Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 183

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die vloek van die oerbeskawing van die Egiptenare

183 Oubratouvishar:) "Heeltemal vry voor hierdie paleis staan twee reusagtige groot suile (obeliske), wat aan alle kante volgeskryf is met allerlei tekens, figure en letters; ook voor die groot suilesaal is twee soortgelyke suile geplaas.

[2] Skugter gaan ons die huis van die owerste binne en moes `n entjie loop voor ons in sy woonvertrek kom. Ag, daarin sien dit so wonderbaarlik mooi daar uit dat hoor en sien vir my letterlik vergaan.

[3] Ek vergelyk by myself my armsalige hut tuis met hierdie woning en sê aan myself: ‘Waarom weet en ken ons swartes eintlik so wonderlik min? Waarom kan ons nie sulke bouwerke oprig nie? Waarom kan ons nog steeds geen metaal produseer nie? Ons het nog steeds geen ander snywerktuie as dié wat ons by die Egiptenare vir ons ruwe natuurprodukte geruil het nie! Hoe armsalig is ons geweefde toue, en hoe sleg spin ons! By ons vind jy geen gees, geen talent, geen ywer nie; ons staan skaars op `n hoër vlak as ons ape!'

[4] Toe ek my verloor in sulke gedagtes, breek my hart en ek moes huil en daarby sê ek hardop: ‘O, waarom is ons swartes dan nie geheel en al diere nie, wat nie kan dink en ook niks kan voel nie?! Watter pragtige dinge kan die egte mense, hierdie ware aardse gode, skep, en ons kan niks daarmee vergelyk nie, ons swart halfmense en halfdiere! En tog maak al dié pragtige dinge wat die egte mense geskape het so `n magtige indruk op ons!’

[5] Toe sê die owerste aan my: ‘Trek dit jou nie te veel aan nie! Ons het reeds grysaards geword wat aan al hierdie pragtige dinge geen vreugde meer kan beleef nie omdat ons onsself reeds oorleef het. Julle is egter nog kinders vol krag en vol altyd meer ontwakende ywer. Ons lewens is alreeds opgebruik vir hierdie wêreld, ons krone lê verwelk in die graf van die vergetelheid, ons paleise stort ineen en ons huidige wetenskap en kennis is slegter as sleg. Ons het hier nog maar min smede en wewers; in al ons tegniese behoeftes moet ons deur Rome of deur Griekeland voorsien word.

[6] Ja, eens, `n paar duisend jaar gelede, het hier in hierdie land inderdaad meer gode as mense gewoon, wat werke opgerig het waarvan die oorblyfsels nog die verbasing sal wek van die laaste nakomelinge op hierdie aarde! Maar wat ons nou voortbring, lyk slegs maar na vernietiging, sowel wat materie betref as die siel. Maar julle is nog `n onbedorwe, ongerepte en jeugdige, kragtige volk, julle kan dink en wil, en kan daarom al gou groter word in julle werke as wat die volke van dié land ooit was.

[7] Wil julle as mense egter werklik gelukkig lewe op hierdie aarde, bly dan by julle ou eenvoud! Ten eerste kos dit julle weinig moeite en werk, ten tweede het julle maar baie geringe natuurlike behoeftes waarin julle maklik kan voorsien. Die veeteelt op julle ryk bergweivelde besorg julle weinig werk en sorg, en die akkerbou, wat julle maar baie min bedryf, is tog al te verwaarloos; ook julle kleding is eenvoudig en maklik te vervaardig. Julle hoef daarom maar baie min tyd te bestee aan julle natuurlike behoeftes, en daarom kan julle jul meer en uitsluitlik besighou met geestelike beskouings! En kyk, dit is baie meer werd as om ten koste van honderdduisend maal honderdduisend menselewens met bloedige sweet sulke paleise te bou, sodat die onverwoesbare tand van die tyd duisende jare voldoende het om daaraan te knaag!

[8] En wat is uiteindelik so `n kunstig oormekaar gelegde hoop klippe vergeleke met `n enkele grashalm wat deur die groot gees van God gebou word? Ek sê vir jou: heeltemal niks nie! Elke grashalm, elke boom is `n gebou van God, groei uit die liewe aarde sonder ons moeite en arbeid, en in `n kort tydjie verkwik hy ons smaak met sy soete vrug. Hoeveel moeite en verskriklik baie werk kos so `n paleis egter die mens! En wat het hulle daarna, as hulle werk na talle bloedige jare voltooi is? Niks behalwe miserabele voeding vir hul hoogmoed, opwekking van naywer by vreemde volke en na verloop van tyd, oorlog en allerlei vervolging!

[9] Waarlik, my beste swart vriend, dít is die miserabele geluk van `n volk wat so dom is om met sulke dooie paleise sy mooiste en vrugbaarste weiding te bedek, waarop andersins talle honderd duisende vrugbare bome hul edele vrugte in die skoot van die tevrede mense wat in heel eenvoudige hutte woon sou kon laat val het! Kyk, op die plek waar hierdie stad gebou is, sou maklik tienduisend mense tesame met hul talryke kuddes voldoende lewensonderhoud kon vind; nou woon daar weliswaar ook nog omtrent honderdduisend mense binne hierdie beskadigde mure! Maar wat `n lewe lei die meeste!

[10] Eens op `n tyd, so leer die geskiedenis, was hierdie land `n koringskuur waaruit in tye van nood vreemde volke van brood voorsien word; nou moet ons dikwels die koring bekom van lande en volke ver weg! Ons kuddes bevind hulle in `n baie ellendige toestand. Duisende mense in so `n stad werk vanweë hul bietjie goud en silwer glad nie, loop dag in en dag uit en niksdoen, het verkeerde vroue en vermaak hulle daarmee dikwels op die laagste, dierlikste manier; dit veroorsaak altyd baie siektes - iets wat julle glad nie ken nie. Oordag, solank die son skyn, sal julle hierdie stad heeltemal ontvolk aantref; eers wanneer die koeler nag aangebreek het kom hulle soos roofdiere uit hul kunsmatige, kliphole en vermaak hulle met alles waar hulle maar sin in het. En kyk, eenvoudige seun van die suiwere natuur, dít is die seëninge wat die mense ontvang van hul magtige klipkultuur!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205