Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die leer van die Galilese profeet

18 Cyrenius sê: "Vriend, ek sien gewis hoe omsigtig en slim jy is. Herodus het in jou `n verdediger gevind wat nie in die hele Judea sy gelyke het nie! Nou is jy weliswaar nie meer Herodiaans nie, maar Romeins en jy hoef nooit weer vir Herodus se sake op te kom nie, maar slegs vir dié van ons, en wel vír ons. Daarom mag jy nou al baie meer weet van wat homself op hierdie plek aan die see gekonsentreer het en die rede daarvoor! Maar vertel my nou eers - wat sou jy doen as die groot Galilese Profeet nou skielik êrens vandaan sou kom!"

[2] Zinka sê: "Ek?! - Glad niks nie, ek sou Hom niks in die weg lê nie! Ek sou wel `n onderhoud met Hom wou hê om te sien of Johannes wel gelyk gehad het deur te sê dat hy nie eers waardig was om Sy skoenrieme los te maak nie! Johannes was `n baie wyse profeet en hy was meer verlig as al die ou profete saam. Wel, as Johannes dan so `n getuienis gee oor hierdie Jesus uit Nasaret, hoe groot, hoe wys en hoe magtig moet Hy dan nie wees nie!

[3] Weet u, geëerde vriend, as ek werklik vir Jesus êrens sou wou gevange geneem het - al was dit maar vir die skyn - dan sou ek dit al lankal kon gedoen het, want eintlik weet ek tog meeste van die tyd goed waar Jesus Homself bevind! Maar dit gaan by my regtig nie daaroor nie en, eerlik gesê - ek het `n vreemde angs vir hierdie Man! Want volgens alles wat ek van Hom gehoor het - en dit van geloofwaardige getuies, selfs van Samaritane, moet Hy byna heeltemal `n volkome godheid wees - of `n geslepe towenaar uit die oud-Egiptiese skool! Ek sou daarom in geen enkele opsig iets spesifiek met Hom te doen wil hê nie, want dan sou ek tog sekerlik aan die kortste end trek. Voorwaar, wat my betref sou ek Hom slegs wou sien en spreek, maar dan slegs onder vreedsame omstandighede en in die verste verte nie gekleed as geregsdienaar nie!"

[4] Toe rig Ek Self die woord tot Zinka en sê: "Beste vriend, Ek ken Jesus van Násaret net so goed soos wat Ek Myself ken, maar ek kan oor Hom slegs sê dat Hy van geen mens `n vyand is nie, maar `n weldoener van almal wat na Hom toe kom en hulp by Hom soek. Hy is wel `n vyand van die sonde, maar nie van die sondaar wat berou het oor sy sonde en nederig terugkeer na die goeie nie. Hy het nog geen mens bereg of veroordeel nie, ook al sou hulle meer sondes begaan het as wat daar sandkorrels in die see en grasspriette op aarde is.

[5] Sy leer bestaan kortliks daarin dat die mens God moet erken en Hom bo alles moet liefhê, en dat hy sy medemens, wat of wie hierdie ookal mag wees, hoog of laag, arm of ryk, man of vrou, jonk of oud, ewe lief moet hê as homself. Wie dit altyd sal doen en die sonde sal vermy, sal weldra in homself gewaarword dat dié leer waaragtig uit God is, en nie afkomstig is uit die mond van `n mens nie, maar uit die mond van God. Want geen mens kan weet wat hy moet doen om die ewige lewe te verkry, en waaruit dit bestaan nie. Dit weet slegs God en later ook hy wat dit uit God se mond verneem het.

[6] Hy leer ook dat alle mense wat die ewige lewe wil bereik, deur God onderrig moet word. Hulle wat slegs van mense hoor wat hulle moet doen, is nog ver van die ryk van God af. Hulle hoor wel die woorde wat afkomstig is van `n sterflike tong, maar so sterflik soos die tong is wat die woorde spreek, so sterflik is dan ook die woord in die mens wat dit gehoor het. Hy slaan geen ag daarop nie en bring dit nie deur die daad tot lewe nie. Maar die woord wat uit God se mond kom, is nie dood nie, maar lewend. Dit spoor die hart en die wil van die mens aan tot die daad en maak daardeur die hele mens lewend.

[7] As die mens egter eenmaal deur die Woord van God lewend geword het, bly hy lewend en vir ewig vry, en hy sal geen dood ooit meer voel of smaak nie - ook al sou hy liggaamlik wel duisendmaal sterwe!

[8] Kyk vriend, dit is so heel in kort die kern van die leer van die groot profeet uit Nasaret! - Sê eers vir ons hoe dit jou beval en wat jy onder die omstandighede van die groot profeet dink!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205