Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 140

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Oor die stel van dwase vrae

140 Cyrenius sê: "Heer, ons almal kan U nie genoeg dank vir die oneindig belangrike lesse wat U ons almal nou gegee het nie en ek verstaan nou alreeds aansienlik baie meer! Ook by die laaste verskynsel wat vise-koning Mathaël ons nou opnuut uit sy ryke voorraad ten beste gegee het, bly geen onduidelike sake oor nie; slegs die twee of drie belangrike en magtige engelegeeste wat Lasarus kom haal het, is vir my, wat hul status betref, nog volledig onbekend! Miskien sou ons ten minste hul heilige name mag hoor en miskien sou ons ook nog iets meer kon verneem oor die betekenis van die terugkoms na sy kinders?! Die verhaal was andersins heel sonderling, hoewel ek, eerlik gesê, nog baie graag sou wou weet hoe en waar die liggaam van die ou Lasarus begrawe is en wat daar later van die klein rabbi geword het. Ook `n nadere toeligting oor die beroemde varingkruie-olie sou bepaald nie ongewens wees nie. Heer, sou U ons daar meer oor wou vertel?"

[2] Ek sê: "Maar vriend, daardie is immers slegs baie onbelangrike bysake, wat vir die geheel eintlik glad nie van belang is nie omdat hulle daar niks mee te make het nie en daar so goed as geen verband mee het nie! Wat is so belangrik aan die name op sigself van die engelegeeste wat Lasarus tegemoet gekom het?! `n Wetlike reispas het hulle nie nodig nie en `n wêreldse beskermreg ook nie. Waarvoor sou jy dan hul name nodig hê?! Maar omdat jy dit so graag wil weet, dit was die aartsengele Zuriël, Uriël en heel op die agtergrond ook Michaël in die gedaante van Johannes die Doper, oor wie Zinka ons baie vertel het.

[3] Maar daar was nog `n aantal geeste daar aanwesig wat Mathaël nie kon sien nie, omdat hierdie geeste so rein en suiwer is dat hulle nie meer met die oog van die siel gesien kan word nie, maar slegs met die oë van `n gees wat self heeltemal rein is - iets waartoe Mathaël nog nooit in staat was nie. En verder, wat is die belangrikheid van die begrafnis van die liggaam van Lasarus, wat is die belangrikheid van die klein rabbi en wat van die varingkruie-olie, wat wel tetanus (klem in die kaak) ophef en die wurms in die maag dood as dit eg is; maar as dit nie eg is nie, het dit ook glad geen uitwerking nie! Laat ons daarom ophou oor dit wat min of geen nut vir ons kan hê nie en laat ons daarvoor sorg om slegs ons kennis en ons wete van geestelike sake te vermeerder!

[4] Vra daarom liewer na iets geesteliks, nog uit die sfeer van dit wat deur Mathaël geestelik gesien is, as na sake wat vir die gees net so onbelangrik kan wees as die sneeu wat duisend jaar voor Adam die woeste streke van die aarde bedek het! Wat materie is en hoe dit ontstaan, bestaan en nog ontstaan is reeds volkome duidelik aan julle uitgelê, en daarom moet ons ons nou vóór alles alleenlik toespits op die geestelike dinge. Wat het die mens aan alle kennis en wetenskap in die hele wêreld as hy homself nie tot in die diepste lewenswortel ken nie en dit veral in die lewens- en bestaansfeer van sy siel en sy gees?!

[5] Sal hy ooit waaragtig gelukkig kon wees al besit hy ook alle aardse goedere, as hy hom by tyd en wyle sal moet afvra: ‘Wat sal daar na die dood met my gebeur? Sal ek op die een of ander wyse bewustelik verder lewe, of sal dit vir ewig heeltemal met my gedaan wees?’ As die bang vraesteller egter geen bevredigende antwoord kry nie, nóg van iemand wat meer ervare is, of nog minder uit die eie duistere, wêreldse lewenskamer waartoe nog nooit `n geestelik lig van die waarheid deurgedring het nie, wat dan? Sal so `n skatryk man wat hom dit ernstig afvra, wel sy groot skatte en rykdom geniet? Dit sal gewis skaars die geval wees as hy hom enigermate bewus is van die liefde vir die lewe! Wat het die mens daaraan as hy alle skatte van die wêreld sou wen, maar skade sou ly aan sy siel?

[6] Daarom weg met alles wat deur roes en motte vernietig kan word! Slegs wat van die gees is, bly vir ewig onveranderlik; alles wat tot die materie behoort, is dikwels nog onderworpe aan tallose veranderinge voordat dit die vlak van die gees sal bereik. Vra daarom na dinge wat die gees en die siel aanbetref, maar nooit na aardse sake nie!" (Mt. 6:19; Jak. 5:8).


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205