Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 230

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die gevolge van die onkuisheid

230 (Die Heer:) "Maar wat betref ingetoënheid van liggaam en van lewe, en ware maagdelike kuisheid, is daar op aarde geen volk wat hierdie deug meer in ere gehou het as juis hierdie swartes nie, en waaraan die sonde van die hoerery, ontug en die onkuisheid minder eie is as juis hierdie More.

[2] Ook dit is egter iets van die grootste lewensbelang, want as die blankes hierdie sonde sou vermy, en maar net geslagtelike gemeenskap sou hê wanneer dit nodig is vir die verwekking van `n vrug in die liggaam van `n deugsame vrou, dan sê Ek vir julle: Dan sou daar nie één onder julle gewees het wat nie op sy minste heldersiende sou wees nie! Maar nou, met julle huidige sedes, verkwis sowel die man as die vrou die beste kragte deur dikwels daagliks die alleredelste, en die meeste aan die siel verwante, lewensappe te verspil, waardeur hulle nooit `n voorraad het waaruit ten slotte `n steeds intensiewer lig in hul siel sou kon ontstaan nie!

[3] Daarom word hulle egter geleidelik soos steeds traer en op poliep lykende, genotsugtige wesens. Selde is hulle in staat tot `n helder gedagte, en hulle is vreesagtig, laf, baie materieel, humeurig, wispelturig, selfsugtig, jaloers en afgunstig. Hulle kan moeilik of heeltemal nooit iets geesteliks verstaan nie, want hul fantasie swerf steeds binne die aantrekkingskrag van die stinkende vlees rond en wil haar nooit verhef tot iets hoër en meer geestelik nie. En ook al is daar so nou en dan ook mense onder hulle wat ten minste op oomblikke dat hulle geen begeerte na die vlees het nie, `n vlugtige blik na bo rig, dan kom daar tog dadelik, soos swart wolke aan die hemel, sondige gedagtes, en hierdie bedek die hoëre sodanig dat die siel dit volkome vergeet en haar dadelik weer in die stinkende poel van die liggaamlike begeerte stort!

[4] By sulke mense baat die goeie voornemens, wat hulle dikwels het, weinig of niks. Hulle lyk meestal soos varke, wat hulle met steeds hernieude begeerte in die afskuwelikste modderpoele stort en met die hele liggaam daarin rondwoel, en soos honde, wat na dit, wat hy uitgespu het, terugkeer en dit weer begerig opvreet.

[5] Laat julle daarom na waarheid gesê word, dat hoereerders en hoere, egbrekers en egbreeksters, en ontugtiges van enige soort en van elke geslag, moeilik, of ook heeltemal nooit die toegang tot My goddelik Ryk sal vind nie!

[6] As jy dit nou in jou hart heeltemal te oordrewe vind, probeer dan eers om so `n sinnelike mens te verander! Begin hom op die gebied van God opmerksaam te maak en sê aan hom: “Vrede is met jou, die ryk van God het naby jou gekom! Hou op met jou sondige lewe, het God lief bo alles en jou naaste soos jouself! Soek die waarheid, soek die ryk van God in die diepte van jou hart! Laat die wêreld en haar ydele materie vaar en probeer die lewe van die gees in jou te wek! Bid, soek en tree op binne die orde van God!" - en jy sal hierdie woorde tot volledige dowe ore gerig het! Hy sal jou uitlag, jou die rug toekeer en aan jou sê: “Verdwyn, vrome dwaas, maak my nie kwaad met jou domheid nie, anders noodsaak jy my om jou in jou gesig te slaan!”

[7] Sê My, wat sou jy dan nog verder teen so `n liggaamlike woesteling begin, vooropgestel dat jy daartoe nie deur die owerheid gemagtig is nie?! As jy hom vir die tweede maal vermaan, staan jy `n nog erger grofheid te wagte as die eerste! Wat dan?

[8] Verrig `n wonderwerk in sy teenwoordigheid! Sal dit miskien sy oë en ore open? O kyk, dit sal hy vir `n goëlaarkunsie aansien en hy sal aan jou sê: “Laat my nog eers meer van die vermaaklike kunste sien!” Dit mag hom net nie skaad nie, anders vergryp hy hom aan jou en veg nie bietjie om lewe en dood nie; en as jy sy ledemate sou verlam, sou hy jou die ontsettendste vloeke na die hoof slinger!

[9] Daarom is `n hoereerder nie net `n sinlike sondebok nie, maar, as hy geprikkel is, ook `n baie slegte mens; hy sit vol wilde vuur en is blind en doof vir al die goeie en ware van die gees. `n Rower sal jy baie eerder bekeer as `n egte hoereerder en egbreker."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205