Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 149

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die selfmoord van die Esseen wat deur die tempel vervloek was

149 (Mathaël:) "Daarop vra my vader my of ek dalk nog iets besonders aan die seun sien.

[2] Ek antwoord hom in Grieks en sê: 'Die twee groot vlermuise het nou gesamentlik bo sy borsholte die gestalte van `n heel droewige aap aangeneem en probeer hulle nou losmaak van die liggaam, maar hulle skyn nog dusdanig daardeur aangetrek te word dat dit vir hulle voorlopig nog nie moontlik is om heeltemal van die liggaam weg te gaan nie; maar hoe langer hulle hulle inspan, des te meer verenig hulle hulle en - kyk, nou is hulle as één eteriese wese los van die liggaam! Dit hurk en spring nou nog rondom die liggaam asof dit iets soek!'

[3] ‘Dit sal tog nie die siel van die seun wees nie?' sê my vader.

[4] Ek sê: ‘Ja, dit weet ek natuurlik ook nie! Sou so `n verwaarloosde seun dan werklik nog geen beter siel hê nie? Nou hurk hierdie wonderlike wese by die nog bloeiende, verpletterde kop en maak asof dit bloed uit die groot wond lek. Maar in werklikheid gebeur daar niks nie! Slegs `n geringe en heel vaag sigbare bloeddamp suig dit op en daardeur kry dit `n ietwat meer menslike uiterlike. Maar nou kom daar draers wat hoogs waarskynlik die lyk sal wegbring! Ek is benoud of die aapwese ook saam sal gaan!’

[5] Op hierdie oomblik kom daar vier draers met `n taamlike lang stok, bind die lyk met linnedoeke daaraan, tel dit op en dra dit weg.

[6] Ek sê: ‘Maar die wese bly agter en kyk om hom heen soos iemand in `n groot, leë ruimte waarin niks te siene is nie. Ons, liggaamlike mense, skyn dit nie te sien nie. Nou hurk dit op die plek waar die seun uit die boom geval het, en maak aanstaltes om te gaan slaap. Dit moet tog werklik die siel van die seun wees!’

[7] My vader sê: ‘nou gelukkig loop die doodmaak van die bok ten einde! Slegs nog die oordeel oor hulle wat van hierdie algemene reiniging uitgesluit is omdat hulle te groot en slegte sondaars is, en dan sal dit wel afgeloop wees! Soos elke jaar: altyd en ewig dieselfde geskiedenis. Vir my sonder seën, krag en nut, en ek glo dat dit vir al die ander ook so is!’

[8] Toe swyg my vader, luister na die oordele en vererg hom nie min nie dat eers die arme Samaritane vervloek word en pas daarna alle heidene, Esseners en Sadduseërs, en in geringe mate ook die onboetvaardige bloedskenders, broer-, vader- en moedermoordenaars, dierskenders en egbrekers, en ten slotte - met die vreeslikste oordeel - die veragters van die tempel en sy heiligdomme.

[9] Na hierdie seremonie, wat bepaald nie hartverheffend was nie, en waarby elke vloek die gewaad van die hoëpriester op `n geweldige skeur te staan kom, trek almal weldra na die stad terug. Slegs één man, wat waarskynlik deur die goed bedoelde vervloekings iets meer as wat goed vir hom was van stryk gebring is, bly by `n poel staan wat nie ver van ons verwyder was nie. Eintlik was dit `n ou, nog steeds baie diep gat wat deur die Jordaan veroorsaak is, waarvan sommige dwase beweer dat die water van die sondvloed van die hele aarde deur hierdie gat, wat ongeveer honderd manslengtes in omtrek meet, in een jaar en enige dae verdwyn het. Dat hierdie gat baie diep is, is waar - maar bodemloos sal dit tog ook gewis nie wees nie.

[10] Dit het vir my vader `n bietjie verdag voorgekom dat die man so star en wesenloos vanaf `n rots, wat baie vooruit in die water van die poel gesteek het, in die swart gat staar. Hy vra my of ek dalk iets ongewoons om, of bokant die man kon raaksien.

[11] Ek sê, volkome na waarheid: ‘Ek sien niks nie, maar kan tog nie ontken dat dié hele man my beslis nie geval nie! Ek glo dat dit regtig geen onware veronderstelling sou wees as mens sê: Hy sal dadelik in eie persoon gaan ondersoek hoe diep die gat is!’

[12] Ek gee dit wat ek toe sê baie korrek weer, hoewel my vader nooit graag hoor dat ek by ernstige sake so `n bietjie grappies begin maak nie - waarvoor ek `n besondere talent besit. Heer, wil U dit daarom ook barmhartig deur die vingers sien as ek my hier bedien van die woorde wat ek toe gebruik het!"

[13] Ek sê: "Wat jy sê, is goed, want so wil Ek dit en so lê Ek jou immers Self as’t ware die woorde in die mond! Vertel nou verder; almal luister gespanne na jou verhaal!"

[14] Mathaël gaan dadelik verder en sê: "Maar ek het skaars die laaste woord uitgespreek toe die man sy hande omhoog hef en baie luid sê: 'Die hoëpriester het my vervloek omdat ek `n Esseen geword het en die tempel verlaat het om `n ander en beter wysheid te leer, wat ek daar egter net so min vind as in die tempel te Jerusalem. Berouvol het ek na die tempel teruggekeer, en het gebid en geoffer, maar die hoëpriester verwerp my offer, noem my die allerergste tempelskender en vervloek my vir ewig deur sewe skeure in sy gewaad te trek. Nou by die algemene suiwering hoop ek om versagting van sy uitgespreekte vloek te kry; slegs wag ek tevergeefs daarop! Hy bekragtig die ou vloek slegs nog maar meer, en maak my tot `n vervloekte vir God en die mense! Dus is ek vervloek! Laat ek daarom vervloek wees!’ - Na hierdie baie harde geskreeude woorde stort hy hom vanaf die rots in die poel en verdrink."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205