Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 205

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die indeling van die tyd op die vyfde pêrel

205 (Rafael:) "Let nou goed op, dit is alreeds die vyfde pêrel! Hoe `n mens soortgelyke gevonde relikwieë uit die oertyd moet gebruik en hoe `n mens hulle eintlik moet ontbloot, het ek julle nou goed laat sien, daarom sal ek die drie wat nog oor is, slegs deur die mag van my wil van hul kors ontdoen en kyk, - daar lê die vyfde pêrel al sigbaar voor ons!

[2] Kyk, hier voor ons staan dadelik al `n Sodiacus van Diathira op die mooiste en grootste vlak van die pêrel geteken! Daar staan `n kolossale tempel; 365 massiewe suile dra `n net so massiewe boog van rooi granietblokke, iets buitengewoon uit boukundige oogpunt gesien en baie deeglik gekonstrueer. Die hoogste deel van die boog is, gemeet vanaf die grond, op 66 manshoogte. Die hele boog bevat presies 365 openinge, wat so presies aangebring is dat gedurende die tyd wat die son hom in `n teken van die diereriem bevind, sy lig presies op die middel van die dag op die middelpunt van een van die regopstaande suile in die middel van die tempel moes val. Die lig deur die ander gate val weliswaar ook op verskillende tye van die dag op die altaar, maar nooit op die middelpunt nie, maar een of meer grade sywaarts.

[3] Hierdie uiters sinvol gekonstrueerde boog bestaan ook nog hedendaags, ook al is hy aangetas deur die tand van tyd en hy sal nog lank bestaan en die sterrekundiges as maatstaf dien.

[4] Julle vra wat dan die eintlike rede was waarom die groot Shivinz hierdie boog, seker met die grootste moeite van die wêreld, gebou het. Voor daardie tyd het daar geen vaste tydsindeling bestaan nie. Die geringe tyd wat `n dag korter of langer geword het, het mense nouliks gemerk. Die maan was nog die mees sekerste en betroubaarste tydsindeler. Maar in Diathira, die stad waar veroordeeldes dwangarbeid moes verrig, moes `n mens sowel gedurende die dag as snags `n bepaalde tydsindeling hê en om hierdie rede en ook om alles meer noukeurig te kan reël, het ons Shivinz dan ook hierdie boog gemaak, maar hy het wel tien volle jare met honderdduisend arbeiders daaraan gewerk.

[5] Die boog was natuurlik baie breed en telkens by 30 of 31 ronde openings met die simbool van een van die twaalf tekens van die diereriem beskilder, terwyl bokant hierdie beskildering, wat gewoonlik rooi was, die betrokke sterregroep baie nougeset in wit aangebring was. Hier op die pêrel sien julle die inwendige van die boog duidelik weergegee met dun lyne, wat later met `n donkerrooi kleur ingevryf is, en jy kan jou nou wel voorstel hoe knap ons Shivinz was en hoe onbegrens die agting was wat die volk van Egipte vir hom gehad het! Die gevolg daarvan was dan ook, dat op `n wenk van hom, honderde duisende mense met al hul energie aan die werk gegaan het en daar `n grootse werk uit die bodem van die aarde tot stand gebring het!

[6] Die verstandigste uit die volk het hy onderwysers en priesters gemaak en hy het orals skole opgerig vir alle moontlike vakke wat nuttig vir die doen en late van die mense was. Die hoogste Godgeleerdheid kon `n mens egter maar net in Karnag by Korak en uiteindelik in Ja-bu-sim-bil, in die geheim deur talle en harde beproewings verkry het.

[7] Toe vra die ou gasheer Markus, terwyl hy die engel tydens sy verduideliking onderbreek: "uiters lieflike vriend, noudat jy tog besig is om `n verklaring oor die pêrels te gee, wil jy ons dan nie ook uitlê wat daar met die merkwaardige sfinks aan die gang is nie, wat as halfvrou en as halfdier die mense steeds om lewe en dood die beroemde raaisel laat raai watter dier soggens op al vier, smiddags op twee, en saans op drie voete loop? Wie die raaisel nie kan oplos nie, word deur die raaiselsfinks gedood; wie dit egter kon oplos, mag die sfinks doodmaak! Is daar feitelik wel iets waar daarvan of nie?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205