Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 143

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

God se ‘toorn’ by die sondvloed

143 (Die Heer:) "Ja, God se Wysheid kan Haar wel verset wanneer mense wat reeds ontwikkel en minstens halfpad geryp is, moedswillig en ook kwaadwillig teen die orde van God opstaan; maar daarvoor is daar dan weer die Liefde van God, wat in Haar groot geduld altyd deugdelike middele teenoor die verkeerde neigings van die mense weet te stel en hulle weer op die regte pad bring, waardeur ten slotte My einddoel met die mensdom tog altyd bereik moet word sonder dat die mens soos `n masjien daartoe gedwing word deur die een of ander almagtige wraak van God.

[2] Maar selfs hierdie middele moet nie as `n gevolg van die toornige, goddelike mag gesien word nie, maar suiwer as `n gevolg van die verkeerde handelswyse van die mense. Die wêreld en die natuur het immers binne die bestaande, korrekte orde van God noodsaaklike en onveranderlike, onontkombare wette saamgekry; die mens is egter ook aan sulke wette onderworpe wat sy vorm en sy liggaamlike wese aanbetref. As die mens hom nou op die een of ander wyse teen hierdie orde wil verset en die wêreld wil omvorm, dan word hy daarvoor, nie deur God se toorn gestraf nie, maar deur die aangetaste, strenge en vasstaande goddelike orde in die dinge self, wat so moet wees soos dit is.

[3] Jy vra jouself nou af of die sondvloed ook as `n natuurlike, en noodsaaklike gevolg van `n verkeerde handelswyse gesien moet word. En Ek sê vir jou: Ja, so is dit! Meer as honderd sieners en bodes het Ek opgewek, en Ek het die volke gewaarsku teen hul handelswyse wat teen die natuurlike en goddelike orde ingegaan het, en Ek het hulle meer as honderd jaar lank uiters ernstig gewys op die verskriklike gevolge vir hul liggaam en hul siel, wat noodsaaklikerwys die gevolg daarvan sou wees; maar hul boosaardige moedswilligheid het so ver gegaan dat hulle in hulle blindheid die bodes nie net bespot het nie, maar baie selfs gedood het, en sodoende letterlik die stryd met My aangeknoop het. Maar tog word Ek daarom nie van toorn of wraaksug kwaad nie, maar Ek laat hulle hul gang gaan en die droewige ervaring opdoen wat onverstandigheid en onkunde - wie self skuldig was aan wat julle is - met God se groot natuur en ordening beslis nie alles mag doen wat hulle in hul blindheid goeddink nie.

[4] Kyk, dit staan jou vry om op die hiervandaan na die suide geleë, ongeveer vyfhonderd manslengtes hoë rots te klim en jou dan moedswillig vooroor van die hoë rotswand na benede te laat val! Volgens die noodsaaklike wet van swaartekrag, wat vir alle liggame geld, sal dié moedswilligheid jou sekerlik jou liggaamlike lewe kos. Vra jouself eers af of My toorn en My wraak die oorsaak daarvan is!

[5] Daar na die ooste sien jy hoë bergreekse wat baie dig bebos is. Gaan met tien maal honderd duisend mense daarheen, lê vuur aan en verbrand al die bosse, dan sal die berge heeltemal kaal wees! Wat sal dit egter tot gevolg hê? Die talle daardeur werklose en naak geworde natuurgeeste sal dan in die vrye lug begin te woed en te raas. Ontelbare weerligte, wolkbreuke van die verskriklikste aard, en voortdurende haelbuie sal daarop die hele wye omgewing vernietig. Dit is alles `n baie natuurlike gevolg van die vernieling van die bosse. Sê eers of ook daar weer sprake is van God se toorn en Sy wraak!

[6] As tien maal honderd duisend mense egter druk besig is om berge af te grawe en groot mere op te vul, of om uiters breë bane aan te lê ten einde makliker oorlog te kan voer; as mense hele bergreekse dagreise ver afskuins tot `n hoogte van vierhonderd tot vyfhonderd manslengtes, of gragte rondom die berge grawe van tweehonderd tot driehonderd manslengtes diep, en daardeur die inwendige watersluise van die aarde open, sodat die berge begin versink in die leeggeworde groot waterbekkens, en die water so begin styg dat dit in Asië byna bokant die hoogste toppe van die berge soos `n see begin voortgolf. Daarby kom nog dat by hierdie groot verwoesting van die berge talle honderd duisend maal honderd duisende hektare van die bosrykste streke saam vernietig was, waardeur tallose miriades van aard- en natuurgeeste, wat voorheen die hande vol gehad het aan die mooiste en weelderigste plantegroei, nou opeens vry en werkloos geword het, vra jouself dan maar eers af hoe die geeste toe in die lugstreke tekere sou gegaan het! Watter storms en massale wolkbreuke, watter haelmassas, en hoeveel ontelbare weerligte is daar toe meer as veertig dae lank uit die wolke na die aarde geslinger, en watter watermassas sou hulle toe oor byna die hele Asië versprei het, en dit alles deur louter natuurlike oorsake! Sê eers, was dit weer God se toorn en Sy onversoenlike wraak?!

[7] Moses beskryf hierdie geskiedenis netsoos al die ander in die gebruiklike skryftrant van toe, dit wil sê in beelde waarin hy, geïnspireer deur die Goddelike Gees, steeds My voorsienigheid duidelik laat uitkom, wat egter slegs deur middel van egte en ware gelykenisse te verwesenlik is.

[8] Maar is God dan `n God van toorn en wraak omdat jy en talle ander Sy groot openbarings nog nooit verstaan het nie?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205