Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 139

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Verklaring van die verskynsels by Lasarus se dood

139 (Die Heer:) "Omdat die ou Lasarus sy aardse lewensloopbaan so goed voltooi het, en nie net niks ingeboet het op sy vroeëre hemelse volmaaktheid nie, maar selfs uiters baie daaraan toegevoeg het, verenig teen die tyd van die afskeid van ons swaar beproefde engel wat sy proef uiters goed geslaag het, tallose volmaakte engele hulle en hulle beïnvloed die natuurgeeste van hierdie aarde sodanig dat hulle dieselfde werk moes verrig as die natuurgeeste van die son. Deur hierdie buitengewone aktiwiteit van die tallose geeste wat in `n beperkte ruimte saamgedronge was, ontstaan daardie lig wat deur jou, jou vader en die jong Lasarus waargeneem is juis op die oomblik toe die engelesiel en die gees van die ou Lasarus hulle begin losmaak van die bande van die vlees.

[2] Die geeste wat vir jou sigbaar was, wat hierdie lig in `n westelike rigting begelei het, het verderaan met die verskynsel geen ander, spesiale verband nie as dat hulle deur hierdie so buitengewone aktiwiteit van die normale natuurgeeste, wat onder hul bevel staan, self heel ongewoon geprikkel geword en toe ook, niksvermoedend wat daar aan die gang was, hulleself verplig gesien om deels vlugtig en deels skerp waarnemend te beweeg en druk aan die werk te gaan.

[3] Dat hierdie stoet, in jou kunstige woordgebruik, van die ooste na die weste te siene was en gegaan het, dui op `n belangrike aardse sterfgeval ooreenkomstig die feit dat alles op aarde in die ooste, waar die son opkom, met sonsopgang ontwaak en by sonsondergang weer aan die slaap raak. Maar terselfdertyd stem die aardse aand in omgekeerde sin ooreen met die pure geestelike môre, en die aardse môre met die geestelike aand, want op die aardse môre begin die meeste mense hulle so goed moontlik besighou met wêreldse sorge en dit is, dikwels genoeg, `n egte en diep geestelike aand sonder skemering, dus reeds werklik `n geestelike nag. Slegs saans, moeg van die wêreldse sorge, gaan dan baie daartoe oor om na te dink oor die verdwyning van die tydelike en hulle tot God te wend en dit kom dan ten minste ooreen met `n geestelike môreskemering.

[4] Vir julle begrip moet hierdie verklaring voldoende wees en julle weet nou die hoe en waarom van die geestelike en natuurlike samehang van die groot nagtelike ligverskynsel en van die begeleiding deur die geeste.

[5] Nou gaan ons na die sterfkamer van die ou Lasarus! Daar sien jy geen onduidelike newelvorm bo die lyk sweef nie, maar alreeds `n meer volle menslike vorm. Die rede daarvoor lê in die groot liefde tot werke, wat dui op `n volmaakte, innerlike, geestelike lewe wat heeltemal sonder vrees is vir die komende groot werksaamheid in die eindelose ryk van die hemele. Die angstrillings van die siel laat hulle daar nie geld nie en daarom is die menslike vorm van die siel al dadelik by die uittrede uit die liggaam volmaak en in rus volkome sigbaar, natuurlik vir diégene wat die seldsame vermoë het om dit te kan sien.

[6] Die klein en uiters dun verbindingsdraad tussen die siel en sy liggaam dui op `n minimale neiging na die aardse en dus ook `n uiters lig en pynlose skeiding van die liggaam. Dieselfde ligverskynsel bo die kop van die siel dui veral op die uiters kragtige wil van die siel, wat deur sy buitengewone aktiwiteit volgens die orde van die hemele sigbaar is as `n ligsuil bo die kop - as suil, toonbeeld van onbuigsaamheid, en as lig, wat altyd ontstaan deur korrek op te tree volgens die goddelike orde van God se hemele. Hierdie lig deurstraal en verlig die vermoë van die siel tot insig altyd ten volle sodat die wil nie blind nie, maar altyd duidelik siende handel.

[7] Omdat die denke van `n opregte mens hoofsaaklik egter van die hart uitgaan, soos wat ook die setel van die liefde en die wil net dáár te soek is, word die lig van die wil van die vrye siel, wat in die aardse lewe alleenlik in samewerking met die verstand van die kop moes werk, nou as gordel van die kleed van die liefde en geregtigheid, geduld en verdraagsaamheid sigbaar rondom die lendene van die vrye siel. Die kroon getuig egter van `n nuwe gawe van die suiwerste hemelse lig wat egter maar net aan diegene ekstra meegegee word wat hul reeds op aarde beywer het vir die ware, hemelse wysheid en daardeur mense vol liefde, wysheid en ware hemelse geregtigheid geword het. So `n stralende kroon is dan `n produk van die wyse wil van alle oergeskape engele van die hemele en beteken by die een wat hom op sy kop dra dat hy nou as `n geheel volmaakte, en aan God soortgelyke wese ingewy is in alle wysheid en in alle kennis van alle hemele.

[8] So `n hemelse gees wat ook die vlees van die aardse lewe deurloop het, het dan op sigself net so baie kennis as alle ander oergeskape engelegeeste bymekaar wat die weg van die vlees nog nie betree het nie, omdat so `n kroon `n samestelling van al die hemelse intelligensiedeeltjies, soos wat die menslike siel ook saamgestel is uit al die aardse intelligensiedeeltjies, wat sekerlik oneindig baie beteken.

[9] Nou dink Ek dat julle al hierdie ietwat buitengewone verskynsels goed sal verstaan. Maar as iemand nog een of ander probleem het, wel, laat hom dan vra en hy sal lig kry! Want die hemele drup `n regte lig op diégene wat regverdig en van goeie wil is. Vra dus met vrymoedigheid as julle iets nog nie verstaan nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205