Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 217

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die voordele van die korrekte opvoeding van die siel

217 (Die Heer:) "As die siel van die mens egter onder allerlei wêreldse, materiële sorg begrawe lê, of as sy begin om haar daarin te begrawe, dan verduister sy haar ligwese, wat ten slotte heeltemal donker en duister word. Daar is dan geen voorraad kragtige liefde meer daarin aanwesig nie, en die klein bietjie wat nog aanwesig is, is nouliks voldoende vir eie gebruik; dit is dan die eieliefde, wat aan niemand anders meer gegee kan word nie. Maar as die liefde so klein geword het, waar moet `n kragtige geloof en `n kragtige wil dan vandaan kom, want die geloof is immers die lig uit die vlam van die liefde, en die wil, die orals werksame krag van die lig?!

[2] Wanneer sulke mense, wat arm is aan liefde, uiteindelik, ook al is dit maar baie vaag, in hulleself sou gaan waarneem dat hulle vanweë die swakheid van hulle liefde niks regkry nie en hulle meestal `n streep deur elke gemaakte rekening te siene kry - wat hulle aan hulleself te wyte het, omdat daar geen resultaat kan wees of kom as die vereiste krag daarvoor ontbreek, - dan sou hulle wel nog gehelp kon word; maar so word hulle maar net boos en verbitterd oor elke sukses van `n ander.

[3] Weliswaar is toorn ook `n lig, maar `n verderflike lig. In daardie helse lig sien hulle dan ook baie gou allerlei drogmiddele waarmee hulle hulleself kan bevoordeel. Weldra probeer hulle die middele; maar hulle misluk meestal omdat dit drogmiddele is. Maar al die mislukkings maak hulle nie wyser nie, maar nog kwater en boser. Hulle word trots en hoogmoedig en begin hulle toevlug te neem tot gewelddadige middele en dit ook toe te pas. As dit `n aantal kere slaag, word hulle nog brutaler, hulle word wreed en probeer alles uit die weg te ruim wat hulle as belemmering sien vir hul vermeende sukses. So het hulle vir hulleself deur louter slegte middele aanmerklike welvaart besorg en sien nou die weg waarop hulle self opgeklim het tot dié sukses as die enigste korrekte en die ware.

[4] As sulke mense soos gewoonlik ook kinders kry, kan dit tog onmoontlik anders as dat hulle opgevoed sal word op die wyse waarop die ouers die wêreldse sukses bereik het, naamlik deur allerlei wêreldse wysheid. Hulle laat sulke kinders dan van alles leer, maar slegs van die wêreld! Van die ontwikkeling van die hart, wat `n mens eerste onder hande moet neem, is heeltemal geen sprake van nie en dit kan ook nie, omdat sowel die ouers as die leraars en opvoeders, wat uit winsbejag voortkom en vriendelik vir hulle wil wees, self geen begrip meer het van die hart van `n siel nie.

[5] Alles word gedoen om die verstand maar so vroeg moontlik te ontwikkel en in te skerp. Daartoe word die kind deur allerlei geskenke en onderskeidings soveel moontlik aangespoor, word by die ontwikkeling van sy verstand reeds vanaf die eerste begin soveel moontlik geoefen in selfsug en winsbejag, dra fyn en duur kleding en ken homself van pure hoogmoed dikwels nie meer op tienjarige leeftyd nie. Wee die arme kind of ook `n ander arme mens wat `n kind met soveel verbeelding nie die vereiste eer sou betoon of hom selfs sou hoon! Hy het hom dan daarmee `n blywende vyand besorg!

[6] Hoe kan sulke mense dan nog aan die innerlike lewenskrag wat op My gelyke lê, dink?! Waar sal jy daar die heerskappy kan vind van die mens oor die hele natuur en oor die elemente, waaruit al die geskapenes uiteindelik bestaan en moet bestaan?!

[7] As die mens die hart egter eerste en voor alles ontwikkel, gevolg deur `n baie maklik te bewerkstellig en effektiewe ontwikkeling van die verstand eers daarna, dan word so `n ontwikkelde verstand `n noodsaaklike eteriese liglewe wat die siel omring soos wat die ligeter die son omring, waaruit al die heerlike gevolge dan te voorskyn kom wat julle soos hierdie aarde orals tot lewe sien kom.

[8] By die korrekte vorming van die menslike siel is en bly die siel iets innerlik wat aktief is, en dit wat julle “verstand” noem is die uitstromende resultaat van die innerlike werksaamheid van die siel. Die lig van die verstand, wat na buite gerig is, verlig vir die siel alle moontlike kritieke, uiterlike omstandighede en die wil van die siel vermeng haar dan met die uitstralende lig en maak op wonderbaarlike wyse alles vrugbaar en laat dit gedy; want as die orde van die mens op dié wyse volgens My orde is, kom die wil en die vertroue ook uit My of My almagtige wil voort, waarvolgens immers elke skepsel hom beslis moet neerlê. Wat so `n mens, wat binne My orde lewe, dan wil, moet in die wye omtrek gebeur, want deur die uitstralende lewensfeer van `n mens stroom in wese My Gees, waarin alle dinge moontlik is.

[9] As so `n mens dan heeltemal deur of uit sy gees wedergebore word, is hy volkome aan My gelyk, en kan hy self in alle lewensvryheid wil wat hy maar wil, binne My orde, wat hy dan self geword het, en as hy volgens sy vrye wil iets wil doen, moet dit gebeur. In die volmaakte lewenstoestand, omdat hy aan My volledig gelyk is, is die mens dan nie net heerser en meester oor die skepsels en die elemente van hierdie aarde nie, maar sy heerskappy strek hom dan, net soos Myne, uit oor die hele skepping in die eindelose ruimte, en sy wil kan aan die tallose wêrelde wette voorskryf en dit sal opgevolg word. Want sy verglansde gesigsvermoë deurdring alles net soos Myne en eintlik saam met Myne, en sy onbeperkte waarneming sien orals in die hele skepping wat daar nodig is, en kan dan ook enigiets voorskryf en skep en help; want hy is immers in alles één met My."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205