Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 224

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Honger na geestelike voedsel

224 (Die Heer:) "Die gewone, wêreldse mens kan hom van die ware en hoogste lewenswaarde maar net niks voorstel nie; want as hy net behoorlik vir sy buik gesorg het, waarom sal hy hom dan bedruk maak oor alle ander belangrike dinge van die lewe?! Hy het tog in oorvloed te eet, en ook te drink as hy dors het, hy het `n mooi, gerieflike woning, `n sagte bed, mooi klere en nog `n aantal ander genietinge van die lewe, en hy het ook geen gebrek aan mooi en aantreklike meisies en ander genoegdoenings nie! Wat sou so `n oorweldiger van die aardse goedere dan nog mis?!

[2] Arme drommels moes natuurlik wel hul toevlug neem tot allerlei wysheid en kennis wat hul altyd hongerige verbeelding hul verskaf, om daarmee `n ryk man hier en daar vir hulle te wen, van hom af te lewe en hom daarvoor iets wys te maak; maar die enigste waarheid wat daarin te vinde is, is die nood van die hongerige wyse en die traagheid van sy hande, en dat hy daarom liewer sy hongerige maag wil vul deur die gebruik van sy moeitelose verbeelding en fantasie oor die een of ander god, en oor die ewige lewe van die mensesiel, as deur die gebruik van sy hande, wat meer moeite is!

[3] Kyk en bepaal aan die hand van dié lewensgetroue beeld of `n mens, wat ryklik met aardse lewensgoedere bedeel is, iets kortkom! Waaroor sal hy swoeg vir die buitengewoon belangrike selfkennis, waarsonder `n ware kennis van God ondenkbaar is? Sal hy dit, wat tog beslis die vernaamste is wat by hom ontbreek, ooit gaan soek? Verseker nie, want hy ly geen honger en geen dors nie, wat tog die veronderstelde aansporings is waardeur die arbeidsku arme drommels tot wysheid en kennis aangespoor word!

[4] Hoe sou hulle dan anders kan ontdek wat van die ware lewe by hulle ontbreek? Slegs honger en dors is - volgens die mening van die goedversorgde swelger - die enigste beweegrede om iets te gaan doen; wie dus nóg honger nóg dors ly, hoef gladnie na die een of ander wysheid te gaan soek nie! Kortom, wie volgens sy mening niks mis nie, sien ook na niks uit nie, en waarom sou iemand wat niks verloor het, gaan soek asof hy iets verloor het?!

[5] So is dit ook met `n les wat gegee is. Wie dink dat hy dit heeltemal verstaan, sal geen vraag verder daaroor stel nie. Die versadigde vra geen voedsel meer nie; as hy weer honger kry, sal hy natuurlik weer na voedsel soek. Maar wat sal hy doen as die kok nie daar is nie? Sal hy vir homself iets kan klaarmaak?

[6] Soek julle dus almal na voedsel solank die Kok nog by julle is! As Hy weer daarheen sal terugkeer vanwaar hy gekom het, sal baie begin om na die regte voedsel te soek, maar dan sal dit moeilik word om dit te kry.

[7] Baie van julle wat nou by My is, is aards goed bedeel, en besit `n oormaat van aardse skatte, en strewe nou met alle ywer na die geestelike skatte, wat nie uit die aardse goudmyne gedolwe kan word nie! Dit val julle nou oorvloedig ten deel; maar julle moet net nie dink dat `n duidelike insig afhanklik is van die hoeveelheid nie.

[8] Elke woord wat deur My tot julle gespreek is, verstaan julle goed vir sover julle dit as mense kan verstaan; maar alles wat in eindelose oorvloed daarin verborge lê, kan julle nog lank nie begryp nie! Julle vra ook nie daarna nie, omdat julle nie kan sien wat julle nie verstaan nie! Maar waarom sien julle dit nie, en waarom het Oubratouvishar dit aan julle gesien dat julle My uitleg nie volledig verstaan het nie? Omdat sy uitstralende lewenseter, wat die oervolmaaktheid baie naby benader, die van julle, wat nog taamlik onvolmaak is, baie maklik kan aanvoel, as julle selfs in die donkerste nag, soos wanneer julle iemand se hoof met julle hande betas, kan waarneem of hy baie hare het en of hy bles is!

[9] Julle gevoel begin waar julle liggaam begin, omdat julle maar `n baie swak uitstralende lewensfeer het; daarbuite het julle siel nog geen greintjie gevoel nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205