Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 157

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die ontwikkeling van die sielsvorms van die twee gestorwe vroue

157 (Mathaël:) "Ruim `n halwe kwartier bly alles onveranderd, maar daarna tree daar aanmerklike veranderings in. Aanleiding daartoe was `n swerm eksters (kraaiagtige Europese voëls met wit en swart vere) wat aangevlieg kom en daar baie natuurlik uitsien; daar kon goed `n paar honderd gewees het, wat onrus teweeg bring in beide ballonne. Dit lyk asof alle diere tot één geheel saamsmelt, en in beide ballonne word weldra slegs twee werklik reuse groot, vaalwit adelaars sigbaar wat geweldige aanvalle doen na die eksters wat na hulle pik. Wee die een wat hulle gevang kry; dié verdwyn dadelik uit hul ballonbedreigende bestaan! Na `n kort tydjie was alle eksters opgevreet!

[2] Toe ek dit dadelik waarheidsgetrou aan my vader vertel, sê hy: ‘Ja, dit lyk dan tog asof dit die siele van die twee gestorwe vroue moet wees! Hou alles goed dop, en vertel my wat jy ook maar sien, want helaas, so `n vreemde sterwensgeskiedenis het jy my nog nooit vertel nie!’

[3] Ek sê: ‘Vader, ek vertel u dadelik wat ek sien! - Op hierdie oomblik word die ballonne kleiner en die reuse adelaars verander in - ronduit gesê - twee koeie, maar sonder horings, en ek sien `n egte mens op die dakbalke klim met `n bos hooi in elke hand; hy sal tog nie beide koeie daarmee wil voer nie? Waaragtig! Beide reik met hul tonge daarna, en het heeltemal gaan lê, sodat hulle maklik by die uitgereikte bos hooi kan kom; en nou verorber hulle die hooi ook heel op hul gemak!’

[4] Op dié wyse vertel ek my vader dadelik wat ek sien. Nadat die hooi opgeëet was, verdwyn die man van die dak af; maar al gou kom daar `n ander wat daar baie anders uitsien as die eerste, met twee emmers water, wat vir beide koeie die water voorhou om dit te drink, en die koeie drink dit tot die laaste druppel op.

[5] Vervolgens verdwyn ook die tweede man met die emmers; maar dadelik daarna begin die koeie om vinnig in die rondte te draai. Die vroeëre newelballonne word heeltemal onsigbaar, en deurdat beide wesens so vinnig in die rondte draai, kon ek hulle glad nie meer waarneem nie. Tydens hierdie vinnige ronddraai word die wesens ook steeds helderder en hulle was ten slotte so helderlig soos `n ondergaande maan.

[6] Kort daarna hou die draaiery heeltemal op, en in die plek van die voormalige koeie sweef nou twee ietwat maer mensegestaltes, wat heeltemal naak was. Omdat hulle met die rug na ons toe gekeer was, kon ek die geslag nie goed bepaal nie; maar na die grootte te oordeel, was dit tog twee vroulike gestaltes.

[7] Na ongeveer `n kwartier sien ek weer `n menslike wese wat met twee bondels op die gewel van die dak verskyn en elk van die twee gestaltes `n bondel gee. Direk daarna verdwyn die bondelbringer weer, en die twee gestaltes maak vinnig die bondels oop, neem daaruit elkeen `n liggrys, geplooide gewaad, en gooi dit in `n oogwink oor hul lyf. Nou kon ek eers met sekerheid vasstel dat beide gestaltes behoort aan die merkwaardige weduwee en haar doofstom dogter. Hulle sien daar na my mening wel maerder uit, maar dit was ongetwyfeld tog hulle!

[8] Toe hulle nou so as egte vroulike gestaltes heeltemal by die gewel van die dak binne my gesigsveld staan, kom die twee manlike gestaltes in liggroen mantels weer die dak op na hulle toe, en wink hulle om hulle te volg, wat beide vroue ook sonder enige aarseling doen.

[9] Hulle gaan in `n suidelike rigting in. Weldra verdwyn hulle volledig uit die gesigsveld, maar ek hoor daarna iemand duidelik sê: ‘God die Heer alleen sy alle dank en lof en alle eer vir die redding van hierdie twee armes!’

[10] Wie hierdie woorde uitgespreek mag het, weet ek nie; maar ek het dit hard en duidelik gehoor! Hulle kon onmoontlik afkomstig gewees het van die twee manlike gestaltes, omdat dié toe lankal êrens ver weg was. Iemand anders agter my moes die woorde uitgespreek het. Maar wie, dit is `n heel ander saak!

[11] Wie dit uitgespreek mag het, het uiters min met die verhaal te doen gehad; dat die woorde egter goed en veelbetekenend was, is wel seker! Want beide wesens het, in die geheel geneem, goed en ingetoë geleef, het baie goed vir die armes gedoen en was daarby ook uiters godvresend, sodat dit daarom ook bietjie moeilik te verstane was waarom die stem nou juis spesifiek vir die redding van hierdie weduwee en haar doofstom dogter God dank, lof en eer gee. Die stem moes daarom iets meer weet of geweet het as dit wat my verstand selfs nou kan verstaan.

[12] U, o Heer, weet egter goed wat vir ons in hierdie sterwensgeskiedenis almal `n raaisel sal bly! Daarom wil ek oor die geheel sekerlik geen vraag meer stel nie, omdat die hele geskiedenis tog al van a tot z `n vraag is; O Heer, lê daarom dadelik liewer alles uit, want ek weet nie wat ek daarvan moet maak nie! Die siekte op sigself was al baie raaiselagtig, laat staan die verskynsels tydens en na die afsterwe! Die opstyg van die blou newel bo die huis, wat kennelik geestelik was, die diere daarin, daarna die splitsing van die een groot ballon in twee kleineres, die plaende eksters, die reusagtige adelaars, die verandering daarvan in koeie sonder horings, ensovoorts,- kortom, alles is `n fabel wat absoluut nie, en deur niemand, te glo is as mens dit sommer êrens sou vertel nie! Maak daarom, o Heer, as U so barmhartig wil wees, hierdie geskiedenis bietjie meer verstaanbaar vir ons; want tot op hede hang tussen my en dié geskiedenis meer as die drievoudige (voorhangsel) doek van Moses!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205