Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 172

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Gabi beken sy domheid en ydelheid

172 Gabi staan op, maak `n diep buiging en sê dan met `n uiters bewende stem wat selfs die Romeine, wat andersins baie ernstig was, `n bietjie laat glimlag: "O Majesteit en Heer! Ek was nooit op roem uit gewees nie, want daar het ek nooit voor gevoel nie en daarom soek ek ook hier des te minder roem en ek wil eintlik my hele lewe lank al nie beroemd gewees het nie en omdat ek geen roem soek en wil hê nie, sê ek liewer niks nie en hou ek my mond! Ek is nou dan ook al klaar met wat ek te sê het!"

[2] Onwillekeurig sê Simon toe: "Aha, wat is dit nou? Andersins praat jy graag heelwat. Orals wil jy jou voordoen as belangrikste spreker en was jy glad nie afkerig daarvan om geroem te word nie?! Merkwaardig!"

[3] Gabi sê: "Ek doen wat ek doen en daar hoef jy jou glad nie oor te bekommer nie! Van mens tot mens is praat maklik, maar hier is God en hier is engele aanwesig en dan moet `n menslike stem nie te vrypostig word nie, maar heel deemoedig en beskeie swyg! Ek heet Gabi, die stille en nie Simon, die vrypostige nie!"

[4] Glimlaggend sê Cyrenius: "Aha, hinc illae lacrimae! (Vandaar die trane) Kyk, kyk, die jong man soek geen roem nie, maar skyn tog baie verontwaardig te wees omdat sy metgesel, Simon, met die uitleg van Hooglied, o Heer, U welgevalle verwerf het! Waarlik, dit geval my glad nie van Gabi nie!"

[5] Selfs Jarah sê: "My geval dit ook nie! Want vir my gee dit maar net baie vreugde as ek merk dat by iemand die liefde en barmhartigheid van die Heer hom in sy siel wonderbaarlik begin openbaar; maar die lafhartigheid van `n siel is weersinwekkend. Wie deur die Heer uitgenooi word om te praat, maar nie wil nie, moontlik uit valse skaamte en dan sê dat hy geen roem soek nie, lieg teenoor homself en alle ander, en lieg is iets baie leliks!"

[6] Dan sê Simon weer: "Staan op en regverdig jou gedrag en gee die Heer antwoord op Sy heilige vraag!"

[7] Toe staan Gabi weer op en vra om verontskuldiging omdat hy so pas so dom met die Heer gepraat het. As die Heer dit nog sou verlang, wil hy nou antwoord.

[8] Ek sê: "Wel, praat! Want Ek het die vraag wat Ek tot jou gerig het nog lank nie as ongeldig teruggetrek nie; inteendeel wag ons almal nog op `n beskeie antwoord van jou! Praat dus en vertel wat jy weet!"

[9] Gabi sê: "Omdat vir my die vraag gestel word waarom ek, ondanks dat ek dit ook nie begryp nie, `n liefhebber van die Hooglied van Salomo is, wil ek die rede van hierdie liefhebbery van my hier wel openlik vertel, hoewel ek ten slotte self na waarheid moet beken dat ek eintlik glad geen rede daarvoor het nie, dit wil sê, ek bedoel geen goeie rede nie, as ek oor `n rede praat. Want iets wat dom en in wese sleg is, kan nooit gesien word as die eintlike rede vir `n bepaalde gedrag nie, omdat iets wat sleg is uit pure sand bestaan, wat nooit kan dien as stewige grond vir `n huis nie, geestelik of natuurlik geneem. Wel, wat was dan die eintlike, oorspronklike rede vir my liefhebbery met betrekking tot die ‘Hooglied van Salomo’? Niks anders nie as, soos wat ek dit nou sien, verborge groot domheid en ydelheid!

[10] Ek wou nie net by my kollegas nie, maar ook by alle ander mense deurgaan vir `n wyse man, goed onderlê in die Skrif en daarom het ek uit die hele Skrif juis dít as lieflingstudie verkies waarvan ek die oortuiging gehad het dat dit deur die hele skare skrifgeleerdes, net so min as deur myself, verstaan word. Ek was egter baie skrander en lyk vir die skyn heel verstandig, ernstig en wys.

[11] Dikwels vra mense my, as die mense my met `n bedrieglik opgewekte gesig sien lees in Hooglied, of ek dan werklik die onontwarbare mistiek van die lied verstaan. My antwoord lui heel kort: ‘Watter dwaas lees dan voortdurend dinge wat hy onmoontlik kan verstaan? As ek die verhewe mistiek van die lied nie verstaan nie, sou ek tog wel `n dwaas wees om dit te lees en sou die gelese gedeelte, as ek dit netsoos julle nie sou verstaan nie, my innerlik ontroer?!’ Mense dring by my aan, mense besweer my, ja mense bedreig my om tog in elk geval my insig aan die hoëpriester mee te deel. Maar dit help almal niks, want ek was goed in die versin van allerlei uitvlugte en verontskuldigings, en ek was daarom deur niks te beweeg om iets van my geheime te verraai nie, wat des te makliker was omdat ek ook geen sulke geheime gehad het nie.

[12] Slegs Simon, as my intiemste vriend, het geweet, maar slegs ten dele, hoe dit met my Salomoniese wysheid daar uitgesien het. Hy hou my dit dikwels voor en toon vir my aan dat ek met die Hooglied van Salomo òf myself òf die wêreld vir die gek hou. ‘Want’, sê hy dikwels vir my, ‘dink jy miskien dat jy, terwyl jou orige kennis en ervaring in alles beperk is, die Hooglied sal verstaan omdat jy dit so moeisaam uit jou kop geleer het?!' Maar ek probeer dit hom tog half te laat glo deur te sê dat ek juis `n voorliefde het vir die diepste, onduidelikste en mees duistere geheime, omdat ek my voorstel dat daaragter iets ontsettend belangriks skuil. Uiteindelik neem Simon dit tog van my aan, maar dit was `n geweldige vergissing van hom. Want innerlik was ek `n vyand van die wysheid van Salomo, wat hom uiteindelik tot afgodedienaar gemaak het.

[13] Nou wil ek weliswaar niemand meer bedrieg nie, maar ek wil my nou ook weer nie onnodig blootstel nie as iemand wat voorheen probeer het om die mense te bedrieg ten einde, eerlik gesê, ooit `n egte Fariseër te word, wat gesien my strewe wat slegs drie dae gelede opgegee is, beslis nie gering was nie; want hoe meer skrander en verfynder `n Fariseër is, hoe groter aansien het hy nou by die tempel.

[14] Ek wou eintlik tog al nie meer aan die hele dom geskiedenis dink nie en dit heel stilletjies heeltemal laat val het; maar omdat U, o Heer, my nou versoek het om die hele verhaal te vertel, het ek dit nou ook na waarheid gedoen en nou weet iedereen hoe dit daar met my staan en hoe dit daar nou met my is. Ek was in hierdie geval wel heel eiesinnig en daar was met my nie veel uit te rig nie; maar nou is ek volmaak in orde, herken die enigste ware lig van alle lewe, en sal ook nooit weer probeer om iemand te bedrieg nie.

[15] Indien ek my nou in teenwoordigheid van die Heer enigsins onvanpas gedra het, dan vra ek eers aan U, o Majesteit en Heer, soos ook aan al U vriende groot en klein, uit die diepste van my hart om vergifnis! Want ek wou deur my aanvanklike swye immers niemand nadeel berokken nie, maar slegs `n bietjie my ou skande verberg. Dít kon egter hier voor U heilige, alsiende oog nie meer deurgaan nie, en daarom het ek dan laat sien hoe ek was en hoe ek nou is. Daarmee is ek egter ook met wat ek ten nadele van myself te sê het, heeltemal klaar en van meer weet ek nie."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205