Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 171

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Simon lê sommige verse van Hooglied uit

171 Ek sê: "Voortreflik! As Ek jou en julle almal Self die verse van Hooglied met daarnaas, ter vergelyking, My aanmaning op die berg uitgelê sou het, sou Ek selfs heeltemal dieselfde woorde gebruik het. Jy het daarom tot My volle tevredenheid die korrekte uitleg van die goeie saak gegee. Maar omdat jy nou tog al Hooglieduitlêer geword het, sou jy jou miskien aan nog `n paar verse van die eerste hoofstuk kon waag! Of is daar iemand anders onder julle wat dit sou kon doen?"

[2] Almal sê: "Heer, hoewel ons onder die indruk verkeer dat ons dit sou kon doen, kan ons dit tog nie doen nie!"

[3] Simon sê: "O Heer, dit is vir my nou glad geen probleem meer nie; opeens is ek nou baie goed daartoe in staat en verseker op `n volkome korrekte manier!

[4] In `n volgende vers staan: ‘Ek is swart, maar baie lieflik, dogters van Jerusalem, soos die hutte van Kedar, soos die tapyte van Salomo.’ As dit in gewone woorde vertaal word, kan dit tog niks anders beteken nie as: ‘Ek, die Heer, is nou in die wêreld by julle blinde en op velerlei wyse hoogmoedige mense en julle ken My meestal nie en Ek word deur julle leiers van die volk diep verag en tog is Ek vol diepe nederigheid en sagmoedigheid en liefde vir julle, dogters van Jerusalem!’

[5] Wie is die dogters van Jerusalem? Dit is die hoogmoed, die trots, en die heers - en hebsug van die nakomelinge van Abraham; dit is die opgesmukte dogters van Jerusalem, waarvoor egter die veragte, en dus vir hulle swarte, Heer, die eerste mens van alle mense, tog genadig en barmhartig is, en liefliker en meer vol liefde is as die hutte van Kedar, wat daar van buite erbarmlik sleg uitsien, maar wat van binne tog ryklik uitgerus was met allerlei skatte om onder die goeie armes en noodlydendes te verdeel en ook heerliker as die mees waardevolle tapyte van Salomo, wat van buite aan die bokant bestaan uit `n donkergrys, harige stof, maar wat aan die onderkant en van binne bestaan uit die kosbaarste Indiese kant, deurweef met die fynste goud.

[6] Verder staan daar: ‘Kyk my nie so aan omdat ek so swart is nie (voor julle dogters van Jerusalem), want die son (julle wêreldse trots) het my verbrand (voor julle hoogmoedige, wêreldse gesigte)! Die kinders van my moeder is toornig op my.’ Wie anders kan U Moeder in U wees, o Heer, as U Ewige Wysheid, soos wat die Vader in U U Ewige Liefde is?! U Moeder is ook terselfdertyd U ewige orde waarvan die, netsoos U, o Heer, toornige kinders die ewige, oneindige ruimte vul en hul toorn uiter deur die groot wanorde van die kinders van Israel te orden.

[7] Want hierdie heilige orde ‘het die mens as behoedster van die wynberge aangestel’, wat beteken: U wil saam met al U hemelse magte het deur wette hierdie orde aan die mense gegee, sodat die wynberge daardeur, wat die mensegemeenskappe is, binne die hemelse orde sou bly.

[8] ‘Maar my wynberg, wat ek gehad het, het ek nie beskerm nie!’ Dit wil soveel sê as: 'My ewige, Goddelike, ontoeganklike hoogte en diepte het Ek buite die vloed geplaas!'; waarvan hopelik vir elkeen U hoogs toeganklike teenwoordigheid hier tog die sprekendste getuienis gee. U hoogste en ontoeganklikste en stralendste hemele het U verlaat om hier in die diepste nederigheid, dus swart vir die kinders van hierdie aarde, te verskyn en die goeie armes in U kamer in te lei, in die goeie hut van Kedar in. O Heer, sê my nou of ek die twee verse wat U nog daarby verlang het, ook goed beoordeel het!"

[9] Ek sê: "Heel korrek; gee ons daarom by dié vyf ook nog die uitleg van die sesde!"

[10] Simon sê: "U sy ewig my volle liefde en my innigste dank, omdat U, o Heer, vir my, `n jong seun, in U barmhartigheid en liefde waardig ag om hier vir hulle wat U liefhet die verborge geheime te ontsluier wat, sedert hulle geskryf is tot op hede, nog niemand ontsluier het nie! My siel verheug haar uitermate oor hierdie barmhartigheid. Dit wil egter nie sê dat sy daarom hoogmoedig is nie; inteendeel, ek word maar net steeds deemoediger hoe meer Ek U alles en my totale niks, insien en begryp. Maar U, o Heer, weet wel dat ek steeds moeite het met my gevoel vir humor, en die heerlike wyn wakker die neiging nog meer aan en daarom kan ek hier by die gevraagde sesde vers nie nalaat, hoe ernstig dit ook is, om `n bietjie humor toe te voeg nie."

[11] Ek sê: "Sê wat jou hart jou ingee en soos wat jy gewoond is om te praat!"

[12] Simon gaan verder: "As Salomo, of sy met alle wysheid gevulde siel, geleentheid sou gehad het om hier in ons midde te wees, dan sou hy die sesde vers seker nie geskryf het nie, want in die sesde vers sê Salomo: ‘U, wat my siel liefhet, vertel my waar U vertoef, waar U smiddags rus, sodat ek nie hoef te soek by die kudde van U metgeselle nie!’ Want Salomo, en deur hom die siel van sy volk, sou U sekerlik gevind het terwyl U besig was om U skape soggens, smiddags, saans en ook om middernag aan die behoed was; dus altyd besig en nie slegs smiddags rustend nie!

[13] Ek bedoel dat die ewige middag van U rus - die oneindige lang tydsduur waarin U nie soos nou, Self met die mense omgaan nie, maar hulle aan U metgeselle oorgelaat het wat steeds dommer en hoogmoediger geword het - nou verby is, en `n nuwe en ewige lewensmôre het vir ons aangebreek, en wie U herken het, sal U gewis nooit hier en daar gaan soek by U nou baie dom en lui geworde metgeselle nie.

[14] Wat dink U, o Heer: het ek ten minste in die geheel die korrekte betekenis aangeraak?"

[15] Ek sê: "Ondanks die humor, wat jy hier heel paslik ingevoeg het, ook hier volmaak! Omdat ons nou egter gesien het dat ook die Hooglied van Salomo ontsluier kan word en jy, Simon, self heeltemal `n ander mening daaroor gekry het, moet nou ook jou korrigeerder, Gabi, iets ten beste gee. Ek sou graag uit sy mond wou hoor waarom hy so ingenome was met die Hooglied van Salomo sonder om ook maar iets daarvan te verstaan! Gabi, open daarom jou mond, en vertel ons iets daaroor!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205