Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Voorbereiding vir die opwekking

4 Daarop gaan Ek by Murel staan en sê: "My seun, dit was goed van jou! Jy het werklik al baie ver tot by die kern van die waarheid deurgedring en jy het hulle wat `n verkeerde beeld gehad het, die volle waarheid vertel. Daarom sal jy `n gedugte werktuig vir My teen die Judeërs en heidene word; en in die hemel sal jy geen geringe loon daarvoor kry nie!

[2] Maar laat ons nou oorgaan tot dit wat Ek vir julle wil doen om aan elkeen van julle duidelik te maak dat alleen Ek waarlik die Een is wat sou kom volgens die voorspellings van alle profete tot en met Simeon, Anna, Sagaria, en Johannes wat deur Herodus onthoof was! Kyk, hierdie nege sal almal volkome lewend word en na hulle huise en hulle familie gaan! Sodra hulle heeltemal versterk sal ontwaak, mag julle hulle egter nie ophou nie, maar julle moet hulle dadelik laat gaan. En eers wanneer Ek hierdie omgewing verlaat het, kan iemand van julle hulle uiteindelik vertel wat daar hier met hulle gebeur het!"

[3] Toe Ek dit gesê het, sê Ek vir Markus: "Wel, giet hulle nogmaals wyn in die mond!"

[4] Markus doen dit; maar Cyrenius en Cornelius vra My waarom daar by die verdrinkte mense, voordat hulle lewend gemaak word, wyn in die mond gegiet moes word.

[5] Ek sê: "Vir die lewend maak van hierdie nege is dit sekerlik nie nodig nie; maar omdat hulle dadelik daarna van hier af sal weggaan, moet hulle liggaamlik ook op krag kom en dit sal gebeur deur hulle eers wyn in die mond te giet. Dit word deur die smaak- en tongsenuwee opgeneem en so ook deurgegee aan die ander lewensenuwees. As hierdie nege dan lewend word, het hulle in die liggaam teruggekeerde siel reeds `n versterkte werktuig wat hulle dadelik vir alles kan gebruik. Sou hierdie voorafgaande versterking egter nagelaat word, dan sou die opnuut lewend gemaakte mense `n langer tyd hier moes bly om krag te kry vir die gebruik van hulle ledemate. Tewens sorg hierdie voorafgaande versterking by die betrokkenes vir `n goeie smaak in die mond, wat wel nodig is, omdat die geur van die troebel water na die opwekking vir hulle so onsmaaklik sou wees dat hulle nog `n lang tyd daarvan las sou kon hê. - Nou weet julle dit ook; het julle nou nog een of ander wens met betrekking tot hierdie aangeleentheid?"

[6] Cornelius sê: "Nee, nie juis nie, Heer, maar die gedagte het net by my opgekom waarom U as die Almagtige, wat deur Sy wil alles kan vermag, Hom so nou en dan tog van heel natuurlike middele gebruik maak om `n doel te bereik!"

[7] Ek sê: "En waarom nie?! Is die natuurlike middel dan ook nie `n gevolg van My wil nie, - soos wat die wyn byvoorbeeld uit die kelder van Markus is? Alleen deur My is sy leë sakke en ander vate tog baie wonderbaarlik met wyn gevul?! As Ek My dus van `n natuurlik middel laat bedien, is dit geen geringer wonder as wanneer Ek My van geen natuurlik middel, maar slegs van My wil laat bedien! - Verstaan julle dit nou?"

[8] Cornelius en Cyrenius sê: "Ja, nou verstaan ons dit ook. Ons verheug ons al in die lewendmaking van die nege verdrinkte mense! Gaan dit nou baie gou gebeur?"

[9] Ek sê: "Wees nog ietwat geduldig totdat hy nog vir die derde maal wyn in die mond gegiet het, waarna die opnuut lewend gemaaktes voldoende reserwekrag sal hê!"

[10] Daarmee is alle nuuskierigheid bevredig en Markus giet die nege op My bevel vir die derde maal wyn in die mond.

[11] Vervolgens sê Ek vir die talle omstanders: "Die werk is nou ook klaar! Laat ons hierdie plek nou verlaat en aan die tafels gaan sit waarop `n goed voorbereide oggendete reeds op ons wag! Want as ons hier sou bly, sou ons die opnuut ontwaaktes meer in die war bring en hulle sou dink dat daar iets buitengewoon met hulle aan die gang was. As hulle egter niemand in hulle omgewing sien nie, sal dit vir hulle voorkom asof hulle deur die storm van gister heeltemal verdoof en uitgeput op hierdie heuwel geslaap en nou gedurende die oggend van die volgende dag na die sabbat van gister weer uit die diepe slaap ontwaak het! Dan sal hulle, sonder dat ons bekommerd word, rustig opstaan en na hulle huise gaan, waar hulle natuurlik met buitengewone blydskap ontvang en versterk sal word."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205