Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 222

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die betekenis van die uitstralende lewensfeer

222 (Die Heer:) "Julle verstaan nou gladnie lewenseg genoeg wat die uitstralende lewensfeer van die siel nou eintlik is nie, en hoe hierdie krag homself kan uiter deur te handel, te voel, te luister en selfs deur te kyk nie! Vir julle begrippe is dit wel `n bietjie moeilik om te verstaan, omdat daar in die uiterlike wêreld, wat vir julle liggaamlike oë sigbaar is, heeltemal geen egte, geskikte voorbeeld te vinde is nie, omdat al die geestelike homself maar baie moeilik in `n stoflike beeld laat weergee. Maar omdat julle hierdie uiters gewigtige saak nog te weinig verstaan, wil Ek julle dit nog beter laat insien. Julle moet egter baie goed konsentreer, anders sal julle hierdie buitengewoon belangrike lewensaangeleentheid alweer nie ten volle verstaan nie! ]

[2] Dat dit egter van baie groot belang is, kan julle goed sien en meet aan die feit dat Ek die uitleg van die geheim van die oorspronklike lewe tot die laaste van ons huidige samesyn bewaar het. Wat egter belangrik is, het Ek julle ook vooraf gedurende die sewe dae hier, en vroeër ook op ander plekke, laat sien, en dit bly tog die grootste; en terwille van dit wat tot op hede die belangrikste was, is al die ander aan julle getoon, omdat julle dit onmoontlik ook maar in die minste sonder die wonderbaarlike gebeurtenisse en voorbereidings sou kon verstaan.

[3] Maar waarom vind Ek dit nou juis so belangrik? Dit is maklik te raai en te verstaan! Wie sy lewe waaragtig wil verbeter en wil verhef tot die eintlike lewe, moet dit eers deur en deur ken, hoe dit bestaan, waaruit, hoe dit onder bepaalde omstandighede en gebeurtenisse op `n bepaalde manier reageer; hoe dit, as dit bedorwe en verkeerd geword het, weer kan verbeter en hoe `n volmaak verbeterde lewenstoestand behou kan word, en ook op die naaste oorgedra kan word om uiteindelik tot een herder en een kudde te kom.

[4] Waarom die algehele kennis van die lewe vir ware mense die aller belangrikste is, is deur alle tye deur die wysste manne van alle volke ingesien en beweer; hulle het die weg daartoe slegs baie moeisaam en moeilik gevind, of meestal ook gladnie. Nou het Ek egter, as Majesteit en Heer van al wat van ewigheid af lewe en bestaan, Self na julle gekom, en Ek het alles op wonderbaarlike wyse hierheen, na hierdie mees afgeleë plek van die wêreld ontbied, om julle die ware lewensbestaan so sigbaar en duidelik moontlik te laat sien, en daarom sal julle dit na verloop van tyd, en met die nodige geduld, wel verstaan; maar dan sal dit ook julle plig wees, om dit wat julle verstaan het ook aan julle naaste so goed verstaanbaar moontlik te maak!

[5] Want as daar in `n land slegs een of twee mense is wat dit sal insien, verstaan en vir homself gaan toepas, sal dit net so min enige voordeel vir hulle oplewer soos die wysheid wat in `n malhuis aan `n wyse gegee word te midde van louter dwase, of in `n esel- of ossestal! Dink jy dat die wyse verstaan sal word, as hy vir hulle vanuit sy diepe wysheid baie vriendelik die mees verhewe lesse sal gee?!

[6] `n Wyse kan immers maar net deur wysheid herken en verstaan word! Aan die lewe van diere en egte dwase is niks te verander nie, want wat daaruit moet voortkom is al in My ewige orde vas besluit; maar uit die lewe van die mense kan julle alles ontwikkel, langs die ware weg van waarheid, liefde, geduld en wysheid!

[7] En as julle van die mense egte broers en vriende gemaak het, wat mettertyd, wat lewenskennis betref, na julle sal lyk, sal julle ook ware vreugde en saligheid onder elkeen geniet en sterk word in al die goeie, wat julle maklik sal uitvoer! Want honderd arms bereik meer as één arm, honderd oë wat na alle kante gerig is, sien beter as twee, en die verenigde, uitstralende lewensfeer van duisende is `n baie merkwaardige, kragtige hefboom om allerlei gevare en slegte dinge af te weer, van watter kant dit ook maar mag kom, en watter naam hulle ookal mag hê."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205