Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 194

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Oubratouvishar en Jesus

194 (Oubratouvishar:) "Eers tuis in ons warm land kry ek die visioene! Ek vertel julle dit presies soos wat hulle my deur die duidelike barmhartigheid van die Allerhoogste Gees ten dele geval het en daarby julle die grootste vreugde, sodat julle daarna sal rondspring soos jong lammers op die weiveld. Hoe opgewek en vrolik julle ookal daarby was, tog het julle my in julle harte beny, wat baie edel was, omdat die begeerte ook in julle steeds sterker geword het om ook sulke visioene te kry. Toe ek met die groep van twintig metgeselle hierheen op reis gaan nadat ek sewe maal geheime, innerlike instruksies gekry het, kon julle dit tuis skaars `n halwe dag sonder my uithou. Julle reis agterna en het my hier op wonderbaarlike wyse ingehaal.

[2] Nou is ons op die mees heilige plek van my visioenêre opdrag en hier is oneindig veel meer as Memphis, Karnag by Korak en die grootste tempel in die wêreld, Ja-bu-sim-bil, oneindig veel meer as die uiters geheimsinnige Isis beeld! Want kyk daar - aan die groot tafel! Daar in die middel, geklee in `n roosrooi kleed met daaroor `n blou, geplooide mantel sit, met oor sy skouers weelderig golwende goudblonde hare, nie slegs geestelik nie maar ook liggaamlik die Allerhoogste, Goddelike Wese - die allerlewendigste beeld van die onthulde I-sis!

[3] Toe die owerste ons die liefde tot die oneindige Goddelike Wese op die hart druk, voel ons dat die klein mensehart glad nie in staat is tot so `n liefde nie. Ons dink toe en sê dan ook dat ons wel die een of ander persoonlikheid wat die Goddelike Gees in sy volheid sou dra, baie goed bo alles sou kon liefhê, maar dat `n te oneindige Goddelikheid, die deur die Gees van God vervulde oneindigheid, as iets wat nie aan te raak is, nie liefgehad kon word nie tensy die liefde tot so `n oneindig Goddelike Wese sou bestaan uit die gevoel van die te klein, nietige mens deur die te eindelose, Oergoddelike alomteenwoordigheid.

[4] Hoe het die getuienis van die owerste ons verkwik, waaruit na vore gekom het dat Moshé ten slotte tog nog die rug van die oerewige Godheid gesien het, ook al het sy gesig deur die onbeskryflike hoogste lig sewe jaar lank soveel lig uitgestraal dat geen mens daarna kon kyk sonder om verblind te word nie, sodat die wyse daarom gedurende dié lang tyd sy gesig met `n driedubbele doek bedek moes hou. O, hierdie verhaal van die owerste het ons baie verkwik, omdat ons daardeur onsself die moontlikheid van `n God as persoonlike wese begin voorstel het! Sedertdien het ons begin om die Allerhoogste God eers lief te hê en as gevolg van dié liefde het ek dan ook ongetwyfeld my sewe visioene gekry as uitnodiging om hierheen te kom, waarsonder ons andersins nooit hierheen sou gekom het nie.

[5] Ons het nou die Allerhoogste God persoonlik voor ons en Hy dra ons vir ons vervolmaking niks anders op nie as om Hom lief te hê bo alles en mekaar soos wat almal van ons onsself noodsaaklikerwys liefhet!

[6] Beste broers en susters, wat sê julle almal nou oor dit alles? Wat voel julle nou en welke gedagtes vervul julle harte nou? O, praat nou en aanbid die mees heilige, ewige Oergees, die God vir wie byna geen sterfling tot op hede kon voorstel nie! Praat, praat! Wat dink en voel julle nou? Hoe is julle gemoedsgesteldheid?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205