Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 156

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die dood van die weduwee en haar dogter

156 (Mathaël): “Sedert die genesing van hierdie weduwee gaan daar ruim `n paar jaar verby sonder dat ons iets van haar gehoor het. Op `n dag, vroeg in die oggend, juis op `n sabbat, arriveer daar `n bode van ons weduwee wat my vader versoek om so vinnig moontlik te kom, want die genoemde weduwee het tesame met haar dogter onverwags so erg siek geword dat niemand van haar bure, wat baie oor haar treur, nog aan haar herstel durf dink nie.

[2] Dat ons, ondanks die sabbat, na hierdie berig spoedig op ons drommedarisse sit, hoef skaars vermeld te word, en dat my vader nie vergeet om `n behoorlike hoeveelheid van die merkwaardige geneesmiddel saam te neem nie, spreek ook vanself, want hy gaan van die natuurlike veronderstelling uit dat hierdie weduwee weer teruggeval het in haar siekte, soos wat dit by sulke siektes dikwels gebeur, en elke dokter weet dat `n terugval in `n ou siekte baie hardnekkiger is as wanneer die siekte vir die eerste keer opduik.

[3] Na enige ure bereik ons die bekende huis. Maar reeds op `n loopafstand van `n halfuur ontdek ek dat die hele huis in `n redelik digte, blou newel gehul was; en hoe nader ons aan die welbekende huis kom, hoe duideliker sien ek in die blou newel, die reeds bekende, rondswemmende ongediertes. ‘Stop’, sê ek aan my vader toe ons nog so `n sestig treë van die huis af was, ‘ons gaan vir ons eie beswil geen tree meer verder nie as ons albei nie dadelik aan die dood ten offer wil val nie; want dieselfde bose, blou newel met sy onheilspellende inwoners omhul nou die hele huis!’

[4] My vader skrik geweldig en hou plotseling stil. Hy stuur die bode na die huis van die twee siekes om te gaan kyk hoe dit daar met hulle gaan. Die bode loop dadelik vinnig na die huis en vind beide reeds heeltemal bewusteloos en in `n onverbiddelike doodstryd.

[5] Toe vader dit van die bode hoor, sê hy aan hom: ‘Vriend, ek kan geen wonders doen nie, en dus bly vir my niks anders oor as om om te draai nie, en hoe gouer hoe beter! Ek vertrou nie die vrede om in die buurt van hierdie twee siekes te wees nie!’

[6] Die bode dink egter dat ons tog nog `n uur moes wag; want mens kon immers nie verseker weet of albei nie nog `n keer sou bykom nie.

[7] My vader sê: ‘Jy weliswaar nie, maar ek weet dit verseker! Alles op die wêreld vertoon in sig, en dikwels ook tot ver om sig heen, bepaalde tekens waaruit `n kenner met sekerheid kan aflei hoe dit met `n bepaalde saak of aangeleentheid staan; en so is dit ook hier! Ek sien selfs aan die huis dat beide geen uur meer sal en kan lewe nie! Iedere reddingspoging sou hier volkome tevergeefs wees!

[8] Julle manlike bediendes van hierdie huis, moet egter klapper- en ringslange in die hande kry, hulle koppe afkap, skoonmaak en kook, en die bouillon daarvan verskeie kere drink, anders gaan julle almal binne `n jaar dood aan totale uitputting; want die uitwaseming van hierdie twee vroulike wesens, waarvan julle geen kennis het nie, maak dat elke man wat hom veral nou te naby waag, daardeur aangetas sal word en op sy laaste binne anderhalfjaar letterlik `n mummie gaan word!’

[9] Die bode bedank ons hartlik vir hierdie raad en wou my vader baie ryklik beloon; maar vader neem niks aan nie, en maak aanstaltes om die drommedarisse en die pakkameel om te draai, iets wat by hierdie diere nie so maklik gaan nie, veral as hulle moeg en honger geword het. Hoewel hierdie omkeer van ons draers altyd `n bron van ergernis vir my vader was, het dit ons hierdie keer goed te pas gekom. Want sou ons diere vinnig gedoen het wat ons wou, dan sou ons twee, en spesifiek ek, `n uiters gedenkwaardige skouspel gemis het.

[10] Die blou newel word stadig maar seker ruim anderhalf keer so groot, verhef hom egter soos `n reuse bol weldra heeltemal bo die groot huis, en word nie slegs gevul met beide slangsoorte nie, maar ook met `n enorme hoeveelheid kwaadaardig- en hier en daar ook sagaardiglykende diere. Hulle beweeg hulle in hierdie groot bol soos kraanvoëls tydens die op- en wegvlieg. Die hele bol was bevestig aan twee snoere, of liewer bande wat daar swak uitsien. Die een, ietwat kleiner deel van die bal was effens helderder as die ander deel.

[11] Baie vreemd vind ek dat `n behoorlike sterk, vroeë aandwind die lossies hangende ballon nie in die minste beweeg nie. Terwyl ek egter hierdie verskynsel vol verbasing in oënskou neem, en dit in Romeins aan my vader beskryf, sien ek ten slotte steeds meer voorbeelde van groter diere soos rotte, muise, konyne, hoenders, duiwe, eende, ganse, lammers, bokke, hase, herte en nog `n hele boel ander diere in die groot bal rondswerm.

[12] Vader sê aan my: ‘Seun, praat jy wel die volle waarheid? Want so word dit vir my tog wel al te deurmekaar!'

[13] Ek sweer egter aan my vader dat ek hom nou, netsoos altyd, slegs dit vertel wat ek duidelik waarneem, geen woord meer en ook geen woord minder nie. Toe sê Vader niks meer nie, en let besonder goed op elkeen van my woorde.

[14] Terwyl ek hierdie vreemdste van alles wat ek ooit gesien het, steeds intensiewer en opgewonderder bekyk, skeur opeens beide bande waaraan die groot bol gevestig skyn te wees, en toe sweef daar in die plek van één groot bol, plotseling twee afsonderlik, ongeveer twee manshoogtes hoog bo die huis. Die steeds heftiger wordende wind het daar geen invloed op nie; onbeweeglik sweef beide ballonne nou bo die groot woonhuis.

[15] Ek sien na die splitsing niks meer van die ongediertes in die geskeie ballonne nie, waarvan die een iets kleiner skyn te wees en ook helderder was as die ander; ook bevat die kleintjie slegs `n bont mengelmoes van louter sagaardige diere, terwyl die grote ook wolwe, bere en `n groot aantal jakkalse bevat, wat egter langs die talle sagaardige diere wat daar ook was, heel gemoedelik heen en weer, en na bo en na benede rondsweef. Merkwaardig was ook dat ek in die al redelik donker aandskemering alles in beide ballonne so helder en duidelik waargeneem het asof hulle deur die middagson verlig word."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205