Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 164

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die sleutel tot die begrip van geestelike geskrifte

164 Ek sê: "Ja, vriend Cornelius, `n reël en `n riglyn daarvoor is daar in die sfeer van die uiterlike wêreld nie te vinde nie; die enigste wat jou die sleutel gee en jou help om die Gees van die Skrif te begryp, is jou eie gees wat uit My en My leer wedergebore is. Solank jy nie in die gees wedergebore is nie, help geen enkele reël jou enigsins nie; maar as jy dit eenmaal is, het jy geen reël meer nodig nie, want jou ontwaakte gees sal dit wat by hom hoort ook maklik en vinnig sonder `n algemene reël vind.

[2] Maar wil jy ten minste die natuurlike betekenis van die Skrif beter leer verstaan as wat tot nou toe die geval was, dan moet jy sorg dat jy goed vertroud raak met die taal van die Illiriërs, wat in sy wortels die grootste ooreenkom het met die Oud-Egiptiese taal, welke byna gelyk is aan die oorspronklike Hebreeuse taal. Sonder dié taalkennis sal jy dit wat deur Moses geskryf is, nooit heeltemal goed kan lees nie en daardeur selfs die woordelikse betekenis nie goed verstaan nie. As jy die aardse beelde wat daarin voorkom egter nie kan begryp nie, hoe sou dit dan met jou gaan met die geestelike betekenis wat daarin verborge is, al het jy ook duisende reëls en aanwysings?

[3] Die huidige Joodse taal het byna geen ooreenkoms meer met die taal wat Abraham, Noag en selfs Adam eens gepraat het nie. Bly jy egter in My in geloof en in liefde, dan sal die korrekte begrip vanself aan jou gegee word en nie eers binne so `n lang tyd nie! Verder sal dit jou nie skaad as jy dikwels in die Skrif sou lees nie, want daardeur sal jou siel bly soek en nadink. - Is jy met hierdie antwoord tevrede?"

[4] Cornelius antwoord: "Sekerlik, Majesteit en Heer! `n Opregte hoop wat op `n vaste grondslag berus is meer werd as die volle besit van dit waarop die mense hoop. Daarom wil ek my nou verheug oor dit wat ek van U besit. Ontvang daarvoor my hartlikste dank!"

[5] Toe ons Cornelius hiermee tevrede gestel was, kom die ou gewese owerste Stahar dadelik na My toe en sê: "Majesteit en Heer, wat ons almal nou uit U mond verneem het, is `n leer wat ons nou wel verstaan, maar sal `n ander dit ook verstaan as ons dit aan hom oordra? Wat het ons nie almal moes verneem, hoor en sien om dit nou self te kan verstaan nie; diegene egter aan wie ons dit nou moet gaan vertel, het vooraf nog niks verneem, gehoor en gesien nie! Hoe sal hulle dit met voordeel kan verstaan?"

[6] Ek sê: "Vriend, waar sit jou ore dan, toe Ek dadelik in die begin gesê het en dit julle selfs as `n gebod opgelê het, dat wat julle gedurende hierdie nag hier almal sou sien en hoor aan niemand anders verraai mag word nie?! Dit moet vir die hele wêreld verborge bly! Wie in die gees waaragtig wedergebore word, sal vanself alles verstaan; wie egter wêrelds bly dink, sou dit so dwaas vind dat hy hom daaroor sal vererg as hy iets daarvan moet hoor. Daarom is dit beter dat die wêreld niks daarvan hoor nie; vir julle is dit, sodat julle kragtiger kan word, noodsaaklik om die geheime van die ryk van God te begryp en dit is voldoende vir die hele wêreld!

[7] Wat julle in My Naam moet onderrig, weet julle alreeds grotendeels; al die ander is vir julle, wat min of meer uitverkore is tot leraars van die volk, `n seën sodat julle sonder enige twyfel kan glo dat Ek alleen van ewigheid af Majesteit en Heer is. Want as julle die korrekte en onwankelbare geloof het, dan sal julle ook maklik in julle leerlinge die vaste en lewende geloof wek deurdat julle hulle eers julle eie geloofskrag toon. Om dit egter in al sy krag te kon laat sien, was dit nodig dat julle eers oortuig sou wees dat Ek uitgegaan het van die Vader om in julle vlees julle almal die weg van die lewe te toon.

[8] As jy dit nou hopelik tog begryp het, dan sal jy nou ook goed weet wat julle almal, wanneer julle deur My uitgestuur sal wees, aan die volke moet preek. Wees vir God, julle ewige Vader, bo alles lief en julle naaste soos julleself en hou julle by die gebooie wat God deur Moses aan al die mense gegee het, dan is dit My hele leer wat julle aan die volke moet preek; meer is nie nodig nie.

[9] Maar al die ander wat julle hier hoor, is vir julle bestem, soos wat Ek dit so pas by herhaling aan julle uitgelê het. Nou weet jy hopelik wat jou in die toekoms te doen staan en waar jy op moet let, en daarom kan jy wel weer na jou plek teruggaan!" - Daarop gaan Stahar na sy plek terug.

[10] Koning Ouran staan nou op en vra My: "Majesteit, Heer en God! U weet waarom ek op reis gegaan het! Wat ek gesoek het, het ek ook gevind. Hierdie vonds is vir my `n groot weldaad en sal dit vas en seker vir elkeen wees wat dit net soos ek gevind het! Sonder lering kan niemand dit egter vind nie! Dit is daarom die vraag wie onderrig moet gee en wat daarvoor nodig is om `n kundige leraar van die volk te wees! Moet die leraars soos boodskappers van die een plek na die ander reis en van die een land na die ander trek, of sou dit eerder beter wees om vir die volk skole op te rig, dit te voorsien van die beste leraars en die mense wetlik voor te skryf om hierdie skole te besoek? Majesteit en Heer en God, ek versoek U barmhartiglik om my daarvoor `n riglyn te gee; want ek wil en sal alles doen wat U wil en wens dat ek dit sal doen!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205