Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 204

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die sterrebeelde op die vierde pêrel

204 Die engel neem dit behoedsaam in sy hand en haal die kors af.

[2] Toe vra die aanvoerder aan die engel: "O wonderbaarlike jongman, diensbare Vinger van die Allerhoogste, wees nie kwaad as ek jou selfs tussendeur lastig val met `n vraag nie! Kyk, ek snap nie dat jy met al jou wonderbaarlike mag die hamer gebruik nie! Het jy dit absoluut nodig, of gebruik jy dit maar net om vir ons ietwat mensliker te lyk sodat ons dan met minder angs en rustiger na jou kan kyk en luister!"

[3] Die engel sê: "Niks van beide nie, - ek doen dit enkel en alleen om julle te laat sien hoe julle sulke klippe in soortgelyke gevalle moet behandel om hulle te onthul! Gestel dat jy êrens weer `n paar vind, want veral in Opper- en Middel-Egipte is daar baie sulke klippe wat met `n kors omgeef is, veral baie verspreid in die woestyne; weliswaar sal daar nog maar weinig van sulke pêrels by wees. Maar ook die ander klippe is voorsien van allerlei tekens, tekste en afbeeldings, want die ou Egiptenare het nog lank geen papier besit om op te skryf nie. Daarom was, veral in die begin, die oppervlak van klippe gebruik om allerlei dinge ter herinnering in te graveer, eerste met been, en later met ystergriffels.

[4] Die allereerste aantekeninge beeld sekerlik weinig anders uit as baie eenvoudige gebeurtenisse van hul kuddes; maar die lateres het al, soos hierdie pêrels, groot en belangrike gebeurtenisse bevat, nie net vir die groot land en volk nie, maar terselfdertyd vir die hele aarde. Want die Heer wou gehad dat dié land `n deeglike voorbereidende skool voor Sy koms op aarde sou wees, wat ook die rede was waarom Hy Sy, na aan die hart liggende, uitverkore volk van die Hebreërs in Egipte `n langdurige leerskool laat deurloop het. En Moses, die groot profeet van JaHWeH, het in die horing van die Kahi (Kahiro), in Thebe (Thebai, ook Thebsai= huis van die dwase, later `n behoorlike groot, digbevolkte stad), in Karnag by Korak en in die oudste stede Memphis, Diathira (Dia daira= Plek van die herediens) en in Elephantine (God ei fanti= die nakomelinge van die kinders van God) sy skole deurloop en was deur die Gees van God vir sy hoogste wyding eers op `n leeftyd van sewe-en-vyftig jaar by Madan oor die Suez gelei, toe hy gevlug het vir `n wrede Varion (Farao), van waar af jy die vervolg van sy geskiedenis kan lees in die Skrif.

[5] Kortom, Egipte was dus deur God aangewys as voorbereidende skool en die bewoners van die langste bewoonde land van die aarde was reeds van ouds af met baie wysheid geseën en het ook noue kontak gehad met bykans alle beskaafde volke van die aarde. Nou sal julle ook verstaan waarom alles wat `n mens in dié land vind, dikwels `n baie diepe betekenis het.

[6] Maar nou weer terug na ons afgeskilde, vierde pêrel!

[7] Ons sien daarop `n aantal afbeeldings van jagters met koker, boog en pyl, en `n groot kudde wat deur leeus omsingel is. Dit beteken `n groot stryd van die Egiptenare met die leeus, wat by tye in groot getalle die vet kuddes van Egipte oorval het.

[8] En kyk, meer regs van die tafereel sien julle die weivelde alreeds ommuur en daarop lê stierkoppe met die horings afwisselend op-, af- en sywaarts gerig, wat almal sê dat die kuddes, voordat die groot weidingsplekke met reusagtige mure omhein was, hulle steeds volkome weerloos in groot gevaar bevind het. In die hoeke van die mure sien jy ook `n groot hond in `n strydvaardige houding staan of lê; die naam wat die ou Egiptenare aan dié waaksame dier gegee het was Pas, ook wel Pastshier (bewaker van die weiveld).

[9] Hier nog verder na regs sien julle weer die herderkoning Shivinz (Sfinks), naas hom `n reusagtige groot hond en voor die hond `n aantal stukke van die leeu. Nog meer na regs egter, meer omhoog, sien ons dieselfde hond met die afbeelding van die son en die maan daaronder. Wat beteken dit?

[10] Luister! Ons Shivinz het as herderkoning werklik een van die grootste honde, waarvoor werklik geen leeu en geen tier veilig was nie, besit. Hierdie hond het vir `n lang tyd die kuddes van die Shivinz bewaak. Toe die hond na verloop van tyd egter van ouderdom gesterf het, neem Shivinz hom voor om uit agting en as nagedagtenis, die dier vir altyd in `n sterrebeeld aan die suidelike hemel te versinnebeeld. Hy het dié sterrebeeld die naam van die groot hond gegee wat jare lank die kudde van die koning getrou bewaak het. Dat die koning sy hond tussen die sterre versinnebeeld het, is te sien aan die feit dat die son en die maan onder die buik van die hond te sien is. Alles wat bo die son en die maan staan, bevind hom sinnebeeldig tussen die sterre, ter nagedagtenis aan iets van groot en belangrike betekenis.

[11] Hedendaags is `n baie groot en waaksame hond - veral in dié land waar bykans geen verskeurende diere voorkom nie - nie van enige buitengewone betekenis nie; maar in die ou Egipte, waar hele troppe verskeurende diere voorgekom het en ten dele nog voorkom, was `n groot, sterk en moedige hond iets wat `n mens uiters nodig gehad het. Want so `n hond was in die eerste plek die betroubaarste bewaker van die kuddes. Sy onderhoud was baie maklik, omdat dié groot honderas hulle gewoonlik gevoed het met die ontelbare aardmuise waaraan die land nog nooit gebrek gehad het nie; ook het hulle daagliks duisende groot sprinkane geëet. Slegs eenmaal per dag het hulle melk gekry, wat gemaak het dat hulle getrou gebly het aan die kudde.

[12] Naas die groot honde het die ou Egiptenare egter ook graag `n kleiner soort hond aangehou; hulle naam was Mal-pas (klein hond). Hulle was die lawaaimakers; Poroshit beteken in die ou taal “teken”- of “lawaaimaker”. As iets vreemd `n huis of `n kudde genader het, het die klein honde begin blaf; trek dan die aandag van die groot honde en hulle begin dan met hulle geweldige geblaf ontsag vir die wilde diere in te boesem, waarop hulle hul dan ook begin terugtrek.

[13] Die klein honde was dikwels ook bewakers van die hoenders en hul kuikens, waarvoor hulle spesiaal afgerig was. Dit alles was `n uitvinding van die Shivinz, wat hierdie voëls eerste in nuttige huisdiere verander het en die Egiptenare laat sien het hoe goed hul vleis gesmaak het en hoe buitengewoon goed hul gebakte en gekookte eiers gesmaak het. So het hulle die inwoners van die groot land geleer om, wat toe reeds baie in getalle toegeneem het, nuwe voedingsmiddele en nuwe kuddes te ken, waarvan die gebraaide vleis en die eiers later eintlik baie goed gesmaak het, - dat daar in die tye daarna `n egte hoenderoorlog uitgebreek nie, wat selfs deur die Griekse geskiedskrywer Herodotus as mites vermeld word.

[14] Ons Shivinz, wat die groot hond verbind het met die uitspansel, het ook die kleintjie `n plek tussen die sterre gegee en het hom die naam Porishion (Prosion) gegee. In sy omgewing vind ons die ou Kokla (kloekhen); later kry die sterrebeeld ook die naam Peleada, ook wel Peleadsa en deur die Grieke kry dit na aanleiding van `n onware Griekse sage die naam Plejaden.

[15] Ook dit sien julle hier heeltemal boaan die pêrel duidelik herkenbaar vermeld en daaruit kan julle uitmaak watter knap brein Shivinz was. Dit het vir hom nie daarom gegaan om deur die maklik herkenbare sterrebeelde steeds sy leerlinge aan sy honde en hoenders te laat dink nie, maar om hulle aan die hand van die sterre die verloop van die tyd te leer ken.

[16] Dit was ook die Shivinz, wat in Diadaira (Diathira) die eerste Sodiacus (Sa diasc= vir die werker) opgestel het, wat hom eerste aan die uitspansel bedink het en die sterrebeelde na aanleiding van gelyktydige verskynsels en gebeurtenisse op die land name gegee het, soos wat ons dit dadelik sal sien wanneer die vyfde pêrel onthul is!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205