Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 166

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

`n Heerlike daeraad

166 Na hierdie regtig diepgevoelde warm woorde van dank gaan Ouran weer na sy plek terug en op dieselfde oomblik maak die son op `n wyse wat voorheen nog nie gesien is nie, sodanig aanstaltes om op te gaan dat deur die pure glans aan die horison byna niemand daarna durf kyk nie. Asof hulle beef van diepe eerbied, wag duisend helderligte wolkies in die helderrooi lig op die wondermooie moeder van die dag.

[2] In stralende reënbooglig gaan die groot son na enkele oomblikke op bo die berge in die verte. Sy deursnee lyk hierdie keer goed tien maal groter as wanneer dan ook; terselfdertyd sien baie van die aanwesiges groot swerms voëls wat in sirkels op verskillende hoogtes ronddraai in die suiwerste, liggekleurde luggolwe, wat ook die omtrek van die opgegane son `n baie opmerklike beweging gee.

[3] Bo die wye spieëlende vlakte van die see lê `n ligte newel wat die reënboogkleure van die son skitterend weerkaats. Terselfdertyd vlieg daar `n groot groep groot, wit seemeeue opgewek rond oor die uitgestrekte seespieël, wat deur die vonkelende lig beskyn word en hul vlerke straal asof dit diamante en robyne is.

[4] Tegelykertyd waai daar `n so aangename, verkoelende oggendbriesie dat Cyrenius en vele ander saam met hom, luid uitroep: "Nee, so `n heerlike oggend het die oog van `n sterfling nog nooit aanskou nie en geen menslike sintuig het ooit so `n verkwikkende môrekoelte ondervind nie!"

[5] Ook Jarah, wat die hele nag geswyg het en dit druk het met kyk en luister, roep opeens in vervoering: "O, dit is `n oggend soos wat die engele in die hemel geniet! Ag, ag, hoe pragtig, hoe onbeskryflik bekoorlik! So `n môre lyk ook na dit wat in hierdie nag by ons in al sy uitbundige rykdom in ons harte aangebreek het! Nie waar nie, o Heer, U my enigste liefde, dit is tog wel `n eg belangrike, hemelse môre?"

[6] Ek sê glimlaggend: "Stellig, My allerliefste rosedogtertjie, as in die mens alles hemels geword het, word alles wat hom omgeef ook hemels! Die oggende word hemelse oggende, die dae hemelse dae, die aande egte hemelse aande en die nag word `n hemelse rus, nie meer donker nie maar vol heerlike lig vir die reine, met haar gees verenigde menslike siel. Geniet maar regtig met volle teue van die versterkende genot van hierdie geurige oggend!"

[7] Die meisie kry trane van vreugde in haar oë en staan van haar sitplek op om haar hele liggaam oorvloedig van hierdie oggendgeur te laat geniet.

[8] Nou kom Markus, die gasheer, ook daar aan. Omdat hy vir die ontbyt moes sorg, mis hy die sonsopgang. Maar noudat die son in sy volle en helder reënboogkleurige lig aan die hemel pryk, vra hy My heel verbaas wat dit dan vir `n merkwaardige môre was, want hoewel hy nou tog al op `n gevorderde leeftyd was en Europa, Afrika en Asië in alle rigtings deurkruis het, het hy nog nooit die son en die oggendwolkies in sulke lig gesien nie! Hy sou graag van My hoor wat die betekenis daarvan is.

[9] Ek sê: "Kyk, as die keiser van Rome hierheen sou kom, sou die volke wat aan hom onderdanig is, alle denkbare feeste organiseer, ten dele uit vreugde omdat hulle hul keiser weer `n slag sien, ten dele egter ook om van hom, as hy in `n opgewekte bui is, baie gunste en begrip te kry. Kyk, hier in My persoon bevind hom ook `n Keiser, en `n Alleenheerser oor alle hemele en wêrelde!

[10] Die bewoners van die hemele, waarvan ons RafaEl een is, weet welke groot lewensopenbarings Ek julle mense in hierdie nag gegee het en dat dit geoorloof is om My te midde van julle mense, noudat Ek as Vader aanwesig is en julle onderrig, van aangesig tot aangesig in hierdie persoon van My te sien. Die groot en salige vreugde wat hulle nou voel, laat hulle ook deur die optrede van die natuurgeeste van hierdie aarde sien en voel.

[11] Maar nie alleen op hierdie aarde nie, maar op alle wêrelde van die hele oneindige skepping word nou vir sewe ure dieselfde soort fees gevier. In dié tyd sterf daar in die hele skepping geen enkel geskape wese nie en word daar ook geen verwek nie. As die sewe uur egter verby is, is die fees verby en gaan alles weer hulle natuurlike gang.

[12] Nou weet jy die rede vir die prag van hierdie môre! Maar gaan nou en sorg vir `n ekstra goeie ontbyt; want ook ons wil vandag `n besondere fees vier!"

[13] Markus gaan so vinnig moontlik verder; alle aanwesiges neem egter deel aan die hemelse vreugde en loof en prys My, Jarah die meeste.

[14] Nadat almal My ruim `n uur lank hemelhoog geprys en geloof het, kom Markus ons uitnooi vir die gereedstaande ontbyt. Baie wil nou egter nog langer op die berg bly.

[15] Maar Ek sê toe aan almal: "Benede by die tafels wat buite staan, sal julle dieselfde oggend as hier bo-op die berg vind; met die klein entjie na onder sal julle daarvan geniet en benede sal julle daar dubbel daarvan geniet! Ons liggame moet weer kragte opdoen en daarom moet ons vinnig na benede aan tafel gaan!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205