Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 214

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die selfkennis van die mens

214 Toe Ek saam met My leerlinge, Romeine en Grieke weer aan My gebruiklike tafel plaasneem, kom die aanvoerder na My toe en vra My of hy met `n paar van sy metgeselle ook aanwesig mag wees by My uitleg.

[2] Ek sê: "Sonder enige beswaar; want julle moet immers julle lewe van nou af aan heeltemal ken! Julle is nog volledig in die besit van die lewenskrag van die mense uit die oertyd, en nog is julle as mense, tot My vreugde, volkome heersers oor die hele natuur - wat almal sy oorsprong vind in julle volmaakte vertroue en julle geloof, wat geen twyfel ken nie, en julle rotsvaste wil. Maar julle ken julle krag net so min soos wat iemand die krag ken wat die ledemate van die mens in beweging bring, en wat die bloed deur die are voortstu, en die hart laat pomp, en die longe dwing om die lug in en uit te asem na gelang van die lewensbehoefte, en die inwendige reëling daarvan van die warmte, wat na gelang van `n groot of geringer inspanning van die liggaamsdele in die bloed opgewek word.

[3] Hoewel dit daaglikse ervarings van elke mens is, verstaan niemand dit tog nie, en omdat niemand homself goed ken nie; hoeveel minder sal julle buitengewone lewenseienskappe dan verstaan word, wat duidelik `n dieper oorsprong het as dit wat in julle liggaamlike organisme werksaam is!

[4] Maar as Ek julle die dieper liggende sou uitlê, sal julle dit tog beter verstaan as wanneer Ek vir julle die organisme van die liggaam sou uitlê en die samehang daarvan met die siel. Eintlik is dit ook heeltemal nie uit te lê nie, omdat dit al meer as Metusalag se leeftyd, byna duisend jaar, in beslag sou neem om die, vir julle byna onnoemlike aantal baie uiteenlopende organe, maar net van die eerste tot die laaste te tel, laat staan die spesiale eienskappe, en om die doel van elke orgaan te verstaan, en die algemene verbinding, die wisselwerking, en duisend en één verskillende sake van `n enkele orgaan te leer ken.

[5] `n Voorbeeld: Twee hare staan dig langs mekaar. Julle dink nou dat hulle op gelyke wyse behandel moet word, en dat hulle ook sal groei as jy hulle van plek sou verwissel. By hare op die menslike liggaam gaan dit egter nie soos met die verplanting van bome, struike en plante op aarde nie! `n Haar groei heeltemal met sy eie organisme net op die plek waar hy voorkom; op elke ander plek sou hy nie gedy nie, as gevolg van die besondere inrigting van sy wortelorganisme.

[6] In die organisme van die menslike liggaam bestaan `n baie geordende selektiwiteit, en `n verskeidenheid wat julle nouliks as moontlik sal beskou. Om die organiese bou van die menslike liggaam te verstaan, en elke kleinste atoom te ken, en om die rede goed te verstaan van die “so en nie anders nie!”, moet `n mens eers geestelik volmaak wees.

[7] As gees en siel één geword het, sien die volmaakte, verligte siel haar liggaam deur en deur van binne af, herken dan in één blik die hele buitengewoon kunstig ingerigte bou van die liggaam, en herinner haar die agtergrond en die rede van elke heilige, kleinste deeltjie van `n orgaan in haar liggaam, en erken die uiters doelmatige inrigting daarvan. Maar solank `n siel nie haar lewensvervolmaking bereik het nie, kan sy in duisend, en nogmaals duisend jaar geen grondige kennis van die organisme van haar liggaam verkry nie.

[8] Maar met die suiwer geestelike vermoë van `n siel is dit baie anders gestel! Dit kan in algemene lyne aan haar verklaar word, en dit is ook noodsaaklik dat sy dit vroeër en makliker moet leer ken. Want sonder die praktiese kennis sou die siel nooit `n ware verbinding met haar gees kon kry nie, wat noodsaaklik is vir `n innerlike en diep selfkennis.

[9] Let daarom op as Ek nou die ware, volgens die orde verlopende oerlewe oorlewing van die eerste mense so duidelik moontlik vir julle sal toelig!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205