Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 206

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die piramiedes, die obeliske en die sfinks

206 Rafael sê: "Kyk, die sesde pêrel sal `n antwoord op jou vraag gee! Hier het jy dit sonder kors; wat sien jy met die eerste oogopslag?"

[2] Markus sê: "Ek sien nogmaals die kolossale ewebeeld van Shivinz en `n aantal piramiedes; voor die grootste staan twee spits suile, obeliske genoem en aan die sye van die groot piramiede, in werklikheid miskien `n paar honderd treë daarvandaan, wat op die afbeelding nouliks vasgestel kan word, is nog `n taamlik kolossale beeld sigbaar. Dit het `n vrouehoof, vroulike hande en `n vroulike, groot bors. Waar die bors ophou, op die plek van die buik, begin `n onduidelike diereliggaam. Agter dié merkwaardige beeld staan `n uitgestrekte, ronde muur wat `n groot weidingsvlakte omsluit. Dit skyn `n geheel te wees wat bymekaar hoort. Wat beteken dit alles?"

[3] Rafael sê: “Die kolossale borsbeeld stel weer die Shivinz voor. Die volk het dit op eie inisiatief en heeltemal op eie koste deur die beste beeldhouers en messelaars laat maak om die groot weldoener te eer. Die groot piramiede met die twee obeliske was `n ‘Mens, ken jouself!’-skoolgebou. Hierin was groot vertrekke en lang gange wat na alle rigtings geloop het en waarin allerlei merkwaardige dinge was, om tot selfkennis te kom en daaruit tot die kennis van die allerhoogste Gees van God. Dit sien soms baie barbaars daaruit, maar hulle mis maar baie selde hul uitwerking. Die ander piramiede is meestal maar net tekens van die onderaardse plekke waar `n aantal sarkofae hulleself bevind waar `n muur oorheen gemessel was, soos wat ons al vroeër gesien het.

[4] Gedurende hierdie tyd was daar egter in die uitgestrekte en baie lang Nyldal nog baie piramiedes en allerlei tempels wat eers baie later onder die Farao’s ten tye van Abraham, Isak en Jakob gebou is; hulle word nie hier bedoel nie, maar net die wat onder Shivinz gebou word.

[5] Piramidai was die eintlike, oorspronklike naam en beteken dieselfde as "Gee my wysheid!”, en beide spits suile dra die naam Oubeloiska, wat “die suiwere soek die verhewene, mooie, reine” beteken. “Belo” beteken eintlik “wit”, maar omdat suiwer wit by die ou Egiptenare gegeld het as teken van die reine, verhewe en skone, het die mens ook die verhewene, reine en mooie daarmee aangedui.

[6] Die goeie resultate van hierdie skole het weldra tot in die verre omtrek bekend geword en daar het baie gou vreemdelinge gekom om sulke skole te besoek en hulle het later soveel geword dat daar geen plek meer vir hulle was om hulle in te bring en te versorg nie. Toe bedink ons Shivinz tydens sy laaste regeringsperiode `n enigsins onheilspellende middel om die vreemdelinge daarvan te weerhou om in te groot getalle, die skole wat deur hom opgerig was, te besoek. En wat was dié middel dan?

[7] Hier op hierdie pêrel sien julle die half-menslike en half-dierlike beeld. Dit was hol en van binne af kon `n mens langs `n wenteltrap in die kop gekom het en deur die mond van die beeld, wat na benede toe tregtervormig uitgehol was, baie hard en goed verstaanbaar gepraat het en weens die harde stem het dit dan ook gelyk asof die kolossale beeld werklik praat.

[8] As daar nou vreemdelinge gekom het om in die skool opgeneem te word, is hulle deur `n dienaar van die beeld vertel dat hulle één vir één op `n bepaalde plek voor die beeld, wat van buite af dood, maar inwendig lewend was, moes gaan staan. Daar het elkeen, wat leerlinge van die piramiede wou word, `n vraag gekry van die verhewe Shivinz, wat beslis het oor lewe of dood en wat bestaan het uit `n raaisel. As die ondervraagde die raaisel kon oplos, was hy opgeneem en het hy dit reggekry om ook aan die beeld `n vraag te stel en in die geval as die beeld hom geen bevredigende antwoord sou kon gee nie, mag hy dit verwoes en sodoende in `n sekere sin vermoor.

[9] Die vraag word egter drie dae tevore reeds aan die klante bekendgemaak, sodat hulle daaroor kon nadink. Op die derde dag, as hulle hierdie selfde vraag uit die mond van die beeld moes kry waarby hul lewe van die regte antwoord sou afhang, het beslis niemand daarop aangedring nie, maar elkeen het hom baie beskeie teruggetrek, die verlangde bedrag betaal vir die vraag wat vooraf verkry is en het teruggereis na hulle eie land, wat dikwels baie ver weg gelê het.

[10] `n Mite uit later tye vertel dat `n Griek daarin geslaag het om die ou raaisel op te los; maar soos honderdduisend ander was dit `n fabel en ontbeer elke grond van waarheid! Want Moses het die beroemde raaisel opgelos, maar tog nie die beeld verwoes nie, sodat ook die beeld, ook al is dit ietwat aangetas deur die tand van tyd, tot vandag toe nog te siene is.

[11] Natuurlik kan die inrigting van die binnekant nie meer teruggevind word nie, omdat dit heeltemal versand en toegeslik is; want die Nyl tree meestal elke honderd, soms ook tweehonderd jaar buitengewoon sterk buite sy oewers, sodat hy in die smaller dale met sy golwe meer as dertig el hoog bokant die normale waterstand kom. Daardeur word daar baie verwoes en onbruikbaar gemaak, omdat daar `n groot hoeveelheid klippe en sand en slik afgesit word op die pragtige velde van voorheen.

[12] Na die tyd van die Shivinz was daar twee oorstromings van die Nyl gewees waarby die golwe hoog bo die toppe van die piramiede gekom het. So `n vloed het ook, vanaf nou gereken, 870 jaar gelede plaasgevind waardeur die tempel van Ja-bu-sim-bil byna halfpad versand en toegeslik is. Die mense kon hierdie en baie ander gedenktekens sedert dié tyd nie meer heeltemal skoonmaak van sand en slik nie. En dit is nou ook met ons raaiselagtige beeld die geval; dit is van binne vol versteende slik en sand, wat niemand meer sal kan verwyder nie! So, my liewe Markus, dit is die waarheid oor die raaiselagtige sfinks! - Is dit nou vir jou duidelik?"

[13] Markus sê: "Was daar dan met die verloop van so `n duisend jaar niemand gewees wat die moed gehad het om hom met inset van sy lewe deur die sfinks die genoemde raaisel te laat voorlê nie? En as hy dit sou gedoen het, wat sou hom dan oorgekom het as hy soos wat goed te verstaan is, die raaisel nie sou opgelos het nie?"

[14] Rafael sê: "Op die plek waar die ondervraagde moes gaan staan, was daar `n deksel waardeur `n mens hom gou in `n put kon laat insak en as hy eenmaal benede was, het `n aantal dienaars hom langs onderaardse gange, hoewel hy die raaisel nie juis opgelos het nie, tog vanweë sy moed, na die skool toe gebring het, waar hy sou moes bly totdat hy `n volmaakte mens geword het. Maar dit het nooit gebeur nie en in die tyd toe die raaisel opgelos was, was hierdie oeroue inrigting al in so `n mate toegeslik en versand, dat hy volkome onbruikbaar was en die eerste herderkonings en hul volk was in die tyd reeds lank in `n sekere sin deur `n Fenisiese volk oorwin, en die Farao’s ten tye van Abraham was self reeds Fenisiërs.

[15] Nou weet julle kortliks ook hoe dit daar uitgesien het en daarom gaan ons nou oor tot die onthulling van die sewende en laaste pêrel!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205