Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 229

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Cyrenius vra vir `n uitleg oor die werking van die harsings

229 Cyrenius sê: "Heer, eerlik gesê sou mens, om hierdie uitleg van U heeltemal goed te kan verstaan, tog iets moet weet van die harsings in die kop van die mens, omdat `n mens hom andersins tog onmoontlik die harsingsplaatjies op die korrekte wyse kan voorstel, waarop by die regte ontwikkeling die geestelike beelde van die siel, of by `n slegte en verkeerde ontwikkeling die materiële, growwe beelde van die wêreld, eerste ingeprent word, en nog minder hoe verskillende lewensbeelde op sulke plaatjies vasgelê word.

[2] Sal U, o Heer nie vir ons reël nie – omdat alle dinge tog vir U moontlik is – om ons `n voorbeeld of `n ewebeeld van `n harsingsplaatjie, beide van die voorhoof as van die agterhoof, te laat sien nie, sodat ons dan ook `n korrekte voorstelling kan kry van dit, waarvan U Self laat blyk het, dat dit uiters belangrik is?! Want as `n mens homself by so `n geweldige belangrike les en `n gewigtige saak daarby, geen volledige, korrekte begrip kan vorm nie, sal die geheel ook duidelik daaronder ly!

[3] In ons siel is daar beslis nog te min lig om self die harsingsplaatjies van die hoof, beide volgens vorm, asook volgens bruikbaarheid, korrek te beoordeel of selfs heldersiende te bekyk, ten einde self `n korrekte begrip daaroor te vorm. Dit is dus noodsaaklik dat ons blankes met `n swak siel minstens die korrekte kennis verkry oor dié organisme van ons liggaam waarvan die korrekte vorming, sê maar, bykans heeltemal bepalend is vir die wel en weë van die mens. Indien, soos gesê o Heer, U dit vir ons sou reël, dan sou ek baie graag één of meer harsingsplaatjies wou sien; maar ook, indien moontlik, sowel met die korrekte as met die verkeerde afbeeldings!"

[4] Ek sê: "Ek weet goed dat Ek julle so ver sou bring dat julle self sou besef wat daar by julle ontbreek, en `n ware behoefte sou voel om die leemte in julle op te vul en kyk, hierdie verlange van jou is vir My beter as `n ander, waarmee jy jou eerstens besig gehou het, toe Ek te kenne gegee het dat selfs die siel van `n volledig wedergebore mens as sodanig in die materiële wêreld van die skepsels nooit die wonderbaarlike sou kon doen wat `n oorspronklik onbedorwe siel geheel en al uit homself tot stand kan bring nie!

[5] Ek sê jou weliswaar, dat `n wedergeborene dit tot stand sou kan bring wat Ek Self kan, egter net binne en deur My ewigheidsorde, maar daarmee skyn jy nie so baie tevrede te wees nie! Jy skenk daarby egter geen aandag aan die feit, dat hierdie oervolmaakte siele verder ook niks kan doen nie as slegs dit wat binne My orde toelaatbaar en nuttig is.

[6] Want alles wat hulle met die krag van die uitstralende lewensfeer van hul siel na julle mening skynbaar wonderbaarlik doen, is iets wat net so natuurlik is as hierdie bodem wat met mos en gras begroei is, en dat die water van hierdie binnesee in die groot uitholling bly staan as gevolg van die gewig van die water. As jy hierdie twee natuurverskynsels wat nou hier genoem is, as binne die orde en volkome natuurlik beskou, dan sal dit jou ook nie moeilik wees om dit, waartoe hierdie oervolmaakte siele in staat moet wees, in verband met hul aardse lewensfeer, en die land wat deur hulle bewoon word, noodsaaklikerwys binne dieselfde orde en natuur te plaas nie.

[7] Hierdie More het wel `n baie swart vel, maar daarenteen `n ligter siel. Hulle ken ook grotendeels die vernaamste organe van hul inwendige, liggaamlike lewensorganisme, en die harsingsplaatjies ken hulle baie goed, want hul oervolmaakte siele kan van binne af uit hul liggame kyk, en as daar iets verkeerd is, sien hulle die plek waar die kwaal homself bevind en ook waaruit dit bestaan.

[8] Met hul uitstralende lewensfeer, wat op sulke oomblikke baie kragtig werk, vind hulle ook baie gou die krui wat gebruik moet word om die kwaal spoedig te keer. Slegs wanneer hulle senings en are lui en slap word, en die bloed dikker word, glo hulle dat daar geen krui meer is om hierdie algehele aftakeling te verhelp van die ou en, om heel natuurlike redes, swak en baie moeg en traag geworde liggaam nie. Dan vind hulle dit maar die beste dat die siel vir haarself sorg, haar kragte versamel en dit vir die gevolglike heeltemal onbruikbare en lelik geworde liggaam te verlaat en haar, vry van alle aardse bande, na die land van die geluksaligheid te begewe, waar sy haar vir altyd en ewig tussen son, maan en aarde sal bevind.

[9] Hierdie mense het dan ook nie die minste vrees vir die dood nie, maar hulle is wel bang vir `n liggaamlike siekte, omdat die kragte van die siel onnodig sterk daardeur belas word, waardeur die siel self daarna `n tyd lank, swak en sodoende onvolmaak moet bly."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205