Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 235

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die onbedorwe en die bedorwe brein

235 Cyrenius vra, `n bietjie oorbluf: "Heer, is hierdie brein dan, wat U slegs op almagtige- en derhalwe wonderbaarlike wyse hier laat bring het, ook reeds, terwyl dit in `n moederliggaam was, deur sinnelike- en wellustige gemeenskap tydens die swangerskap bederf?"

[2] Ek sê: "Maar vriend, wat vra jy dan nou! Het Ek dan nie vooraf gesê dat dit alles net `n voorbeeld van die werklikheid is nie? Wie sou nou ooit kon dink dat hierdie kunsmatige brein, wat hier slegs maar vanweë die onderrig getoon word, ooit werklik in `n moederliggaam sou bederf het?! Dit lyk net presies so, en daarom sê Ek: Hierdie brein kom so aangetas uit die moederliggaam uit! Dit is maar net `n bepaalde manier van praat om dit meer verstaanbaar te maak, en daarom op sigself slegs `n nabootsing van die werklikheid, maar geen oorgeërfde, reële werklikheid nie! Is dit nou vir jou duidelik?"

[3] Cyrenius sê: "Heer, vergewe my vir my groot domheid, want ek sien dit nou goed in!"

[4] Ek sê: "Ek weet goed dat jy dit sou kon insien, maar jy word verlei om baie dom vrae te vra deur so `n oplewende, wêreldse herinnering in jou harsings, en daaraan kan jy meet wat se wysheid alle sogenaamde wêreldse wysheid `n siel wat na waarheid snak, bied of kan bied!

[5] Alle vrae wat die wêreldse geleerdes stel, is op sigself al uitermatig dom; wat sou jy dan wel dink van die antwoord, wat ander wêreldse geleerdes gee aan die vraende geleerdes? As hulle lig al uit nag en duisternis bestaan, hoe sal hul werklike nag en duisternis dan nie `n verskriklike nag en duisternis wees nie!

[6] Pas daarom op vir alle wêreldse wysheid, want Ek sê julle dat dit baie meer duister en slegter is as wat die hoog in aansien staande wêreldse wysheid domheid noem! Want iemand wat deur die wêreld dom genoem word, kan maklik gehelp word, terwyl so `n reg geaarde wêreldse geleerde gladnie meer of slegs baie moeilik gehelp kan word. `n Bietjie dom vraag vra julle julleself af, naamlik of die eintlike wêreldse wetenskap dan gladnie meer gehelp kan word nie? Dit kan julle nou tog oorduidelik aan die tweede, bedorwe brein sien!

[7] Kyk eers na hierdie harsings hier regs, wat hom binne die oorspronklike orde bevind en totaal onbedorwe is! Wat `n heldere struktuur! Niks behalwe lig en nogmaals lig nie, en alle vorme, sowel aan die buite sye asook wat die inwendige organiese bou aanbetref, sien daar uitermate helder en suiwer gevormd daaruit! Wat `n duidelike begrip en voorstelling moet so `n siel nie van alle dinge en verhoudings kry nie! Hoe wys en algeheel lewenskragtig is so `n mens nie! Wie van al die talle wêreldse kinders kan hulleself hieraan meet?! Wat `n siel, wat haar in die oorspronklike orde bevind, alles kan doen, het julle vroeër by die swartes gesien!

[8] Maar nou het ons `n bedorwe brein voor ons, en ons sal sien hoe dit deur `n uitermatige slegte en verkeerde opvoeding daarna nog meer bedorwe word, en julle sal daaruit tog wel baie duidelik kan uitmaak hoe nutteloos en sonder wysheid so `n wêreldse geleerdheid is vergeleke met die ware, hemelse geordende Wysheid! Kyk nou eers in wat se chaos hierdie brein is! Nêrens is `n geordende samehang nie; hier en daar maar net `n vergroeide harsingspiramide! Die hele geval lyk meer na `n gruishoop as na `n brein!

[9] Hierdie vorm kry die brein alreeds in die moederliggaam! Wat moet daar van so `n mens tereg kom, watter vordering sal hy in die ware lewenskool maak met so `n brein?! Ja, as mens dit nog maar met rus sou laat en die hart eers tien jaar lank sorgvuldig sou vorm! Maar wat word van die opvoeding van die hart?! Mense dink glad nie meer daaraan nie, en in die hoër vlakke van die volk ook heeltemal nie! Die laere volke weet van `n ontwikkeling van die siel of van die lewe af niks meer as die dapper diere uit die bosse nie, en hul eienskappe is dieselfde as die oerbewoners van die bosse wat ander goedaardiger diere as prooi en voedsel gebruik en daarvan leer."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205