Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 162

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die skepping van Adam en Eva

162 Ek sê: "Volgens die maatstaf van die feitelike, wêreldse verstand is jou opmerking oor Moses nie so erg nie; maar beoordeel met die verstand van die gees, is Moses heelwat anders as wat die woordelike inhoud (van die bewoording) jou sou laat glo. Origens verskil die woordelike inhoud van die eerste tekste nie so veel van die latere tekste as wat jy dink nie; want die latere tekste is meer `n kommentaar op die eerste tekste en gee `n nadere beskrywing van die wyse waarop - weliswaar in `n geestelike sin - die wording van die mens plaasgevind het.

[2] Op welke wyse die wording wat die natuurlike proses aanbetref, verstaan moet word, het Ek julle vir sover dit voorlopig vir julle noodsaaklik is, selfs al gedurende hierdie nag alreeds laat sien. En Mathaël, wat baie vertroud is met die kennis van die analogieë, het julle `n dag gelede ook vertel hoe die geskrifte van Moses verstaan moet word; en Ek moet jou, vriend Cyrenius, nogmaals sê dat jy werklik in alle erns baie kort van geheue is! Wel het Ek voorheen jou geheue nuwe lewe ingeblaas en kan jy jou daarin nou, as jy regtig wil, `n bietjie vryer beweeg; maar om jou twyfel aan die Mosaïese menseskepping tereg te wys, wil Ek jou nog soveel daarby vertel dat jy en ook nog talle ander daaruit sal kan aflei waaroor dit hier met hierdie saak nou eintlik gaan.

[3] Kyk, alles wat Moses met sy skeppingsgeskiedenis sê en eintlik wil sê, het in die eerste plek enkel en alleen betrekking op die opvoeding en geestelike vorming van die eerste mense as sodanig, en net by wyse van analogie ook op dié van die allereerste mensepaar.

[4] Liggaamlik is Adam verder wel uit die eterdele van die fynste leem deur My wil geskape en gevorm volgens die geldende orde, soos wat Ek julle dit nou getoon het; en toe hy deur ervaring deur My wil eenmaal so kragtig geword het dat hy om hom heen `n uiters intensiewe, uiterlike lewensfeer gevorm het en hy op `n keer moeg van die werk en die reis in diepe slaap val, was die tyd ryp om `n natuursiel, wat saamgestel was uit al die natuurlike vlakke wat aan julle bekend is, in die uiterlike lewensfeer van Adam te plaas.

[5] Hierdie siel begin, terwyl sy haar in die uitstralende Iewensfeer van Adam bevind, dadelik uit die uitstralende deel van Adam of te wel uit sy oorvloedige lewensdamp, wat vir haar uiters lieflik was, `n liggaam te vorm volgens My wil en My orde, soos wat hedendaags siele van gestorwenes dit nog gewoonlik doen as hulle vir enige oomblikke aan die mense wil verskyn. Binne drie dae was sy heeltemal daarmee klaar.

[6] Toe Adam daarna ontwaak, sien hy vol verbasing en vreugde sy ewebeeld naas hom, wat hom natuurlik uiters toegedaan was en moes wees, omdat sy liggaamlik ook uit sy wese afkomstig was.

[7] In die omgewing van sy hart voel hy wel iets drukkends, maar dit was heel aangenaam, ook voel hy by tye `n soort leegheid - dit was die begin van geslagtelike liefde - en hy kon die beeld, wat hy dadelik so bekoorlik vind, nie weer loslaat nie. Waar hy gaan, volg die vrou hom en gaan die vrou êrens heen, dan kon hy haar beslis nie alleen laat gaan nie. Hy voel die waarde en die liefde van die vrou en sê daarom in `n oomblik van heldersiendheid:; ’Ons, ek `n man, en jy `n vrou wat volgens God se plan ontspruit het aan my ribbes (in die hartstreek), is sodoende een vlees en een liggaam; jy is die lieflikste deel van my liggaam en so sal dit verder bly, en die man sal vader en moeder (sy manlike erns en sy sorg) verlaat en sy vrou toegedaan wees!'

[8] As daar egter staan dat God by Adam daardie deel met vleis bedek het waar Hy die rib by hom weggeneem het, dan sal tog hopelik niemand van julle so dom wees om aan te neem dat God Adam werklik verwond het om van hom `n rib af te neem, om uit die kleine rib `n volwasse vrou te laat ontstaan nie. Die ribbes is `n uiterlike, stewige beskerming van die tere, innerlike lewensorgane.

[9] As Dawid sê: ‘God, ons vaste burg en `n sterk skild!’ - is God dan werklik `n vaste burg wat uit louter vierkantige klippe gebou is, of `n groot ysterskild?!

[10] So is dit ook met die rib waaruit Eva sogenaamd sou afstam! Hierdie rib is slegs `n simbool vir die saak waaroor dit gaan en dit is Adam se innerlike, kragtige liefdeslewe. En die rib, as beskerming van hierdie lewe, word deur Moses in die Skrif ten eerste opgeneem omdat dit die lewe beskerm en sodoende, omdat dit `n uiterlike skild van die lewe is, dit ook as beeld voorstel; en ten tweede omdat later `n goeie, troue en liefdevolle vrou ook as `n beskerming, skild en beskutting van die lewe van die man te beskou is en daarom simbolies ook heel goed as `n rib van die man gesien kan word; en ten derde omdat die uitstralende lewenseter* vir die innerlike, natuurlike lewe van die siel ook `n geweldige beskerming is, waarsonder die mens geen tien sekondes lank sou kon lewe nie.

[11] So het Eva dan, wat betref haar tere, liggaamlike wese, ontstaan uit Adam se oorvloedig uitstralende lewenseter; en omdat hierdie lewenseter sigself versprei vanuit die omgewing van die ribbes en die borskas en die mens sodoende ver van alle kante omgeef, kon Moses, wat heel goed geweet het om vergelykende beeldspraak toe te pas, Eva heel tereg uit `n rib van Adam laat ontstaan het en deur God die wond van Adam met die vlees van Eva laat toemaak of daardeur laat vervang het. Want Eva was immers die vlees wat uit die uitstralende lewenseter van Adam ontstaan het, waarmee God Adam dit wat hy van sy uitstralende lewenseter afgestaan het, vergoed en op dié wyse die wond toedek met die vir Adam hoogs aangename vlees van Eva, wat dan eintlik ook vlees van Adam was." *Lorber skryf: ‘Außenlebensäther’, soms ook ‘Außenlebenssphäre’waarmee bedoel word: `n eteriese stralingsveld wat vanuit die liggaam (van mens, dier, plant, planeet) na buite tree.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205