Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die vervalste volmag van Herodus

16 Cyrenius sê: "Vriend, dit is meer as `n veronderstelling, dit is die suiwer waarheid! Want veronderstel dat die keiser die verlangde volmag dadelik sou gegee het, dan sou dit tog onmoontlik binne ses weke van Rome na Jerusalem kon kom omdat elke verordening wat Rome verlaat, al is die wind hóé gunstig, al ongeveer veertig dae tot Sidon nodig het. Regstreeks oor see, wat miskien wel die kortste pad is, kan geen skip gaan nie, en voor daar een langs die kus van die groot Middellandse see of van die Adriatiese see langs Griekeland tot hier kan kom, neem dit minstens veertig dae, en daarom kan niemand die afstand binne dieselfde tyd heen en terug aflê nie.

[2] Bowendien moet elke vreemdeling wat na Rome toe kom en van die keiser iets wil vra, eers sewentig dae in Rome deurbring, want vroeër as dit kom geen vreemde gesant of gewone burger, uitgesonderd `n veldheer of ander hoogwaardigheidsbekleër, by die keiser uit nie. In Rome het die mense nou eenmaal die gewoonte dat elke vreemde wat in Rome `n guns van die keiser wil vra, eers aan die stad `n offer moet bring deur soveel moontlik uit te gee en ander geskenke en offers te gee aan die talle institute en instellings. Dit kan so te sê bykans elke vreemde wat uit `n ver land kom, baie goed doen, omdat hulle slegs as hulle baie ryk is na Rome kan kom en vir `n besondere guns kan vra. Want vir die algemene, onbemiddelde volksklasse is wette en regverdige regters ingestel en bekragtig. Wie moeilikhede het, weet waarheen hy moet gaan. As hy gaan, word hy regverdig volgens die wet gehelp; want by ons Romeine pleeg mens geen bedrog nie en steeds geld die beginsel: 'Justitia fundamentum regnorum!' (Geregtigheid is die fondament van heerskappye!) en 'Pereat mundus, fiat ius!' (Al gaan die wêreld te gronde, tog sal reg geskied!) Dit is by ons Romeine nie sommer leë segspreuke nie, maar reëls wat tot op hede nog steeds baie nougeset nagevolg word.

[3] Daarom is dit ook nie onbillik nie as die besoekers aan Rome eers `n offer bring aan die groot wêreldstad voordat hulle waardig geag word vir die een of ander keiserlike barmhartigheid. Uit dit alles volg dus dat die vyf afgesante van die tempel gedurende sewentig opeenvolgende dae nie by die keiser was nie en daarom binne ses weke onmoontlik `n lonende reis van hier na Rome en weer terug kon gemaak het. As hulle dit egter nie kon doen nie, dan lei dit vanself tot die geregverdigde gevolgtrekking dat die vyf die ereskatting van Herodus aan die keiser self gehou het en die heerssugtige viervors `n nagebootste en dus valse volmag gebring en oorhandig het! Herodus verbeel hom nou om groter regte te hê as wat hy oorspronklik van die viervorstedom van Rome gekry het. Maar so spoedig moontlik sal aan hom helder wyn daaroor geskink word!

[4] Ja, nou is dit dan ook te verstane waarom geen enkele berig uit Rome my daaroor, in watter vorm dan ook al, bereik het nie! Want aan my, as onbeperkte gesagdraer van Rome oor die hele Asië en `n aangrensende deel van Afrika, moet alles wat maar deur Rome oor Asië beslis word, tog meegedeel word. Anders sou ek `n bepaling van Rome wat aan my onbekend is, sodra dit êrens ingevoer sou word, kon aansien as `n provinsiale eiemagtigheid en dus as opstand teen Rome en haar mag, en dan dadelik met al my magsmiddele wat my ten dienste staan, moet teëgaan! Daarom kan jy nou goed verstaan dat die volmag van Herodus vals moet wees! Maar as die volmag vals is, sal jy ook kan insien dat ek ten eerste die bedrog aan Herodus moet meedeel, en ten tweede die valse volmag van hom sal moet afneem en dit na die keiser toe moet stuur sodat hy self, vanweë die skending van sy persoon, die deurtrapte misdadigers kan straf!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205