Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 221

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Goed verstaan en gedagtes lees

221 Daarop sê die aanvoerder van die More: "Heer, U, Almagtige en Alwyse God! Ek en my metgeselle het U baie goed verstaan, maar of die blankes, vir wie U eintlik hierdie uitleg gegee het, U ook in die korrekte sin en in die ware gees verstaan het, sou ek natuurlik nie met volle sekerheid kan beweer nie! Soos wat dit vir my voorkom, is daar tog nog baie wat nie verstaan nie!

[2] Maar as daar iemand is wat êrens nog moeite daarmee het, dan sal dit tot sy eie voordeel wees as hy suiwer insig bo die sogenaamde verspeelde eer van sy verstand verkies! Want daar kan by hierdie blankes sommige wees wat nie verder wil vra nie, omdat hulle nie hul swak verstand deur die vraag wil verraai nie! Wel, aan hulle sou ek, as swarte, die raad wil gee om maar liewer die nietige eer van die verstand te laat vaar, en in stede daarvan die suiwer waarheid te kies, wat slegs uit `n suiwer begrip kan voortkom, omdat in die ander geval `n onverstaanbare waarheid vir die leerlinge nie veel beter kan wees as `n klinkklare leuen nie; want `n onverstaanbare waarheid het net so min waarde as wat `n leuen het!

[3] Niemand sal gebruik maak van `n leuen wat vir almal duidelik is, omdat dit hom nog skaad en natuurlik nog minder op enige wyse kan baat nie; `n waarheid wat niemand kan verstaan nie, kan egter ook vir niemand baat nie, omdat sy, deurdat sy nie verstaan word nie, heeltemal nie, óf hoogstens onwaar en verkeerd gebruik kan word, en in daardie opsig vir die gebruiker geen haar beter kan wees as `n duidelike, voltooide leuen nie.

[4] Dit is my mening; miskien het iemand `n beter een, dan sal ek graag verder baie aandagtig en swyend luister!"

[5] Ek sê: "Jou opmerking was baie goed en baie waar. Ek weet Self van meer as een wat My uitleg nie goed genoeg verstaan het nie, maar wat te skaam is om die swakheid van sy verstand deur `n vraag te verraai en homself daarom liewer met `n halwe begrip tevrede stel."

[6] Nadat Ek dit gesê het, vra `n paar dadelik of dit hulle was wat hierdie voortreflike uitleg nie goed genoeg verstaan het nie. Ek swyg egter. Ook Cyrenius vra My baie besorg of hy ook soms hierdie waarhede nie grondig en waaragtig genoeg verstaan nie.

[7] Toe sê Ek: "Nie net jy nie, maar die meeste van julle! Slegs twee van My leerlinge het hierdie uitleg van My oor die volmaakte sielstoestand heeltemal verstaan, al die ander, uitgesonderd die More, het nie! Julle het nou slegs `n vae idee van die geheel, en by verre na geen volkome begrip nie; wat selfs die aanvoerder by `n aantal van julle gesien en goed waargeneem het, en daarom was sy opmerking dan ook volkome korrek.

[8] Ja, `n siel wat die oorspronklike, volmaakte lewe in haar het, het naas die wonderbaarlike werksame krag as heerseres oor alle skepsels van hierdie aarde, ook die besondere eienskap om tydens spesiale, bewoë oomblikke die gedagtes van die mense te deurdring, en selfs te sien wat daar in iemand se hart omgaan. Want die baie versadigde, uitstralende lewensfeer van so `n mens neem dit in die uitstralende lewensfeer van `n ander mens ter plaatse waar, en daarom is sulke mense, wat `n volmaakte sielelewe het, beslis nie te bedrieg nie. Hulle herken met hul baie intensiewe, uitstralende lewensfeer dikwels alreeds op groot afstand, wat `n mens wat hulle tegemoet kom, dink, of wat hy wil.

[9] As daar `n vyand naderkom, kan mense met so `n volmaakte sielelewe, deurdat hulle hul uitstralende lewensfere verenig, hom net so volkome op die vlug jaag soos wat julle hulle deur die vereniging van hul lewensfere `n forse boom uit die aarde sien trek het, die reusagtige rots laat oorbring het, en ten slotte selfs vuur laat maak, wat dadelik `n behoorlike groot struikgewas aangesteek en in as laat lê het.

[10] Laat niemand van julle hulleself daarom vererg wanneer die swart aanvoerder dinge sê wat julle raak nie, soos `n geoefende skutter sy doel, want julle uitstralende lewensfere verraai selfs julle mees geheime gedagtes baie duidelik aan hom sodra daar maar enigiets wil saamgaan. Die suiwer harsinggedagtes, wat eintlik glad geen gedagtes is nie, herken hy nie, omdat dit slegs bestaan uit beelde op die geheueplaatjies wat geen lewe het nie; maar die gedagtes wat in die hart lewe, herken hy baie presies, veral in hulle eie gemoedere, soos nou, wat ietwat opgewonde is."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205