Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 220

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Oor die wedergeboorte en die korrekte opvoeding

220 (Die Heer:) "Waarom sou `n boom dan vrugte gee as alle hartverblydende verskynsels van die vrugvorming van die eerste vrug agterweë moet bly? Hoe sou `n herfs daaruit sien ten tye van die lente, en `n lente ten tye van die herfs, waarna gewoonlik die koue en starre winter volg? Sou die winter se fors nie die hartverheffende bloeisel bederf en die hoop uitstralende blad doodmaak nie, tesame met die ware vrug, wat eers deur die bloei geseën en tot lewe gebring word om te gedy en te groei? Die hout van die boom sou wel groei, maar niemand van julle sou ooit `n vrug daaraan sien rypword nie!

[2] En presies so is dit met `n mens en heel in die besonder met sy siel! Alles word growwe materie, wat geen ander vrug voortbring as slegs die, wat mens ten slotte afkap en as hout in die vuur van die gerig verbrand, om uiteindelik miskien tog nog die as nuttig te gebruik vir die bemesting en suiwering van die slegte en maer grond.

[3] Wie derhalwe begin om die verstand van sy kinders te ontwikkel en te vorm, begin `n huis by die topgewel te bou en skep water in `n houer vol gate. Nat sal dit wel wees solank die skepper met die vergeefse werk besig is, maar op sigself sal daar tog nooit `n druppel lewende water inbly nie, en met die wonderbare uiting van die sielelewe sal niks van kom nie. As `n mens die gate in die houer met baie moeite sou digstop, sou die water ook goed daarbinne bly. Maar hoe maklik verrot `n stopper wat nie so baie goed en vas daarin gedruk is nie, en na verloop van tyd kan die houer dan weer al sy lewenswater verloor!

[4] Die betekenis hiervan is dit: `n Mens wat verstandelik ontwikkel is, kan ook naderhand deur baie selfverloëning sy hart doeltreffend ontwikkel; gaan hy egter nie uiters sorgsaam daarmee te werk nie, en let hy nie voldoende op die talle proppe waarmee hy alle gate (aardse swakhede) in sy lewenshouer dig gemaak het nie, en laat hy ook maar één swakheid of wel één gaatjie wat nie sorgsaam genoeg dig gestop is nie, oop, dan sal hy baie vinnig merk dat hy die versamelde lewenswater kwyt is, en dat hy baie ongemerk weer heeltemal die ou mens geword het, sonder enige innerlike lewensinhoud!

[5] Daarom raai Ek julle die naasteliefde voor alles aan, wat afkomstig is uit die liefde tot God! Want slegs sy is in staat om van julle algehele verkeerdheid weer mense binne My orde te maak. Laat julle nie deur die wêreld verblind nie, want alles wat sy julle gee is dood en veroordeel, `n vrug van die suiwere verstand! Slegs die liefde kan julle omvorm tot die lewe!

[6] Daarom het Ek in die wêreld gekom om julle die ware ommekeer te toon, terug na My orde en na die ware weg, om daarlangs verder te gaan totdat julle die ware, geestelike wedergeboorte in die siel bereik het, waarna daar geen slegte terugval meer denkbaar en moontlik sal wees nie.

[7] Dit moet nou by julle voorberei word, omdat diegene wat eenmaal verkeerd geword het, weinig geholpe sou word alleenlik met die ommekeer van die siel wat deur lapwerk bewerkstellig is. Die siel moet weliswaar eers heeltemal omkeer voordat die gees in die siel wedergebore kan word, maar hierdie diggestopte, gelapte, en wat so op die goeie weg gebring is, beter sielstoestand, is nie duursaam nie, omdat `n siel waarop daar net gelap is, deur die mag van die wêreld en haar tydelike voordele maar al te maklik by die volgende, sterker verlokkende geleentheid weer in haar, soos van ouds, verkeerde maniere terugval.

[8] Om dit egter soveel moontlik te verhinder, het Ek nou die nuwe weg so voorberei dat My Gees, wat Ek nou as `n vonk van My Vaderliefde in die hart van elke siel lê en gelê het, deur julle liefde tot My, en daardeur waaragtig en daadwerklik tot die naaste, gevoed word, en in julle siel sal groei, en na die bereiking van die regte grootte en krag homself volledig met die genese siel sal verenig en daarmee één word; - wat dus wedergeboorte van die gees moet en ook sal heet.

[9] Wie dit bereik het, staan dan natuurlik onvergelykbaar baie hoër as enige ander siel, al is sy ook hoe volmaak in haarself; so `n siel is weliswaar ook tot baie in staat, maar desondanks, tog ewiglik nie tot alles wat aan die volledig wedergeborene siel voorbehou is nie.

[10] Hierdie vonk van My liefde word egter eers volledig in die hart van `n mensesiel gelê, as `n mens My woord gehoor het en dit in geloof in sy hart met alle liefde as waarheid aangeneem het; solank dit nie die geval is nie, kan geen mens, ook al is sy siel hoe volmaak, die wedergeboorte van die gees bereik nie. Want sonder My woord wat Ek nou tot julle spreek, sal die vonk van My liefde nie in die hart van julle siel kom nie, en as sy nie daar is nie, kan sy ook nie in `n siel groei en gedy nie, en dus ook nie daarin wedergebore word nie.

[11] In die vervolg egter, sal ook die kinders, as hulle deur My woord en My Naam geteken en gedoop word, die geestelike vonk van My liefde in die hart van hul siel gelê kry; dit sal egter nie by `n verkeerde opvoeding groei nie, wel by `n opvoeding volgens My orde wat nou baie duidelik aan julle almal uitgelê is, waaruit bo alles die hart, en eers daaruit op dienooreenkomstige wyse die verstand gevorm moet word. Die hart word gevorm deur die ware liefde en deur sagmoedigheid en geduld.

[12] Leer die kinders al vroeg om die Vader in die hemel lief te hê, toon hulle hoe goed en liefdevol Hy is, soos Hy alles wat bestaan terwille van die mense besonder goed, mooi en wys geskape het, en hoe baie Hy veral die klein, Hom bo alles liefhebbende kinders toegedaan is! Maak hulle by elke spesiale geleentheid opmerksaam dat die Vader alles reël en doen en laat gebeur, dan sal die harte van die kleintjies na My toe keer en My liefde sal baie gou in hulle begin groei! As julle die kleintjies so sal lei, sal julle geringe moeite baie gou goue vrugte dra, - maar andersins, dorings en distels, waarop nóg druiwe nóg vye sal groei!

[13] Maar sê My nou ook openlik of julle tans goed verstaan, hoe en om watter rede hierdie swart broers van ons tot sulke dade in staat is, wat vir julle vantevore net `n raaiselagtige wonder was en wel moes wees!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205