Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 261

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die groei van die menslike, uitstralende lewensfeer

261 (Die Heer:) "Maar jy hoef nie spesiaal `n Moor te wees om die vermoë te besit om jou aan die diere verstaanbaar te kan maak nie. Ook die blanke kan dit verkry as hy hom volkome gereinig het. As `n siel eenmaal heeltemal rein is en sodoende ook heeltemal gesond en kragtig is, begin sy die oorvloed van haar uitstralende lewensfeer in `n sekere sin buite die grense van haar liggaam te verlê, en sy brei uit, namate die lewe in haar suiwerder geword het.

[2] Vergelyk dit met `n dowwe gloeiende kool wat een van julle in `n donker kamer vir hom neerlê. Die kool sal nouliks soveel lig in haar allernaaste omgewing versprei, dat mens skaars kan sien waar sy lê. Blaas mens op haar verduisterende as, as `n soort sielestof, van haar oppervlakte weg, dan sal haar lig rondom reeds so sterk en so ver deurdring, dat mens haar naaste omgewing al baie goed sal kan sien. As mens steeds harder blaas, sal vanuit haar reeds liggloeiende oppervlak soveel lig versprei, dat mens desnoods reeds in die hele kamer die voorwerpe, wat hulle daarin bevind, baie duidelik sal kan sien. Kom daar vervolgens wit vlammetjies op die gloeiende kool, dan sal dit daardeur in die hele kamer goed lig word, en mens sal dan nou voldoende lig hê om die kleure ook duideliker te kan sien.

[3] Met die suiwere siel gebeur dieselfde. Die gloeiende met as bedeke kool lyk soos die vlees vergroeide siel. Sy het al haar lewensvuur nodig om haar omringende, duistere materie te vorm; daarom is vorming van `n uitstralende lewensfeer dus totaal onmoontlik! En so `n materiële siel kan dus nooit iets bespeur van `n spesiale en hoëre eienskap nie. In hierdie geval is daar geen sprake van `n heerskappy oor alle skepsels, ewemin kan hulle iets sien in die sfeer van die lewensgebied van die siel en iets hoor van `n innerlike, geestelike stem en nog baie minder iets verstaan van die diere- of selfs die plantetaal nie, - suiwer sake wat aan die aartsvaders net so bekend was as aan julle die allerbekendste, uiterlike vorm van `n ding of van een of ander voorwerp. Want waar sou die siel haar geestelik uitstralende sfeer vandaan moet haal om iets helder te verlig, as hy, wat self lig sou moet gee, nie voldoende verligte lewenseter uitstraal om van homself te kon sien, dat en hoe hy bestaan nie?!

[4] So `n siel weet ten slotte van haar eie bestaan nouliks iets, ken haar basis beslis nie, en as sy iets geesteliks oor haar hoor, stuit dit haar teen die bors; sy val van skrik in `n soort onmag sodra sy maar iets sien wat enigsins lyk na die siel van `n oorledene, en word bang by die sien van groot wonders. Waar moet so `n siel heengaan?

[5] Ag, wanneer `n siel egter, nadat sy op een of ander wyse, hetsy deur een met sekerheid gegewe mededeling, of deur eie oortuiging, geestelik aangeblaas word en net soos die vroeëre genoemde kool gaan gloei van lewe, voel sy ook vir die eerste keer dat sy `n siel is en begin sy die basis te herken waarop sy berus. Word die aanblasing sterker en sterker, dan sal sy, omdat sy self ligter en ligter word, haarself steeds helderder, suiwerder herken en haarself onderskei van die materie en haar lig sal reeds begin om verder as haarself te reik en haar uitstralende lewensfeer te verlig.

[6] Hoe heftiger en onophoudeliker die geestelike lewenswinde die siel dan aanwakker, soveel te meer gaan die uitstralende lewensligsfeer van die siel gloei van lewe, en lig gee en verder na buite straal, en die siele lewe daarvan wat dan binne so `n uitstralende lewensligsfeer kom, word ook deurstraal, en deur die liggewende siel gou en maklik volledig herken en deursien.

[7] As `n siel eenmaal sover is dat sy haar grootste ligsterkte bereik het, wat dus vergelykbaar is met die vlammende, witgloeiende gloed van die kole, sal haar uitstralende lewensligsfeer, wat slegs uitgaan vanuit haar siel, ook die verste moontlike en mees intensiewe uitbreiding bereik het, waardeur sy dan reeds heerseres van alle skepsele geword het, omdat sy met die uitstralende lewensligsfeer `n volmaakte intelligente en baie sterk verbinding kan maak met alle skepsele wat naby genoeg aan haar is."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205