Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 232

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die bou van die menslike brein

232 (Die Heer:) "Maar nou sal ons sien of ons, om julle beter in te lig, in staat sal wees om vir ons `n harsingplaatjiemeganisme te besorg! Ons sou nou weliswaar dadelik uit Rome uit `n paar natuurlike mensehoofde hier deur RafaEl kon laat bring - want juis nou is twee van die ergste misdadigers in Rome onthoof, nog wel op die Capitool! -, maar aan die hoofde van hierdie booswigte sou ons weinig of niks hê nie!

[2] Daarom wil Ek dat die engel vir ons vier geskikte wit, baie suiwere klippe uit `n spruit hierheen bring. Daarmee sal ons probeer om `n menslike brein voor te stel, so goed as wat met die materie maar moontlik is. - RafaEl, gaan en besorg ons die gevraagde!"

[3] RafaEl word nou dadelik onsigbaar, ongeveer sewe tellings, maar toe staan hy plotseling weer by ons en lê vier sneeuwitte kiesels (rivierklippe) voor ons, dit wil sê voor My, op die tafel. Twee was ietwat groter en twee ietwat kleiner, ooreenkomstig die groot voorhoofsharsings vir die beelde van die lig, en die kleinere agterhoofsharsings vir die tekens van die klanke.

[4] Toe die klippe voor My op hul plek lê, raak Ek hulle aan en hulle word deursigtig soos die suiwerste bergkristalle. Daarna blaas Ek daarop en hulle verdeel hulle in miljoene miniatuur klein viervlakkige piramides, elk bestaande uit drie sye of syvlakke en `n ondervlak.

[5] Die twee klippe aan My regterhand stel harsings voor wat hom in die korrekte orde bevind, en die aan My linkerhand die harsings wat hom deur `n verkeerde opvoeding en deur ander, latere, slegte invloede in die verkeerde orde bevind, soos wat mens dit gewoonlik by die mense aantref.

[6] Daar was egter nie net piramides nie, maar naas `n geringe aantal piramides was daar bykans alles in die meetkunde voorkomende, stereometriese vorme, figure en tipes te sien, wat beter sigbaar geword het toe Ek deur `n asemtog die harsings lykende konstruksie wat op die tafel gelê het, tienmaal groter gemaak het, sodat daar nou vier heelwat groot, goed geboude hope ten aanskoue van die buitengewoon verbaasde leerlinge voor ons op die tafel lê, wat daarvoor gou deur RafaEl behoorlik ietwat groter gemaak moes word.

[7] Ek sê: "Nou kan julle die vorme van die plaatjies van al vier die harsingshope afsonderlike en goed herkenbaar bestudeer!

[8] Kyk, hier regs bestaan die voorhoofsharsings uit almal reëlmatig gevormde piramides, en ook die agterhoofsharsings bestaan uit soortgelyke piramides, - hierdie is slegs driemaal so klein, maar dit is vir die opneem van enkele lugtrillingsgetalle tog ruim voldoende vir die siel.

[9] Kyk nou egter na beide die hope aan My linkerkant! Daar sien julle heelwat verskillende vorme, soos wat al eerder opgemerk is, en dit pas nêrens goed in teen mekaar nie; dan is daar hier, dan weer daar `n hol ruimte en dit gee aanleiding tot allerlei verkeerde weerkaatsings, soos wat julle later ook werklik sal sien. Die agterhoof, wat daar net so uitsien soos die voorhoof, het ewe-eens plaatjies wat driemaal so klein is as die van die voorhoof. - Kyk nou eers na die vorme!"

[10] Dan kom almal nader om die brein te bekyk, wat nou deur middel van die vier kunsmatig vergrote rivierklippe voorgestel word - tot nou toe slegs nog maar vir wat betref die piramidale plaatjiesvorme, sonder inwendige kamerafdelings en sonder onderlinge verbindings van die harsingsplaatjies.

[11] "As almal `n duidelik begrip daarvan gekry het, sal Ek, deur nogmaals daarop te blaas, die harsingsplaatjies in kamertjies afsonder en hulle in elke kamertjie polêr verbind, net soos die kamers self en die voorhoof met die agterhoof, sodat die harsingsplaatjies daardeur, onafhanklik van hul soort, in staat sal wees om beelde of tekens op te neem."

[12] Cyrenius se verbasing word oorweldigend en hy sê ten slotte: "Ag, nou gaan daar vir my `n lig op! Die oer-Egiptenare wat eerste hul skole in die vorm van piramides gebou het, was beslis nog mense met `n oervolmaakte siel, dus inwendig vol lig, en hulle kon die organiese bou van hul liggaam sien! Hulle sal hierdie piramidale vorme wat vir die menslike waarneming die belangrikste is, beslis ook gesien het en hulle het later dan ook hierdie vorm by die bou van hul fantastiese skole verkies. Ja, hulle sal ook die bou van elke afsonderlike harsingsplaatjiespiramide so sekuur moontlik bekyk en ondersoek het, en vervolgens elke piramide ook van binne, maar dan op baie groot skaal, dieselfde inrigting gegee het wat hulle organies by `n piramidevormige harsingsplaatjie gevind het!

[13] Daarom het so `n piramide van binne so `n groot aantal gange en vertrekke, waarby en waarvan ook nou geen mens, ook al is hy hoe knap, onmoontlik meer kan bepaal waarvoor die een en waarvoor die ander gebruik word nie! -Heer, het ek dit só goed begryp?!"

[14] Ek sê: "Volkome goed en waar; want so was dit, en die Egiptenare het dan ook die vlakke van die piramides spesiaal van binne beskilder met allerlei tekens en tekste en beelde, wat op gepaste wyse laat sien wat `n mens op hierdie aarde in sy liggaam alles moet deurmaak en bestry, en hoe hy homself moet leer ken en hoe die ware liefde die middelpunt van die lewe is."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205