Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 142

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

God se ‘toorn’ by Adam en Eva

142 Ek sê: "Vriend, soos wat jy nou gepraat het oor God se toorn en wraak, geregtigheid en liefde, so oordeel ook `n volslae blinde oor die harmonieuse skoonheid van die kleure van die reënboog!

[2] Het dit dan nog nie tot jou deurgedring dat al vyf boeke van Moses en al die profete, en die geskrifte van Dawid en Salomo, maar net langs die weg van innerlike, geestelike analogie begryp kan word nie?!

[3] Dink jy dan in alle erns dat God vir Adam deur `n engel wat, om hom te verjaag, `n vlammende swaard as wapen in die hand dra, uit die paradys laat verdryf het? Ek sê vir jou: ook al het Adam hierdie visioen gehad, dan was dit tog maar net `n beeld van wat eintlik in Adam self plaasgevind het, en hoort as sodanig by die proses van sy opvoeding en by die vestiging van die eerste godsdiens en oergemeente by die mense op aarde.

[4] Op aarde is daar nêrens `n stoflike paradys waar die gebraaide visse sommer in mens se mond inswem nie, maar hy moet hulle - netsoos nou - eers vang en braai en dan eers met mate eet. As die mens egter werk en vrugte versamel wat die aarde hom skenk, en hy vir hom daardeur `n voorraad opgebou het, dan was elke aardse streek wat die mens in kultuur gebring het, `n ware aardse paradys!

[5] Wat sou daar van die mens en sy geestelike ontwikkeling tereggekom het as hy hom in `n ware paradys van niksdoen en eet oor niks hoef te bekommer het nie, en niks gehad het om voor te sorg nie; as hom so te sê die heerlikste vrugte in die mond gelê sou wees; as hy vir homself, lêend op heerlike malse gras, maar iets hoef te wens en alles sal daar gewees het, sodat hy slegs sy mond hoef te open om die lekkerste happies daarin te laat skuif? Wanneer sou die mens dan by hierdie opvoedmetode die nodige selfstandigheid verwerf het om te lewe?! Ek sê vir jou dat as die paradys so was soos wat jy dink, die mens tot op hierdie uur niks anders sou gewees het en sou geweet het as `n goed versorgde gemeste os, of `n vraatsugtige poliep op die bodem van die see nie.

[6] Wat beteken die beeld van die engel met die vlammende swaard dus? Wat sê hierdie beeld? Die mens was naak, want tot op hede het daar nog geen mens geklee in die wêreld gekom nie. Ook al hoef hy, net soos hierdie eselin hier, liggaamlik geen jeug deur te gemaak het nie, omdat hy wat sy liggaam aanbetref net so ontstaan het soos hierdie eselin, en ook al was hy meer as twaalf voet lank, en Eva nie baie minder nie, was hy tog `n kind wat betref sy oorspronklike kennis oor die gesteldheid van die aarde, en moes eers vernaamlik deur ervaring wys word.

[7] In die warm voorjaar, die somer en die herfs kon hy dit wel sonder klere uithou, maar in die winter begin hy die koue erg te voel, en in sy gevoel, wat God altyd meer deur geestelike en natuurlike ingewing laat ontwaak, vra hy homself af: ‘Waar is ek? Wat het daar met my gebeur? Eers was dit so aangenaam, en nou kry ek koud, en die koue winde laat my vel pyn!’ Hy voel homself genoodsaak om op soek te gaan na `n windbeskutte woning, en sy liggaam te bedek met allerlei blare van die bome. Deur hierdie gedwonge besigwees word die denke aktiewer en ook weldra ordeliker.

[8] Maar hy raak ook honger, want baie bome en struike dra geen vrugte meer aan hul takke nie. Hy trek daarop uit en soek voedsel, en vind nog bome vol vrugte. Hy versamel die vrugte en bring hulle na die grot wat vir hom geskik lyk as woning. Toe gee sy hart, wat al meer ervaring opgedoen het, weer vir hom in: ‘In hierdie tyd rus daar `n vloek op die aarde, en jy as mens kan slegs in die sweet van jou aangesig jou voedsel versamel!’

[9] Maar nadat die eerste mens van hierdie aarde eenmaal oorwinter het in die grot op die hoogte wat die noordoostelike deel van die Beloofde Land begrens, waartoe ook ons Galiléa behoort, het hy die tyd om tesame met sy vrou dieper oor homself na te dink. Toe kry hy ook behoefte aan meer geselskap. In `n droom word aan hom uitgelê wat hy moes doen om so `n, dit wil sê groter, samelewing te skep en daarna begin hy Kain te verwek, en al gou daarna Abel en Set.

[10] Maar dit was die vrou wat hom die eerste aanduiding gegee het vir die verwekking, want die vrou kry eerste in `n droom te siene hoe die verwekking moes plaasvind. Ons sal nie verder hierop ingaan nie, maar, vriend Stahar, Ek sê slenetgs vir jou: alles gaan baie natuurlik en daar gebeur niks teen die natuur nie. Tog sien Moses dat dit alles slegs in ooreenstemming met die wil van JaHWeH kon gebeur; God se gees laat hom sien dat hierdie heel natuurlike leiding via opgedoene ervaringe deur My, dit wil sê deur My gees, bestuur word, en daarom plaas hy God in ooreenkomstige beelde altyd naas hierdie eerste mensepaar, en verpersoonlik hy ook My invloed in die mees beknopte maar tog uiters paslike beelde, soos wat toentertyd algemeen gebruiklik was, en ook moes wees, omdat sulke beelde orals noodsaaklik was vir die leiding van die volk en van die volke.

[11] Origens spreek dit vanself dat God en die engele wel geweet en ook in staat was om die eerste mensepaar in een van die vrugbaarste streke in die wêreld te vorm en te ontwikkel.

[12] Toe latere, spesiaal hiervoor toegelate natuurverskynsels die eerste mense dwing om hul eerste voedingstuin te verlaat en verder op die aarde rond te kyk, gebeur dit ook nie as gevolg van `n soort goddelike toorn nie, maar slegs uit liefde vir die mens om hom weer uit sy traaggeworde sinlikheid op te wek en hom tot werksaamheid aan te spoor, en om sy ervarings uit te brei.

[13] Toe Adam en sy vrou en sy seuns gewaar word dat daar bykans orals op die groot aarde iets te ete was, het hulle begin om groter reise te onderneem, waardeur hulle met Asië en Afrika redelik goed vertroud geraak het. Daardeur doen hulle weer allerlei ervarings op. Op verborge wyse deur God se Gees gelei, kom hulle na hul eerste Eden terug en bly daar, van waaruit dan ook die bevolking van die hele aarde ontstaan het.

[14] Sê My nou eers in jou hart: Is hierin ook maar enige toorn of wraak van God te ontdek?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205