Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 244

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die mens bepaal self sy lot

244 (Die Heer:) As jy die lewe van die mens so bekyk, dan sien jy gou dat hy selfs onder die mees gunstige, aardse omstandighede, bepaald niks vir niks kry nie. Van koning tot bedelaar moet elk tydens die somer van sy lewe die geveg aangaan met die steekvlieë, en dit is beslis nie aangenaam nie. As kind word die mens gepla deur swakte, as man met allerlei sorge, en as grysaard met beide, en nog niemand het die laaste lewensuur die aangenaamste tyd van sy lewe gevind nie.

[2] So kruip die aardse lewe meestal steeds tussen dorings en distels voort en wie `n hekel daaraan het, sal hom uiteindelik nie wys kan maak dat die aardse, liggaamlike lewe baie aangenaam en geluksalig was nie; en hoe meer eieliefde iemand het, soveel te meer belediginge moet hy ook verduur. Wie hom egter, omdat hy bykans geen eieliefde het nie, tydens sy lewensomer niks aangetrek het van al die teëgekome steekvlieë en van alle kleinere en beledigende dorings en distels nie, en ook deur allerlei liggaamlik lyding, armoede, herhaaldelike honger, dors, koue, slegte kleding met daarby slegte onderdak wat voorgekom het, en daarnaas nog allerlei ander ellende, nie uit sy ewewig gebring is nie, hy sal aan die einde van sy lewe nog baie oor lewensvreugde kan vertel, terwyl tot `n koning homself, ondanks alle bewieroking, aan die einde van sy aardse lewe sal bekla oor allerhande sake wat sy misnoeë opgewek het.

[3] Want waar vind jy `n koning, wat na alles wat hy hom by die aanvaarding van sy regering voorgeneem het, tot `n voorspoedige einde gekom het?! Omdat dit egter onmoontlik was en hy ten slotte talle, en nie net sulke klein, rekenkundige foute in homself ontdek het nie, word hy volkome ongelukkig, en dit is vanouds af bekend dat konings meestal sterwe aan die gevolge van `n heimlike, innerlike verdriet.

[4] Gedurende die tydperk van sy aardse lewe bevind die mens hom dus in homself in `n bepaalde vorm, in `n volkome bepaalde bewussyn van homself, waarin en waaronder hy hierdie aardse lewensproef afgelê het. Binne of buite My orde, wil ons nou in die geval buite beskouing laat, want die aardse lewe het hom in alle opsigte weinig plesier, maar te veel bitterheid opgelewer. Dit is dan ook die rede waarom die groot geleerdes van die heidene niemand ter wêreld geseënd wil prys nie, en dat hulle slegs diegene geseënd prys wat weer in die skoot van die aarde teruggekeer het.

[5] Wat sou `n siel dan daaraan hê as sy, na die aflegging van die liggaam, vir al die deurgestane moeite haar bewussyn, as die onverganklike oer-ek, sou verloor, en selfs sou ophou om te bestaan of haar verdeel sou sien in duisende ander?! Sou daar by julle ook maar iemand tevrede gewees het as My orde so sou gewerk het? Beslis niemand nie! Daarom glo Ek dat dit tog altyd nog beter sal wees om alles in die ou orde te laat en vóór alles daarop te let dat niemand homself, al is hy ook nou hoe sleg daaraan toe, enige skade sal ly aan sy identiteit nie!

[6] Dat ‘`n ek’ eers dan volkome geseënd kan en moet word, wanneer hy self bepaald binne-in My orde gekom het, dit weet julle nou presies, want daarom het Ek julle nou gedurende byna sewe dae ononderbroke `n les gegee en julle teruggevoer na die oerwortels van die hele skepping van die geestelike en sintuiglike wêreld. Dat `n siel daarenteen ook geen ware en duursame geluksaligheid kan bereik nie, solank sy uit eie vrye wil My orde wil binnegegaan, het Ek julle ook al heel dikwels laat sien deur woorde, dade en baie sigbare voorbeelde, en Ek het dit nogmaals met woorde aan julle duidelik gemaak. Hoe kan daar dan enige liefdeloosheid, onbarmhartigheid, hardheid en ongeregtigheid in My aanwesig wees? Of kan julle in dit wat vir die bestaan van `n mens noodsaaklik is, wel `n hardheid in My opnoem? Ja, met `n greintjie minder geduld en met eweveel minder lankmoedigheid, sou Ek hard en onregverdig gewees het, maar beslis nie so nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205