Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die belofte van Cyrenius

33 Eers toe Cyrenius sy vreugdetrane na `n rukkie uitgehuil het, daarby kragtig bygestaan deur al twee die dogters en Zinka en ook Risa wat nader gestaan het, kom hy weer na My toe, omarm My en sê snikkend: "O ewige, suiwere Liefde! Wie sal U dan nie bo alles kan liefhê nie?! O Heer, o Vader, hoe goed en hoe gewyd is U eintlik! O Heer, laat my in my liefde sterwe!

[2] Heer en Vader! Reeds sedert ek die onmeetlike groot barmhartigheid geniet het om U vanaf U aardse geboorte te geken het, het ek U ook altyd liefgehad en was U steeds die spil waarom al my gedagtes gedraai het! Maar ek was nie altyd ewe sterk meester oor my innerlike wêreld en oor die wêreld buite my nie. Maar nou glo ek egter dat ek deur U barmhartigheid en liefde die nodige krag verkry het om onder alle omstandighede volgens U heilige wil, die hele res van my lewensdae as mens te kan deurloop.

[3] Ek heers weliswaar merendeels oor heidene, waarvan ek jammer genoeg ook nog hier en daar die godeleer moet beskerm - wat `n groot boosheid is; maar `n boom val nie met die eerste hou nie. Ek sal egter my uiterste bes daarvoor doen en sal poog, ten minste binne my gesagsgebied, om die kennis van die enige ware en lewende God onder die beter heidene, soveel as wat maar moontlik is, te verbrei!

[4] Met die priesters sal ons gewis die grootste moeite hê, want hierdie kaste leef al verskeie eeue in hulle volksmisleiding. Die oues sal wel weerlig en donder van die hemel afroep en die jongeres sal grimmige gesigte daarby trek, maar ten slotte sal hulle wel gedwing word om hulle ou gewoontes te laat vaar en op ons nuwe terrein aan die werk te spring. Die verdrietigste vir die eerlike mense op hierdie aarde is egter dat mense die leuen vinnig en sonder enige moeite vind, maar die waarheid slegs kan bereik deur baie moeitevol te soek, wat dikwels gepaard gaan met baie en groot gevare.

[5] Die ou Egiptenare het hulle skole baie voorbeeldig ingerig. Wie maar net iets vir sy uiterlike lewensomstandighede wou leer, moes sy tarief betaal het en dan het hy die talle voordele te siene gekry. Wie egter gekom het om die waarheid, wat die voorwaarde is vir die innerlike lewe, te soek en te vind, was in sy verdagte soeke op `n haas ongelooflike wyse die vuur aan die skene gelê. En as hy die groot lewenswaarheid gevind het, moes hy priester gebly het en dure ede gesweer het dat hy van dit wat hy ontdek het, geen enkele leek ook maar `n woord sou vertel nie!

[6] Sodoende was die heilige waarheid altyd moeilik te bereik, terwyl die regiment van die leuen gratis oor die hele wêreld `n hoë bors uitgestoot het. Omdat die ou leuen altyd die septer oor die mense geswaai het, het die mense aan die leuen gewoond geraak. Dit het tot `n tweede natuur vir hulle geword, wat des te makliker gegaan het omdat baie, hoewel nie almal nie, hulle daarby baie goed beval het en nog beval. Nou, die opgee van die leuen sou, na my mening, op sigself nie soveel besware opgelewer het nie; maar die opgee van die voordele wat tot dusver daaruit geniet was, des te meer!

[7] Maar wees geduldig - alles sal nog in orde kom! Beloof en gee die priesters ander voordele. Toon hierdie kaste, wat tog geen geloof meer het nie, vriendelik onder vier oë die waarheid en tref dan met hulle `n ooreenkoms – ten minste met die beter deel - vir die verspreiding van die waarheid. Dan glo ek dat die grootste probleem van vroeër op hierdie manier tot minimale verhoudings teruggebring kan word. Of `n mens egter ooit op aarde die leuen ten volle sal kan uitban is `n heel ander vraag! Goeie en opregte mense met siele wat met waarheid vervul is, sal sekerlik alles daaromtrent doen om, in ieder geval hulle bure, `n beter insig te gee. Kortom, rondom sulke liggewers sal dit altyd behoorlik lig wees. Maar verder van die ligbron verwyderd sal dit dan al weer donkerder word. En heel ver weg, sowel in ruimte as in tyd, sal soos nou, die diepte van die nag steeds haar septer swaai!

[8] So dink ek daaroor. U, o Heer, sou dit miskien wel kon verander, maar U weet ook waarom dit op hierdie aarde so moet wees! Daarom geskied ook altyd slegs U alleen-heilige wil!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205