Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 262

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die uitstralende lewensligsfeer van Moses en die patriarge

262 (Die Heer:) "Die ou, vrome patriarge het `n uitstralende lewensligsfeer gehad wat so sterk was, dat hulle snags lig afgegee het, ook vir aardse oë. Nadat Moses met God op Sinai bymekaar gekom het, het sy siel deur die gloed van sy liefde tot God so sterk gestraal, dat sy gelaat oordag heerliker en helderder gestraal het as die lig van die son in die middel van die dag, en Moses moes sy gesig met `n driedubbele doek bedek, omdat die ander mense andersins nie na hom kon kyk nie. Onder die mense van hierdie aarde het Moses se siel toe die hoogste volmaaktheid bereik, daarom moes alle skepsele hom dan ook baie presies gehoorsaam. Hy het op die hoogste intelligente manier in verbinding gestaan met alle geskape wesens, vind daardeur ook orals My wil, toon dit aan die blinde mense en wys hulle ook die korrekte weg aan waarop elke mens, as hy maar `n vaste wil gehad het, tot volmaaktheid van sy siel kon kom. Hy het ten behoewe daarvan ook `n eie profeteskool opgerig, wat in hierdie tyd weliswaar nog bestaan, maar wel in die trant van die nuwe, onegte ark van die verbond, omdat die egte Mosaïetiese ark lankal sy krag en uitwerking verloor het.

[2] As Moses naas sy uiters volmaakte siel ook dit kon bereik dat die gees in hom gebore word, sou dit hom ook dan eerste ten dele geval het om soos Ek, soos `n EliJaH, maar sonder `n vurige wa, sal opvaar, sou hierdie grootste van alle profete van hierdie aarde al die sterre nuwe bane kon gegee het. Groot sonne sou hom, net soos die golwe van die Rooi see, na sy wil moes skik, soos wat die harde granietrots ook presies op die plek waar Moses dit wou, `n ryk waterbron moes laat ontstaan, want hy het die in die steen verbanne geeste beveel en hulle het Moses se taal goed begryp en gedoen wat hy beveel het.

[3] Dat die ou wyses egter meestal nie slegs met die diere, maar met alle plante en selfs met klippe en metaal, met die water, met die lug, met die vuur en met alle geeste van die aarde kontak gehad het, daarvan getuig die hele Skrif duidelik en baie geloofwaardig soos in die boeke van Rigters, van die Profete, die vyf boeke van Moses en nog `n aantal ander boeke en aantekeninge, en enige, weliswaar baie verminkte, tradisies van die volk. Die kunsmatige gesprekke van die Essene met die gras, die bome, die rotse en die water in hul wondertuin is slegs maar `n imitasie van hulle, wat eens lewende werklikheid was!

[4] Hierdie swartes het julle nou egter op baie maniere laat sien watter krag `n onbedorwe siel besit, en Ek Self het julle nou die rede daarvoor op talle wyses sonhelder uitgelê, en daarom meen Ek nou, dat julle dit nou baie goed as `n vasstaande waarheid kan aanneem, en dit nog soveel te meer as Ek julle nog daarby sê, dat dit wat by die mense plaasgevind het, nou nog plaasvind, en verder nog steeds sal plaasvind.

[5] Bowendien lewer julle herders tot vandag toe daarvoor nog `n duidelik bewys, deurdat baie sorgsame herders met bepaalde kenmerkende aksies en geluide hul kuddes lei en hulle hul wil te kenne gee, waaraan die kuddes dan dadelik gehoor gee. En begryp die esel of die os, ook al gaan dit ietwat moeisaam, nie volledig die aanwysing van sy meester en touleier nie? Wie weet nie, dat selfs die grimmige leeu sy weldoener altyd herken en hom nooit, selfs nie in sy rasende woede, enige kwaad sal aandoen nie? Die bewys dat die diere op hul manier ook `n begrips-, `n beoordelings- en dikwels `n heel skerp herkenningsvermoë besit, en by baie geleenthede die mens deur `n bepaalde gedrag, bepaalde bewegings, en dikwels opvallende teenstribbeling, wys op `n dreigende gevaar en die mens red, as hy daarop let.

[6] Vanwaar kom dan tot vandag toe nog onder die heidene die aanwesige offeruitlêers, wat uit die gesang en die vlug van die voëls, en uit die gedrag van die ander diere, van alles te wete wil kom? Dit is skaduwees van die werklikheid, wat bestaan het en waarvan ons juis nou spreek."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205