Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 234

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die verbinding van die sintuie met die harsings

234 (Die Heer:) "Noudat ons die belangrike, voorbereidende werk gesien en verstaan het, moet ons, om die heeltemal te kan verstaan, ook nog `n baie kort blik werp op die wyse waarop die siel ten slotte ook die beelde uit die stoflike wêreld op dieselfde harsingsplaatjies laat inprent.

[2] Kyk nou hierheen; nou moet daar ook beelde wat deur die oë kom, op die harsingsplaatjies aangebring word! - Ek wil dit en dus geskied dit!

[3] Let nou veral op die skryfstafies of obeliske wat voor twee vlakke geplaas is, en kyk nou hoe hulle opeens heeltemal donker geword het! Hulle lyk asof hulle met `n baie donker vloeistof gevul is, en kyk, daar staan ons almal, terwyl ons staan en praat, presies met die bome en alles wat ons sien, op die harsingsplaatjies geteken! Maar nie vlak en dood nie, maar ruimtelik en lewend!

[4] Elke beweging wat ons maak, word hier sowel enkelvoudig as duisendmaal duisend keer weergegee en tog bly `n voorafgaande, of bly ook duisend voorafgaande posisies wat in die inwendige kamertjies van die piramide geteken staan, steeds vir die oog van die siel sigbaar. Dit word voortdurend deur die geestelike lig van die siel verlig; en dit veroorsaak dit wat mens ten dele 'geheue' en ten dele 'herinnering' noem, omdat dit in die inwendige van die harsingspiramide bewaar word. Die bewaarde word egter deur veelvuldige weerkaatsings sodanig vermenigvuldig dat mens een en dieselfde voorwerp dan ontelbare kere met hom kan saamdra.

[5] So dra elke mens, veral in sy siel en onnoemlike meer nog in sy gees, die totale skepping, van haar grootste tot haar kleinste deeltjie saam met hom, omdat die mens self daaruit voortgekom het.

[6] Wanneer hy nou na die sterre of die maan of die son kyk, word dit alles weer opnuut in sy brein op die nou getoonde wyse ingeprent, en die siel kyk daarna en beleef `n ware genoeë daaraan, en dit wat waargeneem is word deur die ware genoeë van die siel dadelik in die inwendige en binneste van die harsingspiramide, natuurlik op baie klein skaal, verveelvoudig langs die weg van die innerlike refleksie ingegraveer en dit kan altyd weer deur die siel gevind en nog beter bekyk word.

[7] Alle afbeeldings uit die sfeer van die buitewêreld word weliswaar net as donker beelde sigbaar; maar die ligtende beelde wat uit `n beter lewensfeer kom, wat daaragter staan, verlig die natuurbeelde, en hulle word daardeur self, en in al hul onderdele, voldoende verlig, sodat die siel die inwendige opbou daarvan goed kan deursien, ondersoek en verstaan.

[8] Bowendien staan veral die voorhoofsbrein in `n konstante verbinding met die reuk- en smaaksenuwee, netsoos wat die agterhoof met die algemene gevoelsenuwee staan. Dit laat dan ook op die spesiaal daarvoor bestemde harsingsplaatjies bepaalde kenmerke agter, waardeur die siel byvoorbeeld weer onmiddellik en moeiteloos sal weet hoe die een of ander blom of salf ruik, of hoe die een of ander spys, vrug of drank smaak en ook ruik; want daar is so `n voorsiening getref, dat elke reuk- en smaakplaatje deur baie gevoelige senuwees sterk met die een of ander voorwerpplaatjie in verbinding staan.

[9] Sodra `n bekende geur die reuksenuwees van iemand nou geprikkel word, meld daar dadelik `n ooreenkomstig reuk- of smaakplaatje hom aan, en daaruit word die ooreenkomstige voorwerpplaatjie dadelik geaktiveer, waardeur die siel op vinnige en eenvoudige wyse te wete kom waarmee die geur of smaak mee te make het. Ook meld die algemene gevoel, via die agterhoof, aan die siel wat die vorm en die hoedanigheid is van die saak waardeur die gevoel geprikkel is. Maar dit alles gebeur slegs duidelik sigbaar by `n brein wat in `n hoë mate geordend is, soos wat dit nou getoon is. By `n ander, ongeordende brein sal vae ooreenkomste kwalik met die geordende brein gevind word, waarvan Ek julle nou dadelik feitelik en prakties sal oortuig.

[10] Aan die hand van die bou van die plaatjies en die onreëlmatigheid van die verdeling in hoof- en sykamertjies sien julle al dat die tweede brein `n mengsel is van allerlei stereometriese figure, bestaande onder andere uit skywe, bolle, sferoïdale en ander deurmekaar vorms. Die obeliske voor die vlakke is merendeels nie aanwesig nie, en waar hulle sigbaar is, lyk hulle heeltemal verskrompeld en selde van dieselfde grootte en sterkte!

[11] Hoe kan so `n brein vir `n siel nuttig wees? Die brein kom, soos wat julle hom nou sien, vanweë die vroeëre genoemde redes, alreeds op hierdie wyse aangetas uit die moederliggaam uit. Maar ons sal nou dadelik sien wat tydens die gebruiklike wêreldse ontwikkeling daarmee sal gebeur en wat die einde daarvan sal wees en watter doel bereik sal word. Let almal nou goed op!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205