Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 174

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Simon se mening oor die Heer

174 Simon sê: "O Heer, dít is eenvoudig en gou gedoen! U is geestelik die Seun van God, en vir ons hier is U God en Mens tegelyk. U is uit Uself die enigste in die hemel asook op hierdie aarde. Niemand in die hele oneindigheid is aan U gelyk nie! `n Engel maak hom nooit ondergeskik aan die wil van `n mens nie, maar as U hom ook maar die minste teken gee, voer hy in `n skaars denkbaar vinnige oomblik U wil uit. Wat U wil, gebeur sonder meer; `n woord wat deur U uitgespreek is, is `n uitgevoerde daad!

[2] U oog deurskou in één oomblik die hele geestelike en materiële skepping. Die geheimste gedagtes van die engele ken U so goed asof U dit Self gedink het en wat ons armsalige sterwelinge hóé verborge dink, sien U helderder as wat ons hierdie stralende son sien, ook al straal hy hóé heerlik. U ken alles wat die see in haar diepste dieptes verborge hou, U ken die aantal sandkorrels in die see, dié van die sterre en wat hulle bevat en dra en U ken die getal van die gras op die aarde, dié van die kruie en plante, die struike, die bome en van die geeste in die hele eindelose ruimte beter as ek die getal één ken! Omdat ek dit nie net uiters lewend glo nie, maar ook baie seker weet, kan dit tog nie moeilik wees om nou te sê: ‘Heer, hierdie mening huldig ek diep in my hart oor U, vir sover ek U nou vir hierdie drie dae leer ken het! Ek sou skaars weet wat ek anders nog sou kon sê!"

[3] Ek sê: "Maar julle is nou tog al meer as drie dae by My! Waarom praat jy dan alleenlik maar net oor drie dae?"

[4] Simon sê: "Heer, wat gaan die drie aardse dae my aan? Ek tel alleenlik maar die drie geestelike dae van die kennis; dit is ten eerste, die ware kennis van die materie, ten tweede die kennis van die wese van die siele en ten derde die kennis van die suiwer geestelike. Dít is die drie ware lewensdae wat ons by U is!"

[5] Ek sê: "Ag, dit is natuurlik heelwat anders! Daaroor is Ek ook heeltemal tevrede met jou , want in vergelyking is jy nou baie goed tuis, maar met jou innerlike selfkennis is dit nog nie heeltemal die geval nie! En daarom stam ook die beoordeling wat jy oor My ten beste gegee het, nie heeltemal uit jou diepste innerlike nie; daar sit nog iets en dit moet jy tog ook uitspreek! Dit is weliswaar `n baie klein saadjie van `n twyfel oor My wat net by tye na vore kom, maar hierdie saadjie moet ook uit jou verwyder word, anders begin dit oor `n rukkie ontkiem, en kan dan in jou hart uitgroei tot `n bos vol duistere twyfel, wat dan moeilik te verdelg en uit te roei sou wees! Kyk maar eers goed diep in jou hart, dan sal jy die bose twyfelsaadjie wel vind!"

[6] Simon kyk My en ook alle ander tafelgenote ietwat verbluf aan, dink oor homself na en sê na `n rukkie: "Heer, voorwaar, ek kan soek soos ek maar wil, maar ek vind tog so te sê niks nie! Want alle opduikende twyfel oor U, ook al is dit hóé gering, laat ek oombliklik in rook opgaan en daar kan nou beslis geen twyfel meer opkom nie!"

[7] Ek sê: "En tog, en tog, - dink net na, jy sal dit wel vind!"

[8] Simon sê: "Heer, U maak dat ek bang word vir myself! Is ek miskien heel verborge `n monster? Ek kan doen en dink wat ek maar wil, maar ek vind tog in die verste verte niks wat sou kon lyk na wat U, o Heer, wil wat in my is nie. Waarin en op welke wyse sou ek dan nou nog enige twyfel, of ten minste, `n aanleiding daartoe, kon hê?"

[9] Ek sê: "Maar vriend Simon, kyk My eers aan! Sien Ek dan werklik so op straf belus en wraaksugtig daar uit dat jy daarvoor terugdeins om wat jy al so te sê op die punt van jou tong gehad het, nou hardop en openlik uit te spreek?"

[10] Toe Ek dit sê, skrik Simon sigbaar en sê: "Maar Heer! Moet dan ook dié kleinigheid, waarvan ek dit alleen maar onvanpas vind om dit hardop uit te spreek, ook hardop gesê word?

[11] `n Mens kan immers soveel dink; ja, hy het selfs eintlik nie eers `n greep op sy gedagtes nie! `n Gedagte word êrens vandaan in my hart geblaas en bly dan dikwels `n tydjie hang; ten slotte vervaag dit en dan herinner ek my dit byna nooit weer daaraan nie. En so kan hierdie geringe gedagte van twyfel ook wel êrens vandaan my hart binnegevlieg het en ek het dit gedink maar ook dadelik weer verwerp, omdat ek immers duisende oortuigende bewyse daarteen in my kop en hart dra. Bowendien vind ek dit in alle erns ietwat onvanpas om hierdie gedagte hardop uit te spreek. As U, o Heer, egter beslis daarop staan, dan sal ek dit ook graag uitspreek. Beste, troue vriende van die Heer, neem egter van my aan dat ek dit nou alreeds heeltemal verwerp het!

[12] Die gedagte is egter die volgende: Omdat ek nou al sedert my aanwesigheid hier altyd die buitengewoon vroulike en baie lieflike meisie aan die sy van die Heer sien, kom werklik heeltemal vanself die belaglike gedagte by my op of die Heer dalk ook op `n vrou verlief sou kon wees, ten minste so lank Hy op hierdie aarde ook in `n fisiese liggaam rondwandel! Maar wat sou jy in daardie geval dan moet dink van Sy volkome suiwer geestelike bestaan? God kan weliswaar al Sy skepsels baie suiwer liefhê, maar of Hy nogal spesifiek `n uiters aantreklike, mooi meisie nou op aarde ook seksueel kan liefhê - dié vraag was vir my verstand bietjie moeilik om met `n ja of nee te beantwoord, hoewel ek my in my hart toeroep: 'By U kan elke liefde alleen maar in die hoogste graad suiwer wees, ook een wat ons as mense onder mekaar volkome onrein sou noem!’

[13] Heer, dit is nou wat U my wou laat sê! Maar nou is ek gewis klaar met alle saadjies en kiemetjies, en U, o Heer, mag daar nou van maak wat U wil! Of sien U Goddelike, alsiende oog nog iets in my? Mag daar nog êrens iets sit op `n plek waar ek nie kyk nie, wys, o Heer, my dan asseblief daarop, dan sal ek nou dadelik, sonder om te huiwer, daarmee vorendag kom!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205