Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 35

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Verskille tussen die siele op aarde

35 (Die Heer:) "Bowendien bestaan daar tussen die siele wat van bo af kom ook nog verskille deurdat sommige van hulle uit die volmaakte sonnewêrelde kom. Hulle is sterker as diegene wat van die klein planete, wat soos hierdie aarde lyk, hierheen kom om op hierdie aarde kindskap van God te bereik.

[2] Hoe onvolmaakter `n planeet is, des te swakker is sy emigrante ook. Hulle het weliswaar `n minder swaar lewensproef om af te lê, maar kan tog aan hulle siel meer skade ly. Hulle het ewenwel `n sterk oerlewenskern in hulle, en as dit op die korrekte wyse gewek word, is die siele daarna tog ook weer vinnig heeltemal lewenskragtig.

[3] Ten slotte, en dit kom die meeste voor, is daar siele wat vanaf hulle oerbegin uit hierdie aarde stam. Hulle is oorspronklik geroep tot kindskap van God. Hulle is die swakstes en loop die grootste risiko om heeltemal ten gronde gerig te word. Dit sal egter nie so maklik gebeur nie, omdat daar tussen hulle altyd uit elke honderd wel één of twee sterkeres van bo hulleself bevind, waardeur die swak siele beskerm en daarvan bewaar word om totaal onder te gaan. Ook al is daar baie afgedwaalde skape daarby, dan word hulle te gelegener tyd tog weer teruggevind.

[4] Maar elke siel - hoe swak, onmagtig, geskonde en bedorwe ookal - het die oerlewenskern in haar wat nooit verlore kan gaan nie. As die siel binne die regte tydsduur sover gebring is dat haar innerlike oerlewenskern in haar gewek kan word, dan is sy vanaf daardie oomblik ook salig en in alle dinge sterk in die Liefde en in die Wysheid. Dan is sy net so goed `n kind van die Allerhoogste, as `n mensgeworde engelgees, of `n siel uit `n sentrale son, of uit `n geringere planetêre son, of uit die één of ander, buiteaardse, elders geleë, donkere en op sigself liglose aardbol, waarvan daar in die wye skepping meer is as die sand aan die see en al die gras op die aarde.

[5] Die van julle wat byvoorbeeld alreeds `n meer volmaakte mens is, kan `n sondaar en `n egte dierlike mens, hoe dom en bygelowig hy ookal is, die hande oplê, of hom saggies van die neuswortel oor die slaap na benede stryk tot in die maagholte, dan word die mens daardeur in `n magnetiese slaap gebring. In hierdie slaap word sy siel, ook al is sy hóé verward, bevry van liggaamlike kwelgeeste en die oerlewenskiem oefen dan dadelik gedurende `n kort tydjie haar invloed binne-in die siel uit.

[6] As jy dan vrae stel aan die een wat op dié wyse aan die slaap gemaak is, sal jy antwoorde kry waaroor jou wysheid haarself buitengewoon sal verbaas!

[7] As so `n mens na `n kort tydjie op eie versoek, wat mens moet opvolg, weer in die aardse lewe teruggebring word, het die oerlewenskiem weer in sy ou rus teruggekeer en die siel val dan weer terug in haar ou bande met die liggaam en herinner haar niks van wat daar met haar tydens die magnetiese slaap van haar liggaam gebeur het nie. Sy weet geen jota van alle wyshede wat sy met haar liggaamlike mond uitgespreek het nie en is dan self weer net so onverstandig en bygelowig soos wat sy voorheen was.

[8] Laat dit `n bewys vir julle wees dat geen enkele siel eintlik so te gronde kan gaan dat sy nooit genees kan word nie.

[9] Weliswaar sal daar vir menige siele `n geruime tyd hier, en nog `n langer tyd in die hiernamaals nodig wees voordat sy die selfstandige, gesonde stewigheid sal bereik wat nodig is om die lewenskiem geheel en al in haar op te wek en haar daardeur in alle dele te laat deurdring. Maar om hierdie lewensproses vir onmoontlik of ondenkbaar te beskou by `n siel wat grondig bedorwe blyk te wees, sou `n ewe groot sonde teen God se Liefde en Wysheid wees, as om te meen dat `n siel wat as verdoem beskou word, op sigself `n produk van die hel sou wees, en haar met veroordelende, wêreldse oë aan te kyk as `n reusagtige, ondeurdringbare enklawe van sondes."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205