie en omdat ek dit nie is nie, gee ek jou die volle vryheid! Jy kan nou in vrede na jou huis en na jou eie land gaan. Bowendien skenk ek jou as blyk van erkenning vir jou getroue dienste nog honderd kamele, tien van my mooiste slavinne, en negentig knegte; en sodat jy orals iets kan koop en sal kan voorsien in jou verdere lewe en handel en wandel, sal my skatmeester jou duisend sakke goud en tweeduisend sakke silwer uitbetaal! Kyk, so beloon die streng meester `n troue slaaf en `n troue kneg kry dit dubbel, maar dié het ek, jammer genoeg, nog nooit gehad nie! Vertrek nou met `n geruste hart met alles wat ek, jou streng meester, jou geskenk het!’

[6] Toe buig Lasarus baie diep voor sy meester en wou hom bedank. Maar dié sê ernstig: ‘Vriend, wie `n loon verdien soos jy, hoef na ontvangs die gewer nie te bedank nie! Gaan daarom in vrede; so is dit en so geskied dit!'

[7] Toe verlaat Lasarus, tot trane bewoë, die saal en toe hy die groot binnehof betree, staan alles al klaar: kamele, die tien slavinne en die negentig dienaars, en elkeen van die sterkste kamele was belaai met goud en silwer.

[8] Lasarus bestyg sy kameel en die tog begin. Na tien heel aangename reisdae het hy weer in Bethlehem aangekom, neem sy intrek in `n herberg en doen navraag oor sy vroeëre besittings. Dit was egter volgens die Romeinse wette as Romeinse staatsbesit verkoop en het reeds drie jaar gelede in die regmatige besit van die koper oorgegaan, omdat die oorspronklike werklike besitter, ondanks alle afkondigings wat deur spesiale boodskappers gedoen is, niks van hom laat hoor het nie. Want die koper was vir sewe jaar in `n sekere sin slegs pagter; kom die verdwene voormalige besitter in die sewende jaar terug, dan het hy nog die reg om beswaar in te dien - alleenlik moes hy die koper die hoogste bod insluitende rente vergoed omdat hierdie koper gesien moes word as `n bedryfsleier sonder opdrag en vir sy moeite wettig betaal moes word. Maar as die volle sewe jaar verby was, het die koper in die daarna onaantasbare, volle besit van sulke goed wat deur koop verworwe is, gekom. En dit was ook daar in Bethlehem die geval met die eiendom van Lasarus. Die koper was nou volle besitter, beskerm deur die wette van Rome en onse Lasarus moes onverrigter sake verder trek.

[9] `n Volle jaar moes hy in herberge deurbring, tot eindelik in Bethanië `n belangrike landgoed wat aan `n Griek behoort het, te koop aangebied word. Vir vyftien honderd sakke silwer kry Lasarus dit in sy volle besit en daarna trou hy in sy sewe-en-veertigste jaar met een van sy trouste slavinne, wat ook `n Judeër was en die jong Lasarus en sy twee sussies het uit daardie huwelik voortgekom. Na tien jaar skenk ook hy aan al sy dienaars, wat hy uit Persië saamgebring het, die volle vryheid, maar geen enkele een verlaat Lasarus nie en tot vandag toe lewe daarvan nog drie-en-vyftig. Maar almal gaan reeds binne twee jaar oor tot die Judese geloof en word daardeur nog waardevoller en innemender vir Lasarus. Sy vrou het pas twee jaar gelede gesterf en was ook `n toonbeeld van vroulike verdraagsaamheid en vroomheid en sedert dié tyd behartig die drie agtergeblewe, opregte kinders die huishouding heeltemal alleen; buiten God het hulle byna geen behoeftes nie en hulle doen uiters baie goed aan die armes."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205