Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 250

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Moeilikhede met die uitbreiding van die suiwer leer

250 (Die Heer:) "Jy sal egter veral in die noordelikste deel van jou ryk, wat wel eendag die grootste op aarde sal word, buitengewoon onkundige heidene aantref, aan wie dit baie moeilik sal wees om die lig van die waarheid aan te bied; doen hierdie heidene egter met die mag wat aan jou verleen is, nie te veel geweld aan nie! Waar dit nodig is kan jy hulle wel baie ernstig aanpak, maar absoluut nie met die swaard of met te opvallende tekens nie; want die swaard sou slegs uiterlik die ou, diep ingewortelde bygeloof by hulle wegneem, maar innerlik sou hulle meer verbitterd daaraan vashou. Met te veel verblindende tekens sal jy slegs maar bereik dat die een fanatisme in die plek van die ander kom! Want die volke wat jou tekens sal sien, sal weldra die grootste vyande van hul nog ongelowige bure word en hulle met vuur en met die swaard vervolg, en die van die ou geloof sal dieselfde doen aan die van die nuwe geloof. Wat sou daarmee gewen word?

[2] Omdat My leer egter `n ware, hemelse vredesboodskap is, moet dit geen tweedrag, onvrede en oorlog onder die mense en volke op die aarde veroorsaak nie! Dit moet sover moontlik vermy word. Om dit van My kant af te voorkom, sal Ek julle slegs maar stewig onder die mag van My almag stel, waarna julle natuurlik nie meer in staat sal wees om anders te dink en te handel as om My wil voor te skryf nie; maar hoe sal dit daar dan met julle eie vrye wil uitsien?! En as dit My wil was, sou Ek Self tog nooit liggaamlik op hierdie wêreld hoef te gekom het nie; want My ewige almag kon julle ook sonder die liggaam aanpak en dwing om dinge te sê en te doen, soos wat Hy vroeër die profete geroep het. Sou dit egter in julle belang wees? Julle sou daardeur wel, net soos hierdie swartes, mense met volmaakte natuursiele geword het, maar waarskynlik nooit volmaakte kinders van God nie.

[3] Maar sodat julle self volmaakte vrye verkondigers van My woord sou word vir alle tye van die tye, het Ek liggaamlik na julle toe op hierdie aarde gekom, waar Ek vir die algehele oneindigheid die kweekplek van My kinders opgerig het, om julle in staat te stel om as My vrye kinders ook vry uit My mond die leer te verneem, haar te beoordeel en dan ook verder te vergroot onder die volke van die aarde. Wie haar in haar suiwerheid vrylik sal aanneem, sal daarmee ook vrylik die reg kry op die gelukkigste kindskap van God.

[4] Wie egter hierdie leer van My, wat Ek nou aan julle gegee het, nie vrylik nie, maar met geweld opgedring het, sal net so lank geen deel kon hê aan die reg op die ware kindskap van God nie, totdat hy hom vry, geheel uit eie vrye wil, hetsy hier of ook in die hiernamaals met al sy kragte aan My en My suiwere woord gaan wy en die woord vrywillig as rigsnoer van sy lewe maak.

[5] Ek sien egter dat binne enkele jare nadat Ek weer teruggegaan het, dit ook met hierdie leer van My in die algemeen baie treurig daar sal uitsien. Maar Ek sien tewens, hoe dit in klein gemeentes sonhelder bewaar sal bly tot aan die einde van die tye van hierdie aarde! En dit is `n groot verkwikking vir My waaragtige Vaderhart. Maar julle moet suiwer wees, hou julle min of gladnie nie besig met algemene lewensomstandighede nie, want van die talle swyne sal julle nooit filosowe maak nie. Vir hierdie skepsels is die voedsel al goed genoeg. Wel roep Ek: 'Kom almal na My wat vermoeid en belas is, want Ek wil julle almal verkwik!'; maar hierdie lewensroep van My sal deur baie, baie nie gehoor en nie opgevolg word nie!'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205