Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 212

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die mag van die More oor die diere

212 Maar die aanvoerder vra My of hy nog iets ongewoons voor die blanke mense moes doen.

[2] Ek sê: "Ja, My beste ou vriend! Kyk daar bo, ongeveer vyfduisend treë na die suide aan die see, daar sien julle `n heuwel wat aan die seekant baie steil is. Dit is heeltemal vervuil met baie giftige slange en adders, en julle moet hierdie ongediertes vir My verdryf! Ons almal sal julle daarheen begelei!"

[3] Die aanvoerder sê: "Heer, Almagtige! As dit maar net gaan om hulle te verdryf, hoef U dit maar net te dink en dan is die hele heuwel vir alle tye van die tye vry van al die ongediertes; maar as dit hier ook maar net as `n voorbeeld sal wees om te laat sien watter krag in die egte oermensdom verborge lê, dan doen ons dit net soos voorheen volgens U baie heilige wil!"

[4] Ek sê: "Dit is natuurlik vanselfsprekend dat Ek dit maar net terwille van `n voorbeeld van julle gevra het; laat ons dus gaan!"

[5] Ons breek op, gaan vinnig na die genoemde heuwel, en bereik dit na `n halfuur. Daar aangekom, begin die taamlik uitgestrekte heuwel heeltemal te lewe van allerhande slange en adders; daar ontstaan so `n gesis en bykans onverdraaglike gefluit dat `n mens homself nouliks daardeur kon verstaan. Al hierdie duisende ongediertes haas hulle na die see en swem pylsnel oor die groot golwende water, en binne enkele tellings was die heuwel gesuiwer.

[6] Maar die aanvoerder kom na My toe en sê: "Heer, alle slange en adders, van die oudste tot die wat eerste uit die eier gekruip het, is weg; maar daar lê nog net soveel in die eiers! Wie sal hulle uit die ontelbare gate en ingegrawe neste uithaal? Want as hulle nie dadelik verdwyn nie, is hierdie heuwel binne `n halfjaar weer net so vol lewe as wat hy nou was! Wie sal die heuwel dan suiwer?"

[7] Ek sê: "Het julle dan glad geen middele om hulle ook te verdelg nie?"

[8] Die aanvoerder sê: "Behalwe die Ich nei maon (“gif het hy nie”) weet ons niks nie! Tensy die hele heuwel `n hele tyd oorverhit sou word. Daardeur sou `n vernietiging van die neste en eiers ook langs `n natuurlike weg moontlik wees. Maar die beste manier sou natuurlik U wil of ook wel die van U dienaar wees! Eerstehands besit ons egter geen ander middel nie, want om hier te bly, om so deur ons blywende aanwesigheid en persoonlike uitstraling die ongediertes te verstik, kan ons nie."

[9] Ek sê: "Dit hoef nie! Julle het julle wonderwerk al gedoen en meer verlang Ek immers nie van julle nie; dit sal Ek wel regmaak! Omdat hierdie heuwel nou egter bevry is van sy boosaardige bewoners, sal ons hom bestyg en dan sal julle vir ons nog enkele voorbeelde van julle menslike bekwaamheid aflê!"

[10] Daarop bestyg ons die heuwel, wat op sy behoorlik breë kruin minstens twee duisend mense kon vat. Toe ons onsself op die kruin, ongeveer duisend voet bo die waterspieël bevind, vlieg daar, hoog in die lug, `n baie lang ry kraanvoëls verby.

[11] En Ek vra die aanvoerder: "Vriend, het julle ook nog mag oor hierdie voëls?"

[12] Die aanvoerder sê: "Dit is vir ons `n vreemde soort, wat ons nog nooit voorheen gesien het nie; maar ek twyfel geen oomblik daaraan nie, dat hulle ook ons wil sal voel en sal gehoorsaam!"

[13] Toe kyk die aanvoerder sy metgeselle aan en sê: "Laat ons ons wil verenig om die wil van die Heer uit te voer!"

[14] Sodra die aanvoerder hierdie woorde uitgespreek het, begin die kraanvoëls na benede te kom, en was binne `n paar tellings op die heuwel by die swartes; maar hulle vermy die blankes. Dadelik daarna gee die aanvoerder `n teken aan die kraanvoëls dat hulle verder kon vlieg, en hulle vlieg weg.

[15] Daarna vlieg daar weer `n paar lammervangers wat reusagtig groot was, hoog in die lug, en begin bo ons hoofde rond te sirkel.

[16] Toe sê die aanvoerder vir die blankes: "Roep julle hulle nou eers na benede, die sirkelende paar!"

[17] Toe sê Cyrenius aan die aanvoerder: "Waartoe dien die versoek, wat tog wel ietwat hoogmoedig klink? Want jy weet nou immers tog al dat ons, as mense wat heeltemal op die verkeerde pad geraak het, nie meer in staat is tot sulke oermenslike dade nie! Doen jy nou maar die wil van die Heer; vir al die ander sal die Heer, volgens Sy leer ook vir ons moontlikhede sorg!"

[18] Die aanvoerder sê: "Dink julle dan dat ek aan julle blankes, uit `n soort gevoel van selfverheffing, gevra het om die twee lammervangers wat nog bokant ons sweef, na benede te lok? O, as julle dit van my dink, vergis julle julleself tog behoorlik! Ek vra dit aan julle, blanke broers, om julle ietwat meer intens aan die feit te herinner, iets waaraan julle ten slotte natuurlik weinig of niks kan doen nie, dat julle sover op die verkeerde pad geraak het, en dit kan niemand van julle ook maar enigsins skaad nie!

[19] Hoe kan ons onsself nou op ons natuurlike eienskappe beroem?! Of beroem julle julleself op julle gesigsvermoë of julle gehoor?! Want as ons ooit trots sou kon word op ons eienskappe, wat vir julle so wonderbaarlik lyk, dan sou ons dit lankal nie meer besit het nie; maar omdat dit iets onmoontlik by ons is, bly ons ons wonderbaarlik lykende eienskappe hou, waarvan julle blankes dadelik weer `n nuwe bewys van sal kry! - Kom na benede, albei julle lugbewoners!"

[20] Toe die aanvoerder dit baie hard uitgespreek het, skiet beide magtige lammervangers soos pyle na benede en kom baie versigtig en sigbaar vriendelik, asof hulle deur `n temmer uit `n sirkus baie goed getem was, op die regterhand van die aanvoerder neer!"

[21] Op daardie oomblik vlieg daar `n ekster* verby, en die aanvoerder gebied `n lammervanger om dit te gaan vang en onbeskadig na hom toe te bring. Soos `n pyl skiet die reusagtige lammervanger die vinnig vlerkklappende ekster agterna, en keer binne enkele oomblikke met haar terug, sonder om pogings aan te wend om weg te vlieg. Die lammervanger hou die krysende ekster weliswaar stewig in sy geweldige kloue vas, maar verwond haar nie, en laat haar eers los toe die aanvoerder haar beveel het. Daarop help die aanvoerder beide lammervangers en laat hulle toe weer gaan, waarop beide groot roofvoëls hulle gou weer baie hoog in die lug bevind en uitkyk vir `n vet prooi. *(ekster, Kraaiagtige Europese voël met wit en swart vere.)

[22] Maar die swarte gee die ekster vir Cyrenius as aandenking van dié voorval, wat vir die opperstadhouer en ook vir alle ander Romeine en Judeërs baie wonderbaarlik voorkom.

[23] Cyrenius vertrou die ekster toe aan die goeie sorg van sy twee dogters wat aanwesig was, en sê aan My: "Maar Heer, dit wat hierdie swartes alles kan doen is werklik fabelagtig, - as U nou tenminste nie baie verborge U heilige wil laat saamwerk het nie?!"

[24] Ek sê: "Ek het jou tog vooraf al gesê dat Ek hulle heeltemal net hulle gang sou laat gaan! Waarom twyfel jy dan nou daaraan?! O, wees geduldig; Ek sal hulle nog iets laat doen wat jou kop behoorlik sal laat draai!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205