Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 188

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Oordrewe nederigheid

188 Nadat die Swarte hierdie waardige woorde tot sy metgeselle gespreek het, roep Ek die aanvoerder en vra hom of hy en sy metgeselle dalk honger en dors het en as dit so is, wat hulle dan wel te eet en te drink wil hê. Want reise oor see verg baie van die liggaam en hulle sou sekerlik behoefte hê aan eet en drink en daarom hoef hulle dit nou maar net te sê, dan sou daar dadelik aan hul wense voldoen word!

[2] Oubratouvishar sê: "O, wat `n barmhartigheid! U, Alles in alles, vra aan `n ellendige erdwurm of hy sy wense wil uiter voor U, mees verhewe, ewige Gees! Maar die wurm, wat voor U in die stof van absolute nietigheid kronkel, durf deur sy oorgrote eerbied vir U Goddelikheid geen woord te uiter nie, om nie maar al te maklik deur `n ongeleë woord vir U, ewige Allerheiligste, te mishaag en daarna deur U met toornige oë aangesien te word nie. Ons het uit Egipte nog enkele sakke vol gedroogde vye en dadels en ook bietjie dubbel gebakte brood wat, indien ons baie matig is, wel voldoende sal wees vir ons kort verblyf hier! Daarom bring ek U met die dankbaarste en roumoedigste hart my weinig of ook wel heeltemal niksseggende dank vir die oorgrote barmhartigheid wat U aan ons wil bewys!"

[3] Ek sê: "Ja vriend, as jy steeds dié ontsettende en meer as driekwart oorbodige eerbied vir My aan die dag wil lê, sal dit vir Myself skaars moontlik wees om vir jou enige lig saam te gee na jou vaderland! Verder doen jy My as Skepper beslis geen groot, groot eer aan as jy jouself, terwyl jy tog sigbaar My werk is, heeltemal niks werd ag en ver benede die waarde plaas van `n wurm wat hom kronkel in die stof van alle nietigheid nie! Want deur dié geringskatting van jouself voor My, jou Skepper, haal jy tog ook Die Een, wat jou uit Sy hoogste Wysheid en Liefde geskape en gevorm het, baie merkwaardig na benede!

[4] Kyk, wanneer iemand aan jou `n kunswerk toon wat deur hom gemaak is en jy dit dan vir jouself van hom koop omdat dit jou baie goed geval, doen jy dan die wyse kunstenaar eer aan as jy al sy ander werke en bowe al die kunstenaar self roem, maar vir daardie ewe mooi werk, wat jy van hom gekoop het, omdat dit nou joune is, net maar die mees foutvinderigste woorde kan vind?

[5] Kyk, dié soort nederigheid voor My is daarom beslis nie wys nie, maar kinderagtig en dwaas! Want as jy jouself vir te sleg en waardeloos hou, sê jy My daarmee immers goed verstaanbaar in My gesig dat Ek met My hele skepping `n armsalige knoeier is.

[6] A, as jy egter tereg My waarde ook in jouself erken en jouself nie te oneindig gering, armsalig en sleg vind om met My oor verskillende sake te praat nie, dan eer jy My in jouself en herken jy My Goddelike voortreflikheid ook op jou eie grond en bodem en so kan jy uit My teenwoordigheid daardie ware en eg sinvolle haal waarvoor jy eintlik hierheen gereis het. Verder is dié oorgrote verootmoediging voor My van jou kant geen sonde teenoor My nie, want dit vind sy oorsprong in die aartsvrome opvoeding wat jy van kinds af aan gekry het.

[7] Maar nou het jy ook in dié opsig `n korrekte insig gekry; want met die opvattings wat jy gehad het sou ons twee niks kon bereik het nie, omdat jy aldeur `n onbegrensde, vrome eerbied vir My sou gehad het en dit sou jou genoodsaak het om hierdie plek, wat vir jou vrome gevoel te onverdraaglik gewyd is, maar net so vinnig moontlik te verlaat om dan in Memphis en vervolgens tuis oor My gewydheid wat vir jou onverdraaglik was, enorm baie buitengewone dinge te vertel! En dít sou dan die hele opbrengs wees van wat jy hiervandaan vir jouself, jou volk en die nakomelinge van jou volk sou gehaal het! Sou jy wel daarmee tevrede gewees het?

[8] Beslis nie! Want op `n helderder oomblik in jou lewe sou jy tog wel hardop aan jouself moes sê: ‘Ja, wat is dit dan nou?! Het ek die ver en moeilike reis dan maar net onderneem om op die plek van bestemming, wat met soveel moeite gevind is, van louter eerbied onafgebroke byna wanhopig te moes raak? Nee, so `n vreeslike verrukking en saligheid sal ek verseker in my hele lewe nie weer wou deurmaak nie!’ Kyk, dít sou jou reis hierheen uiteindelik opgelewer het!

[9] Daarom is dit nou dan ook noodsaaklik om jou verstand `n bietjie te gebruik en te bedink wat onder bepaalde lewensomstandighede waar en billik is, dan sal jy orals goed en eerlik slaag en altyd vir die lewe lewendige nut kan put. Dus, weg met jou oordrewe eerbied vir My! Jy moet My liefhê met alle mag as jou Skepper, Vader, Majesteit en Heer en jy moet ook jou broers liefhê soos jouself, dan doen jy meer as genoeg! En as jy met My praat, noem My dan heel eenvoudig Majesteit en Heer, wat Ek ook is, maar al die ander is hier lankal nie meer op hulle plek nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205