Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 249

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Tekens by die uitbreiding van die leer van die Heer

249 (Die Heer:) "Ek sou nou ook vir Jerusalem tekens kon doen waardeur die hele Jerusalem sodanig onder die indruk sou kom dat hulle seker vir geen oomblik nie daaraan sou dink om hulle nie onvoorwaardelik aan My geloof oor te gee nie, maar wat se geloof sou dit wees? Dit sou slawegeloof wees uit vrees en angs, en dit sal `n oordeel wees vir die mense, waaruit hulle vir duisende jare lank nie meer sou kon vryraak nie!

[2] Want `n blinde, fanatiese geloof, wat op waarheid of op `n leuen berus, het nou eenmaal vir die lewe geen innerlike waarde nie, en dit is naderhand ook nog moeilik om dit by `n volk, wat daarin gevange sit, weg te neem. En solank `n volk fanaties glo, bevind hulle hulleself geestelik in die oordeel en sodoende in die diepste slawerny van die siel, en diesulkes kan net gehelp word, hier sowel as in die hiernamaals, deur `n langdurige onderrig van woorde en dade, en deur `n baie grondige en tewens baie begryplike uitleg van al die wonderbaarlike wat die siele van die volk in wese gevange hou.

[3] Die beste middel is egter die slegte, gemene en leuenagtige wording van die priesters, wat by elke godsdiens steeds na verloop van tyd soos paddastoele uit die grond opskiet en hulle vervolgens as plaasvervangers van die godhede aan die volk opgedring het, - eerstens natuurlik as wyse en heel sagsinnige vermaners, leraars, troosters en hulpverleners, maar later, toe hulle die guns van die volk eenmaal goed verower het, as regters, bestrawwers en selfs as heersers oor die trone van die konings!

[4] Wel, dan kom die volk meestal al hul slegte streke agter en die ou, luigeworde, fanatiese geloof begin dan om broos te word en vertoon steeds groter skeure en gate, en dan kan daar maar nog hoe ywerig aan verstel word, dit baat egter niks meer nie, en daar is dan baie gou maar weinig wat nie by die eerste en beste geleentheid dadelik die ou, heeltemal verslete, kleed wil omruil vir `n nuwe een nie. Maar voordat `n volk sover kom, gaan daar minstens `n paar duisend jaar verby!

[5] Wees daarom uiters versigtig met die uitbreiding van My leer, dat julle dit aan niemand opdring nie, nog deur die swaard en nog minder deur tekens wat teveel aandag trek! Die wond van die swaard kan genees, maar die van `n te groot wonderwerk bykans nooit nie.

[6] Waar julle dus voldoende het aan die woord, moet julle geen tekens doen nie; want dit was tot op hede nog altyd die middel van die valse profete gewees, waarmee hulle altyd die blinde volke nog blinder gemaak het as wat hulle voorheen was. Ek wil daarmee egter natuurlik nie sê, dat julle ook in noodgevalle geen tekens moet doen nie! Julle sal by allerlei heidene kom, waarvan die priesters die kuns baie goed verstaan om allerlei tekens te verrig en allerlei voorspellings te doen, wat óf deur `n verfynde, dubbelsinnige manier van uitdrukkings, óf deur wydvertakte, afgesproke middele altyd in vervulling gaan, wat alles ingegee word deur Satan en sy engele, en alles tot uitdrukking kom in die bose wil van die mens.

[7] Dus teenoor sulke aartsvalse profete is dit op so `n plek om óf `n gedugte teenteken te doen, óf aan die beter deel van die volk die valse wonders van hul priesters baie duidelik uit te lê. In elke geval begin die beter deel van die volk sy priesters sterk daardeur te verdink, en dan het julle al so goed as gewen.

[8] Eers daarna kan julle ook enkele weldadige tekens doen, soos byvoorbeeld allerlei siekes te genees deur die oplê van die hande in My Naam, hier en daar hongeriges en dorstiges te versadig, ook kan julle `n verwoestende storm afwend deur slegs My Naam uit te spreek teen die onheils-swangere wolke in die lug, wat by sulke geleenthede gewoonlik gevul is met die smerigste en ergste geeste. Op die wyse sal julle geen enkele mensesiel vasketting nie, maar hulle so geheel uit eie wil lei, soos wat `n goeie herder sy lammers lei, wat hom op al sy skrede gewillig en graag volg, omdat hulle maar net iets goeds van hom te verwagte is.

[9] My beste Mathaël, nou weet jy ook hoe jy in die geheel volgens My wil deur woord en daad te werk moet gaan met die uitbreiding van My leer by die volke waaroor jy in die toekoms sal regeer, en dit geld ook vir jou vier metgeselle!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205