Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die Heer en die nege verdrinkte mense

3 Daarna gaan ons gou na die nege verdrinkte mense en Ek laat hulle met die gesigte na bo en die hoofde bergopwaarts neerlê. Nadat hulle so neergelê was, sê Ek vir Markus: "Gee elkeen van hulle `n paar druppels wyn in die mond!" Dit gaan maklik omdat almal met hulle monde oop lê. Terwyl dit gedoen word, sê Ek vir alle aanwesiges: "Laat elkeen wat nou nog twyfel, eers self kontroleer of al nege wel heeltemal dood is!"

[2] Onder die dertig bekeerde fariseërs is daar ook `n dokter, wat die kennis gehad het of `n liggaam heeltemal dood was of nie. Hy tree nader en sê: "Ek kom nie na vore omdat ek ook maar die geringste twyfel het aan die dood van hierdie verdrinkte mense nie maar om, as `n kundige, julle deur my ondersoek die oortuigende bewys te gee dat hierdie nege heeltemal dood is." Toe betas hy die nege, kyk na hulle oë en na die Hippokratiese neuse, wat `n vaste teken van die volledige dood en die algehele uitblus van alle fisiese lewensgeeste is.

[3] Na `n nougesette ondersoek spreek die dokter hardop sy oordeel uit, daarin gesteun deur die ooreenkomstige getuienis van almal wat sy bevinding korrek en geldig en waar bevind, en hy voeg nog daaraan toe: "Nie nou nie, maar reeds gister, `n uur nadat hulle in die water omgekom het, was hulle al net so volkome dood as wat hulle nou is! Te oordeel aan die neuse en die geur het die ontbinding alreeds ingetree. Geen menslike kennis, krag en mag roep hierdie nege mense weer in die lewe terug nie! Dit kan maar net Hy alleen doen wat op die jongste dag alle dooies uit die grafte weer in die lewe sal terugroep!"

[4] Ek sê: "Sodat julle egter na hierdie korrekte diagnose van die dokter heel duidelik die Glansrykheid van die Vader in die Menseseun sal herken, roep Ek nou hardop tot die Vader en sê: 'Vader, verglans U Naam!'"

[5] Toe hoor baie van hulle`n Stem, wat klink soos die rol van talle donderslae: "Ek het hulle deur Jou, My geliefde Seun, verglans, want Jy is die Een, aan wie Ek `n ware welbehae het! Na Jou moet die mense luister!"

[6] Baie hoor hierdie woorde, maar talle ander hoor slegs die donder en begin te vra of dit nou gedonder het. Maar hulle, wat die donderende woorde gehoor het, vertel wat hulle gehoor het en die ander verbaas hulle daaroor en sê: "Dit is vreemd! Ons het net die swaar donder gehoor, - maar as julle almal dieselfde woorde gehoor het, glo ons asof ons dit self gehoor het. Maar tog blyk dit daaruit dat hierdie meester hier eintlik slegs die seun is en nie die heilige, almagtige Vader nie, wat in die hemel woon en wat geen mens ooit kan sien nie, maar wat slegs op heilige oomblikke kan spreek. Op die wyse was Moses ook `n seun van die Allerhoogste, omdat hy ook uitsonderlik groot tekens gedoen het, en die ander profete was dit ook in gelyke mate. Hierdie Nasarener sou wel die grootste van alle profete kon wees omdat hy die grootste en meeste tekens doen".

[7] Murel, wat noulettend geluister het, sê: "Nee, nou het julle dit mis; dit getuig nog van julle groot onbegrip! Wie het vóór Moses deur die Gees van JaHWeH `n Moses aangekondig, wie `n EliJaH, wie `n Samuel, wie die vier groot profete? God roep hulle soos by toeval en hulle profeteer dan! En oor wie profeteer hulle die meeste? Juis oor Hom wat nou hier by ons staan! Die Stem wat nou as `n enorme donder te hoor was, was net so goed as die van Hom, soos dit uit Sy liggaamlike mond vir ons spreek! Die verskil bestaan slegs daarin dat Hy met Sy liggaamlike mond as mens met ons praat, terwyl Hy Hom in die donder laat hoor het as die Een wat ewig was, is, en sal wees, - wat al die bestaande geskape het en wat op Sinai aan die volk die wette gegee het onder voortdurende bliksem en donder. Daarom is dit vir Hom alles moontlik; ook, dat Hy uit die hoogste liefde vir ons, Sy kinders, `n mens kon word soos wat ons is, omdat Hy andersins deur Sy kinders, wat Hy bo alles liefhet, nimmer gesien en herken sou kon word nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205